Inwoners van informele nedersettings hou Woensdag in Kaapstad ʼn optog na die Wes-Kaapse Wetgewer om ʼn reaksie te eis oor grond- en behuisingskwessies.
Alles vir die sleutelwoord "ANC"
Nuuskommentaar: Gaan ons verkiesing vry en regverdig wees?
Die SAUK word gereeld daarvan beskuldig dat dit ‘n geval is van “His master’s Voice.”
Ontlasting-gooiers terug by ANC
Die voorbokke in verlede jaar se sogenaamde ontlasting-betogings in Kaapstad, is terug in die ANC verwelkom nadat hulle vroeër geskors is.
Nuuskommentaar: Afrikaner en ander minderhede in die verkiesing
Te midde van die Nkandla-skandaal en ander kwessies wat ‘n aanslag teen die ANC se onaantasbaarheid loods, het ‘n kwalik opgemerkte stukkie fynskrif algaande die status van vetdruk begin verwerf – die rol van die Afrikaner en ander minderhede in die komende verkiesing.
ANC wil DA aankla oor Zuma-SMS
Die ANC beplan om regsaksie teen die DA te neem na aanleiding van ʼn teksboodskap oor president Jacob Zuma.
“Geen gronde vir kriminele klagte teen Zuma nie”
Die ANC het Vrydag gesê daar is geen gronde vir kriminele klagte teen pres. Jacob Zuma nie en die klagtes wat by polisiestasies ingedien is, is leë dade wat uit desperaatheid gedoen word.
Só sê ANC oor Nkandla-verslag
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Donderdag namens die ANC reageer op die Openbare Beskermer se bevindinge in haar Nkandla-verslag.
Koerant volstaan by artikel ondanks reuse lastereis
Die Sunday Independent sê hy volstaan by sy artikel oor ʼn multimiljoenrandse-tender wat aanleiding gegee het tot ʼn moontlike lastereis van R1 miljard.
DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla
Die DA sê hy gaan met stappe begin om president Jacob Zuma te laat vervolg nadat die openbare beskermer vandag haar finale verslag oor Nkandla beskikbaar gestel het.
DA en Bekkersdal-gemeenskap lê klag teen ANC
Die Demokratiese Alliansie (DA) en die Bekkersdal-gemeenskap het Dinsdag kriminele aanklagte teen die ANC aanhangig gemaak.
Stappe teen gewapende ANC-lid
Die ANC se hy gaan dissiplinêr optree teen die gewapende staatsamptenaar wat met ANC-klere tydens die onluste in Bekkersdal afgeneem is.
Gewapende “ANC-lid” glo staatsbeampte
Die gewapende man met ANC-klere wat tydens onluste in Bekkersdal by afgeneem is, is ʼn staatsamptenaar, het die ANC in Gauteng Maandag gesê.
‘Bid vir die ANC,’ vra Mantashe
Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Sondag vir goddelike ingryping gevra tydens ʼn toespraak by ʼn kerk in die Vrystaat.
ANC ontken dat Zuma uitgejou is
Die ANC het Sondag ontken dat president Jacob Zuma in Port Elizabeth uitgejou is.
ANC-sakeman wil glo koerant vir R1 miljard dagvaar
Independent Newspapers wou nie Saterdagoggend kommentaar lewer oor berigte dat ʼn sakeman verbonde aan die ANC beplan om die Sunday Independent vir R1 miljard te dagvaar nie.
ANC soek antwoorde oor gewapende man in foto
Die ANC in Gauteng sê hy probeer tans die identiteit vasstel van ʼn gewapende man wat ANC-klere aan het op ʼn foto wat geneem is tydens die onluste in Bekkersdal.
SAPD swyg oor Bekkersdal-voorval
Die polisie wou Vrydag nie kommentaar lewer oor berigte dat die ANC se BBP-veiligheidswagte met lewendige ammunisie op Bekkersdal-inwoners losgebrand het nie.
Bekkersdal: ANC met klippe bestook; SAPD brand los op inwoners
ANC-verteenwoordigers moes Donderdag by Bekkersdal in Johannesburg deur hul lyfwagte beskerm word omdat hulle met klippe bestook is.
Zille daag Zuma vir openbare debat
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het president Jacob Zuma vir ʼn openbare debat uitgedaag.
“Normale mense stem ANC” sê Zuma
“Die ANC is ʼn party wat die mandaat gegee is om die land te bevry. Hierin het ons geslaag. Ons volgende uitdaging is ekonomiese bevryding. Die skade wat die onderdrukkers ʼn dekade terug aangebring het, is te groot om in 20 jaar te herstel.” – Zuma