Wat sou die leiers van die veelbesproke Afrikanerrebellie van 1914-15 op Facebook geskryf het as hierdie kommunikasiemiddel destyds reeds bestaan het? Maroela Media begin op 4 Augustus met ‘n Afrikanerrebellie-bladsy op Facebook!
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Man betrap toe hy glo 6-jarige verkrag
‘n 20-jarige man sal na verwagting vandag in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn nadat hy glo betrap is terwyl hy ‘n sesjarige meisie verkrag het.
Klank: Verdagtes in toerbedrog-saak in hof
Die vrou en sekretaresse van die sogenaamde treintoer-skurk Hendrik Wright, doen vandag aansoek om borgtog in die Pretoria-Noord-landdroshof.
Foto’s: Twee sterf in botsing langs Kaapstad-begraafplaas
Twee mense is Sondag dood en vier is beseer ná ʼn botsing tussen twee voertuie naby ʼn begraafplaas in Voortrekkerweg in Kaapstad.
Dundee-ongeluk eis 6
Ses mense, insluitend twee kinders, is Sondagaand in ʼn ongeluk op die N11 naby die Dundee-afrit in KwaZulu-Natal oorlede.
Video: Ruit gebreek om pop te red
Paramedici in New Jersey, Amerika, het ʼn motor se ruit gebreek om ʼn vermoedelik lewelose baba uit ʼn geslote, warm motor te probeer red.
Swembad in die sitkamer!
Twee tieners van Rusland het iemand se sitkamer in ʼn swembad verander om bietjie af te koel ná ʼn hittegolf Moskou getref het.
Motorfietsryer ernstig beseer op Long Tompas
ʼn Motorfietsryer, vermoedelik in sy 40’s, is Saterdagmiddag ernstig beseer in ʼn ongeluk op die R27 naby Long Tompas in die rigting van Sabie in Mpumalanga.
Tukkies-koshuise se voortbestaan gewaarborg
Daar sal geen verandering aan die Universiteit van Pretoria (UP) se koshuise gemaak word sonder dat daar met die koshuise en studente gekonsulteer word nie.
Video: Konsessierestaurante by wildtuin-ruskampe
Takke van bekende restaurante het ná ‘n tenderproses hulle deure in verskeie nasionale parke oopgemaak.
Video: “Ons gaan nie betrekkinge met Israel opskort”
Die Suid-Afrikaanse regering het geen planne om Israel se ambassadeur uit die land te skop, óf sy eie gesante aan Israel te onttrek nie.
Foto’s: Haai-aanval by Muizenberg
ʼn 20-jarige man is Vrydagmiddag beseer toe ʼn haai hom by Muizenberg in Kaapstad aangeval het.
Foto’s: Man vas oor daggakweekhuis
Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n 25-jarige man in hegtenis geneem nadat ‘n daggakweekhuis op ‘n plaas in Camperdown gevind is.
Man beseer toe kettingsaag op hom val
ʼn 27-jarige man van Newcastle in KwaZulu-Natal is Donderdag ernstig beseer toe ʼn kettingsaag op sy been geval het.
Vakansieslenter: Speurder vandag begrawe
Ao. Ben Strydom (47), ʼn speurder van die Sinoville-polisiestasie in Pretoria wat doodgeskiet is toe hy ʼn man in verband met ʼn vakansieslenter in hegtenis wou neem, word vandag begrawe.
Werknemersvertroue daal skerp in tweede kwartaal van 2014
Die komponent vir werknemersvertroue in die Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks (AMI) het in die tweede kwartaal vanjaar skerp tot 33,3 gedaal, nadat dit in die eerste kwartaal 45,2 was.
Man sterf in Tulbagh-ontploffing
ʼn Man is Dinsdag in ʼn ontploffing by ʼn fabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap oorlede.
Basson se argumente rondom Steve se Stem tas mis
Hierdie brief aan Beeld is deur ‘n briljante 17-jarige matriekseun van Komatipoort geskryf na aanleiding van “Die Stem”-debat. Beeld het nie die jong seun se brief geplaas nie. Hy het hom egter nie deur die koerant se subtiele sensuur laat stilmaak nie. Die seun het die brief toe op Facebook geplaas vir almal om te lees, skryf dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, na aanleiding van Frederik van Dyk se brief oor die herrie rakende die sing van Die Stem.
Daling in brandstofpryse volgende week verwag
Die prys van 95-oktaan petrol kan in Augustus met sowat 5c per liter daal, terwyl die groothandelprys van diesel met ongeveer 10c behoort te daal.
Jongmense kan nou ook hul stuiwer in die armbeurs kom gooi
Jongmense se stem word te min gehoor oor sake wat hulle raak. Indien jy nog op hoërskool is of jonger is as 25, is dit nou die tyd dat jy jóú stem dik maak. Die besluite wat ons vandag neem, is immers dit wat die omgewing skep waarbinne jongmense oor ‘n klompie jaar van nou af moet floreer.