“Die werklikheid is dat jou minister van finansies, Nhlanhla Nene, vriende was met die Gupta-misdaadsindikaat, hulle gereeld besoek het, sensitiewe staatsake met hulle bespreek het en daarom een van die mense is wat staatskaping en korrupsie bewerkstellig het.”
Alles vir die sleutelwoord "Cyril Ramaphosa"
Ramaphosa: Uitroei van korrupsie, staatskaping is sleutel tot werkskepping
“Een van die grootste hindernisse vir belegging, groei en werkskepping is korrupsie binne alle sfere van die regering, ondernemings in staatsbesit en maatskappye.”
‘Minder praat, meer doen’, sê NVP oor werkberaad
Die NVP het ʼn beroep gedoen vir ʼn jeugwerkloosheidstoelaag vir gegradueerdes wat werk soek. “Dit is ʼn feit dat jongmense ʼn hele klomp agterstande ervaar wanneer dit by toegang tot werksgeleenthede kom.”
DA wil Ramaphosa dwing om twee ministers af te dank
Die DA-leier, Mmusi Maimane, gee pres. Cyril Ramaphosa twee weke om twee ministers af te dank, anders gaan die DA hof toe.
Nog partye kap Ramaphosa oor uitlating
“Die president is óf totaal waningelig óf hy is besig met ʼn blatante poging om die Verenigde Nasies (VN) én die wêreld onder ʼn vals indruk te bring, veral oor plaasmoorde.”
Plaasaanvalslagoffers na VSA ná ‘bedrieglike Ramaphosa-uitlating’
“Daar is geen manier om doekies om te draai of te versag wat die president gesê het nie. Dit is blatant vals.”
Graderingsmaatskappy nie optimisties oor stimuluspakket nie
Die graderingsagentskap het bygevoeg dat baie van die maatreëls reeds van bestaande voorstelle bevat en ander sal ʼn ruk lank duur voordat dit gefinaliseer word en ʼn impak het.
Podlitiek: Dagga, verkiesingvoorspellings en ’n stimuluspakket
Net omdat dagga nou wettig is, beteken dit nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hulle besef goed, waar daar ʼn rokie is, is daar gewoonlik ʼn vuurtjie.
Ramaphosa se debuuttoespraak by VN oor armoede, ongelykheid
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag tydens die Verenigde Nasies (VN) se algemene vergadering gesê Suid-Afrika het met ʼn “omvattende dialoog oor grondhervorming” begin om die ongeregtighede en wanbalanse van die land se verlede reg te stel.
Ramaphosa praat in VSA oor planne vir SA ekonomie
“Die ANC kry weer vatplek en ek is vol vertroue dat die party die volgende verkiesing – wat volgende jaar, voor Mei 2019, gehou gaan word – redelik maklik gaan wen.”
Trump ‘waningelig’ oor SA – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het teruggekap na Amerikaanse president Donald Trump, nadat dié vroeër sy minister van buitelandse sake gevra het om ondersoek in te stel na die kwessie van plaasmoorde, grondbesettings en -onteiening in Suid-Afrika.
Oorsaak van Edna Molewa se dood bekend
Haar broer het gesê alhoewel Molewa talle uitstekende eienskappe gehad het, die grootste en mooiste daarvan haar onwrikbare geloof was.
‘Ramaphosa se stimuluspakket kan ekonomie uit ashoop help’
Een van die kwelpunte wat uitgewys is, is dat die program kan werk, maar dat die implementering daarvan moontlik uitdagings kan stel.
Hier is Ramaphosa se adviespaneel oor grondhervorming
Dan Kriek, president van AgriSA, en Nick Serfontein, gesiene boer, dien op dié paneel van tien.
Reaksie op stimuluspakket: ‘Dis net lippediens’
“Solank die ANC-regering voortgaan om met skadelike beleid soos onteiening sonder vergoeding beleggers af te skrik, sal geen ekonomiese plan groei bewerkstellig nie, al klink dit hoe goed op papier.”
Ramaphosa wil op platteland, townships fokus met stimuluspakket
Hy verwag dat “miljoene” toeriste na Suid-Afrika sal stroom as dit makliker gemaak word om die land te besoek. Ook sal dit geriefliker vir buitelandse sakelui wees om hier te kom sake doen en in die land te belê.
SA presidentsvrou op pad na VSA
Dr. Tshepo Motsepe, vrou van pres. Cyril Ramaphosa, het Dinsdag op ʼn amptelike besoek na die VSA vertrek.
Ramaphosa kap na dié wat glo teen hom wil saamsweer
“As daar ʼn sameswering moet wees, moet dit een wees om armoede te verlig,” het Ramaphosa gesê.
Nuuskommentaar: Demokrasie – Is Ramaphosa die regte hekwagter?
Groot verwagtinge word nog in sekere kringe gekoester dat pres. Cyril Ramaphosa die demokrasie in Suid-Afrika weer positief gerig sal kry, maar die uitdagings kom soos golwe aangerol. Intussen gaan die land die kreeftegang op die internasionale demokrasie-indeks.
Die korrupsieduiwel
Hierdie week was dit weer so – die korrupsieduiwel woel behoorlik onder ons land en ons mense, sodat mens later nie meer weet hoeveel eerlikes daar in ons openbare lewe oor is nie.