AfriForum sê hy gaan die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se transformasie-plan, wat vandag deur die Sondagblad Rapport onthul is, internasionaal beveg.
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Seuntjie verdrink in KZN
ʼn Eenjarige seuntjie het in ʼn swembad in Hillcrest, KwaZulu-Natal verdrink.
Twee motorfietsryers sterf in ongeluk
Twee motorfietsryers is dood nadat hulle deur ‘n bakkie getref is by die Winklespruit-afrit op die N2-noord in KwaZulu-Natal.
Agt dood, 12 beseer toe hulle seekoei opkap
Agt mense is dood en 12 mense is beseer nadat ʼn bakkie Saterdagaand in hulle ingeploeg het op die Ou Constantiapad in Tzaneen, Limpopo terwyl hulle besig was om ʼn seekoei op te kap.
Foto’s: AfriForum stap vir plaasmoordslagoffers, oorhandig memorandumv
AfriForum, vriende, familie en lede van die gemeenskap het Saterdagoggend in Thabazimbi, Limpopo ‘n staptog gehou vir die vermoorde Britse burger, Christine Robinson (59), wat op 30 Julie vanjaar op haar plaas vermoor is.
Voetganger 100 m ver gesleep
ʼn Voetganger is dood nadat hy in Krugersdorp deur ʼn motor getref is en glo sowat 100 meter ver gesleep is.
Brande: “Verklaar Oos-Vrystaat tot rampgebied”
Die VF Plus eis dat die Oos-Vrystaat as ʼn rampgebied verklaar moet word nadat meer as 100 000 hektaar weiding deur veldbrande vernietig is.
Motorfietsryer kritiek beseer in ongeluk, beroof
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagmiddag met sy motorfiets teen ʼn motor gebots het in Krugersdorp aan die Wes-Rand.
“Onteieningswet ’n aanval op eiendomsreg”
Kommer heers oor die toekoms van eiendomsreg in Suid-Afrika nadat die kabinet die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onteiening goedgekeur het.
Joan Rivers oorlede
Die bekende komediant en televisiepersoonlikheid Joan Rivers is Donderdag in die ouderdom van 81 oorlede. ‘n Video van hoogtepunte uit haar lewe volg onderaan die berig.
AfriForum wen Tuks-studenteraadsverkiesing
AfriForum Jeug het Woensdag 50% van die verkose setels van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by die Universiteit van Pretoria (UP) se studenteraadsverkiesing opgeraap.
Paulpietersburg-plaasmoord: AfriForum lê klag
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag ʼn klag by die nasionale en KwaZulu-Natalse polisiekommissarisse aanhangig gemaak nadat die plaaslike polisie en Newcastle se honde-eenheid glo teen ‘n slakkepas reageer het nadat Nico en Mercia Lens op hul plaas doodgeskiet is.
Veldtog om hulpbehoewende wit huishoudings te help
Die niewinsgewende organisasie, Solidariteit Helpende Hand, het ’n veldtog van stapel gestuur om R2 miljoen vir arm wit huishoudings wat deur statistiek oorgesien word in te samel.
Solidariteit wil SAPD deur hof dwing om oor regstelplan te konsulteer
Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat hy die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) deur die arbeidshof wil dwing om met hom te konsulteer oor die SAPD se nuwe regstelplan.
Foto’s: Een sterf in trompop botsing met trok
‘n Man is Woensdag dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor mekaar naby Vereeniging in Gauteng reg van voor getref het.
22 plaasaanvalle in Augustus; gemeenskappe moet hulself beskerm
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn dringende beroep op alle Suid-Afrikaners in landelike gebiede gedoen om by veiligheidsstrukture betrokke te raak, na die vlaag plaasaanvalle wat in Augustus vanjaar plaasgevind het.
Twee ‘polisiemanne’ doodgeskiet
Twee mans, wat hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen het, is Woensdag in die vroeë oggendure tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die Valke in Midrand, Gauteng doodgeskiet.
Baba by ongelukstoneel gebore
‘n Babadogtertjie is Dinsdagaand by ‘n ongelukstoneel op die N2-suid naby die Dickenswegbrug in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal gebore.
Brand by Big Brother-huis in JHB
Die televisieprogram, Big Brother Hotshots, moet uitgestel word na ‘n verwoestende brand Dinsdag by dié huis in Johannesburg uitgebreek het.
Klank: Steve sê hou regs
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ʼn GPS met Steve Hofmeyr se stem bekend gestel.