As deel van Erfenisdagvieringe is ‘n Afrikaanse kultuurfees ook by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou.
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Poskantoor-staking: Hierdie sentrums is nie in werking nie
Die Poskantoor het Donderdag gesê ʼn staking deur tydelike werkers het steeds ʼn nadelige effek op posaflewering.
Zimbabwe: Die steel van plase bemagtig niemand en is sleg vir die ekonomie
In die wettelose wêreld van Zimbabwiese landbou in 2014 het jy net ʼn “aanbodbrief” – onderteken deur die minister van landbou, meganisasie en besproeiingsontwikkeling – nodig om iemand se huis, sy bestaansmiddel en sy oeste te steel. Só eenvoudig is dit, skryf Ben Freeth, menseregte-aktivis in Zimbabwe.
Hennie Smit ernstig siek in hospitaal
Die geliefde akteur Hennie Smit is ernstig siek en sy vriende en familie versoek sy ondersteuners om vir hom te bid.
Drie sterf ná trok e-tol-pilaar tref
Drie mense is Donderdagoggend dood en een is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn vragmotor ʼn pilaar van ʼn oorhoofse e-tolhek op die R21-snelweg in Kemptonpark getref het.
Verstandelik gestremde vrou verdedig haar teen verkragter
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn verstandelik gestremde vrou in Ficksburg in die Vrystaat seksueel wou aanrand.
Brandstofpryse – vooruitsig vir Oktober
Motoriste kan moontlik in Oktober ‘n geringe daling in die prys van petrol te wagte wees.
Nóg ʼn baba weggegooi
ʼn Pasgebore baba is Woensdagoggend in ʼn toilet by ʼn taxistaanplek oorkant die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, aangetref.
Derby-Lewis-kwessie na die VN geneem
Front Nasionaal gaan ʼn formele klagskrif oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van Clive Derby-Lewis se paroolaansoek by die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie indien.
Video: Só pak mens vir een aand!
As jy net een aand gaan oorslaap, is hierdie die eenvoudigste manier om baie lig te reis! Hierdie video is reeds meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.
Solidariteit Bankkosteverslag: Mededinging in basiese rekeninge styg; middelklasrekeninge stagneer
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het vandag sy vyfde bankkosteverslag, waarin die bankkoste van die vyf groot handelsbanke vergelyk word, vrygestel.
KZN-busongeluk: 4 dood, 27 beseer
Minstens vier mense is Dinsdagoggend dood en 27 beseer tydens ʼn busongeluk in KwaMashu, KwaZulu-Natal.
AfriForum Jeug: “Tuks-bestuur begrawe nóg ’n tradisie”
Die Universiteit van Pretoria (UP) se bestuur het besluit om die jaarlikse Pot & Pons-koshuistradisie, ’n instelling van TuksJool in samewerking met TuksRes, te kanselleer.
Video: Tekort aan dokters in SA
Suid-Afrika het drie keer meer dokters nodig as wat tans praktiseer.
Video: Vinnigste karre jaag van JHB na Kaapstad
Altesaam 51 van die wêreld se vinnigste en duurste sportmotors spring in Johannesburg weg en sal uiteindelik in Kaapstad eindig.
Man pleeg selfmoord op Skype
Die polisie in Rusland stel ondersoek in nadat ʼn man glo regstreeks op sosiale media selfmoord gepleeg het.
Misdaadstatistiek: 47 moorde elke dag; Suid-Afrika meer gewelddadig
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag ná die bekendmaking van die misdaadstatistiek vir 2013/14 gesê groter klem op gemeenskapspolisiëring en die bemagtiging van gemeenskappe is nodig.
Poskantoorstaking duur voort; doen só navraag
Die Poskantoor het Donderdag gewaarsku daar is steeds vertragings by sy possorteringsentra in Kaapstad, Pretoria en die groter Johannesburg-gebied weens onbeskermde stakings.
Vermeende bankrowers gefnuik
Sestien mense wat glo beplan het om ʼn bank in Klerksdorp in Noordwes te beroof, is Donderdag in hegtenis geneem.
Bhanas moontlik landuit; balju kom voor dooiemansdeur
Die vakbond Solidariteit sê hy het uit goeie bron verneem dat die Bhana-familie, wat midde die Aurora-debakel is en teen wie die hof ʼn eis van R15,5 miljoen ingestel het, moontlik landuit gevlug het.