Die agteruitgang van Suid-Afrika se munisipaliteite, veral in plattelandse gebiede, is nêrens meer sigbaar as in Noordwes nie, skryf Eugene Brink, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Man sterf in suikerriet-brand
ʼn Man het Woensdag verkool terwyl hy voorbrand gemaak het by ʼn suikerrietplantasie op ʼn plaas in KwaZulu-Natal.
Klank: Man loop SA plat tydens gelooftog
Jurie Pieters (48) is in Junie 2013 met breinkanker gediagnoseer nadat hy sy vrou en tweeling dogtertjies in ‘n motorongeluk verloor het. Hy het egter nie op die ashoop gaan sit nie.
Afrika se laaste ysbeer in JHB-dieretuin uitgesit
Afrika se laaste ysbeer is dood, het die Johannesburgse Dieretuin Woensdag aangekondig.
Vrou sterf ná sy by krans af ry
ʼn 49-jarige vrou is dood nadat haar motor nagenoeg 100 meter teen ʼn krans by Monteseel naby Hammarsdale in KwaZulu-Natal afgetuimel het.
Video: Vrou in Toerbedrog-saak bly in aanhouding
Renette Wright, wat pensioenarisse na bewering uit duisende rand geswendel het, is steeds in aanhouding omdat daar nog vrae is oor haar borgtogaansoek.
Polisie genader oor “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans”-pamflet
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus gaan ‘n klag by die polisie indien na aanleiding van die “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.”-pamflet wat verlede week op die kampus versprei is.
Man sterf in tref-en-trap
ʼn Man in sy 30’s is dood nadat hy Dinsdagoggend op die N12 in Benoni aan die Oos-Rand deur ʼn voertuig getref is.
Video: Kombers-rekordpoging
Verskeie inwoners van Polokwane (Pietersburg) in Limpopo het die afgelope ses maande hand bygesit om die wêreld se grootste kombers te hekel.
‘Staatsamptenare se donasies aan ANC moet ondersoek word’
Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan die staatsdienskommissie versoek om ondersoek in te stel na berigte dat die ANC senior staatsamptenare versoek het om geld aan die party te skenk.
Video: Plaaswerkers word bemagtig
Die Du Toitskloof-wynkelders is ‘n groep van Fairtrade-geakkrediteerde plase.
Die tirannie van verteenwoordigendheid: Herbedink van regstellende aksie
‘n Debat het die naweek ontstaan na aanleiding van ‘n toespraak deur dr. Dirk Hermann oor die herbedink van regstellende aksie. Jan de Lange het Sondag in Rapport geskryf dat hy ‘n probleem gehad het met wat dr. Hermann egter nié gesê het nie. Lees meer hier.
Solidariteit wil “DStv se sensuur” omseil
Die vakbond Solidariteit sê hy sal vandeesweek ’n veldtog van stapel stuur om ’n advertensie wat deur die digitale satelliettelevisiediens DStv gesensureer is aan die publiek vry te stel.
Foto’s van die supermaan
‘n Supermaan was Sondagaand oor groot dele van die wêreld sigbaar.
Bejaarde vrou op plaas beroof
Twee mans verskyn Maandag in die Ladysmith-landdroshof in KwaZulu-Natal nadat hulle glo Vrydagmiddag ʼn bejaarde vrou op ʼn plaas buite dié dorp beroof het.
Twee kritiek ná bromponies bots
Twee mense is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat twee bromponies Maandag in die vroeë oggendure in Benoni aan die Oos-Rand gebots het.
Vrou sterf, 14 beseer in KZN-botsing
ʼn Vrou is dood en 14 mense is beseer nadat ʼn minibustaxi Maandag in die vroeë oggendure teen ʼn vragmotor op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied gebots het.
Sewe sterf in N12-botsing
Sewe mense het onherkenbaar verkool na ‘n botsing reg van voor op die N12 tussen Christiana en Warrenton.
Man ernstig beseer na trekker omslaan
‘n 34-jarige man is ernstig beseer nadat die trekker waarop hy gery het, op ‘n plaaspad naby Botha’s Hill buite Hillcrest in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
‘Swart-gesig-foto’: UP sê hy sal regverdig optree
Die Universiteit van Pretoria (UP) sê hy sal die voorval rakende twee vrouestudente wat met swart gesmeerde gesigte afgeneem is, op ‘n “regverdige en onpartydige wyse” hanteer.