“Soms voel dit dat om ʼn plaasmoord te oorleef, is erger as om vermoor te word, want jy moet elke dag daarmee saamleef.”
Alles vir die sleutelwoord "niefiksie"
Mandy Wiener gesels oor Mafiabase, georganiseerde misdaad en misdaadintelligensie
“Indien ons die donker misdaadprentjie in Suid-Afrika wil omswaai, moet daar dringend na die plaaslike misdaadintelligensiestrukture in die land gekyk word.”
ʼn Omvattende boek oor oorlogvoering in Afrika bekendgestel
Oudkollegas van De Vries sê die boek span die kroon op sy loopbaan as militêre denker in die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis.
SA se transitorooftog-epidemie ‘ontbloot’
“Sowat 70 misdadigers wat by transitorooftogte betrokke is, is vir die navorsing ondervra.”
[Boek] Terreur in Kaboel
Geroepe om te gaan werk in Afganistan trek die Groenewalds uit Pretoria Kaboel toe. Elf jaar later word Werner, Jean-Pierre en Rodé in ‘n wrede terreuraanval vermoor. Hannelie bly alleen agter.
Afrikaanse boekemark groei sterk
Uit die 525 000 volwasse fiksieboeke wat verlede jaar hier verkoop is, was 450 000 Afrikaans. Engelse boeke het ‘n skrale 3% van die totaal uitgemaak. Kortom: Afrikaans is ‘n onmisbare bate vir die land.
Boek: Die inspirerende inkleurboek vir grootmense
Dié prettige boek vol teksverse en pragtige patrone sorg vir ‘n unieke inkleurervaring – dit sal jou na ‘n ander wêreld meevoer en jou kreatiwiteit na vore bring. Word stil, kry rus vir jou siel en kom nader aan God.
Boek: Geheime revolusie: Memoires van ‘n spioenbaas (Niël Barnard)
’n Moet vir enigeen wat wonder oor wat alles in die 1980’s agter die politieke skerms gebeur het.
Boek: Wat sê die prokureur?
Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste ’n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied.
Boek: Wie is ek?
Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.
Boek: Goedheid en Guns
Die radio- en televisiepersoonlikheid en motiveringspreker Jenna-Leigh February vertel eerlik en openhartig haar lewensverhaal van swaarkry en seer en hoe sy dit in sukses omskep het.
Boek: In die ligkring van sy teenwoordigheid
Spontane gesprek met God ontspring dikwels uit benoudheid of krisis. Waarom beweeg ons op hierdie manier nader aan God slegs wanneer ons Hom nodig het? Hoekom deel ons nie ook ons vreugdes en jubeling so spontaan met ons Hemelvader nie?
Boek: Van sprokie tot tragedie in die kollig
In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor die gerespekteerde joernalis Ilse Salzwedel bekend is, vra sy: watter lesse hou ’n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?
Boek: Die Afrikanerrebellie, 1914-1915
Dié boek – uit die pen van 12 vooraanstaande historici – ondersoek die prominente persone en gebeure en die nadraai van die Rebellie.
Boek: Padlangs deur die lewe
Jimi le Roux se daaglikse oordenkings, Padlangs, bestaan al meer as 11 jaar en word aan meer as 7 000 intekenare uitgestuur. Padlangs deur die lewe is ’n uitvloeisel van dié oordenkings.
Boek: Wenplan vir jou kind se lewe
Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun.
Boek: Ons gaan ʼn taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare
‘Ons gaan ʼn taal maak’: Afrikaans sedert die Patriot-jare is dié boek oor Afrikaans wat op die rak moet wees van elkeen wat lief is vir Afrikaans, of in die taal se ontwikkeling belangstel.
Boek: Geloof anderkant Sondag
‘n Groeiende groep gelowiges voel vandag ontnugter en teleurgesteld deur die kerk. Hulle noem hulself steeds Christene, maar kan nie meer met die georganiseerde godsdiens en ‘n strenge kerklikheid identifiseer nie. In “Geloof anderkant Sondag” antwoord die teoloog Julian Müller op hul noodkreet. Hy probeer ‘n nuwe geloofstaal te ontwikkel wat ‘n geloofwaardige teologie vir vandag kan wees.
Boek: Die helder dae
Danie Botha versamel hier sy kortverhale, rubrieke, artikels en gedigte waarin hy sulke dae in sy lewe so helder moontlik probeer oproep. Die helderheid ontstaan onder meer met die gebruik van erns, sensitiwiteit én humor.
Boek: Louis Tregardt se dagboek 1836 – 1838
Tregardt skryf onbeskroomd en pittig oor sy geselskap se swakhede en durf, hul gewoontes, persoonlikhede en streke. Sommige, soos die kwaai weduwee Scheepers, en Tregardt se geliefde Martha, vergeet mens nooit. Die dagboek bevat ook van die oudste en aangrypendste liefdesliteratuur in Afrikaans.