‘n Interministeriële span wat De Doorns besoek het, het gesukkel om plaaswerkers te oortuig dat daar aan hulle griewe gehoor gegee word.
Alles vir die sleutelwoord "De Doorns"
Video: “Ons belê in ons werkers”
Die landboubedryf in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas en wrywing tussen boere, vakbonde en politieke partye neem toe. Maar in De Doorns is daar minstens een boerdery wat hom min steur aan hernieude arbeidsgeskille en politiekery.
Nuuskommentaar: Die boere, die kitskonstabel en die rooi kneg
Herman Toerien bespreek die invloed van die “Rooi Kneg” in die Boland en Riah Phiyega se twyfelagtige getuienis voor die Menseregtekommissie.
Video: Grondeienaarskap in die Wes-Kaap sal hersien word
Die ANC in die Wes-Kaap het beloof om die eienaarskap van alle plase in die provinsie te hersien, indien die party in beheer is van dié provinsie na die verkiesing op 7 Mei.
De Doorns: VF+ beskuldig Fransman van opswepery
Corné Mulder, die VF Plus se hoofsweep, het Dinsdag gesê Marius Fransman is weer besig om geweldsvure in De Doorns in die Wes-Kaap te stook en die ANC sal moet pa staan as dit tot geweld lei.
Nege sterf in De Doorns-ongeluk
Nege mense is dood en vier is ernstig beseer nadat ʼn vragmotor en ʼn minibustaxi mekaar op die N1-snelweg tussen De Doorns en Worcester getref het.
Hoë wanvoeding in De Doorns
De Doorns in die Wes-Kaap het een van die hoogste koerse van wanvoeding in die land, het die departement van maatskaplike ontwikkeling Saterdag gesê.
Planne vir Wes-Kaapse plase
Gerrit van Rensburg, LUR vir landbou in die Wes-Kaap, het ʼn plan van stapel gestuur om ʼn aantal kwessies in die landboubedryf aan te spreek.
Foto’s: De Doorns-busongeluk: Dodetal styg
‘n Reuse ondersoek is van stapel gestuur na ‘n busongeluk Vrydag 24 mense se lewens geëis het.
15 sterf in busongeluk
Vyftien mense is dood en talle beseer nadat ʼn bus Vrydag in die Hexrivierpas by ʼn steilte af gerol het.
Nuuskommentaar: Babelas na die wingerdgriep
Die “plaaswerkerstaking” agter die wyngordyn is (voorlopig) min of meer iets van die verlede, maar die land sit met ‘n yslike babelas waarvan die koste nooit ten volle bereken sal kan word nie.
Video: De Doorns-boer en werkers se dilemma
Gerhard de Kock, ’n Wes-Kaapse boer wat met sy werkers ooreengekom het oor ‘n loonverhoging, sê vakbonde keer nou sy werkers om terug te keer plaas toe.
De Doorns-onluste: Naam van oorledene bekend
ʼn Man wat Maandag vermoedelik deur ʼn rubberkoeël tydens die betogings in De Doorns doodgeskiet is, se naam is bekend gemaak.
Wes-Kaap-onluste: Boere moet onderhandel, sê minister
Mildred Oliphant, minister van landbou, het Vrydag gesê boere moet na die onderhandelingstafel kom om te help om die gewelddadige onbeskermde plaasarbeiderstaking in die Wes-Kaap tot ʼn einde te bring.
Nuuskommentaar: Gaan Wes-Kaapse wingerdgriep Suid-Afrika longontsteking besorg?
Die ou gesegde lui: “As Amerika nies, kry die res van die wêreld verkoue.” Dit is goed gedemonstreer toe Wall Street in duie gestort het en die probleme soos kantelende domino’s deur die wêreld getuimel het.
Wes-Kaap-betogings raak gewelddadig
Die polisie moes Woensdagmiddag met rubberkoeëls op vermeende stakende plaasarbeiders losbrand nadat hul betoging vir beter lone in De Doorns gewelddadig geraak het.
Nuuskommentaar: Wingerdstaking
Die beplande staking in die Boland word vandag voortgesit nadat onderhandelinge tussen verskeie rolspelers om dit af te weer, gisteraand laat op ‘n dooiepunt uitgeloop het.
Departement vra steun vir stakende plaasarbeiders
Stakende plaasarbeiders in die Wes-Kaap gaan kos en ander steun ontvang op versoek van Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye.
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
Gerugte doen die rondte dat buitestaanders gebruik is om by betogings op plase en in dorpe in die Wes-Kaap betrokke te raak.
De Doorns: “Marikana het na die plase gekom”
Plaasarbeiders by De Doorns het Maandagmiddag glo ‘n vreedsame optog gehou.