‘Planetarium’ is die derde titel in die gewilde ‘Welkom by die museum’-reeks en volg op ‘Botanicum’ en ‘Dinosourium’. Dit is geskik vir kinders van nege tot 14 jaar.
Alles vir die sleutelwoord "niefiksie"
Elma Smit: ‘Daar ís ʼn plek vir jou pittige pampoenprofiel’
“Moenie jou geestesgesondheid ter wille van werk inboet nie,” sê Elma Smit, bekende sportaanbieder, radio-omroeper en skrywer van ‘Word ʼn influencer’.
Esté Geldenhuys lees voor uit ‘Laat u Naam geheilig word’
Esté Geldenhuys verruil die klankateljee vir God se natuurlike ateljee. Luister saam hoe die voëls kwetter terwyl sy in haar tuin sit en voorlees uit ‘Laat u Naam geheilig word’. Haar fokus is op die naam El, wat “die Almagtige” of “sterk een” beteken.
Jy kán jouself gelukkig dink, meen kenner
Dr. Pieter van Jaarsveld, skrywer van ‘Dink jouself gelukkig’ en ‘ʼn Gelukkige kind’, deel praktiese wenke oor die handhawing van geluk, positiewe denke en die hantering van uitdagings. Luister hier na die volledige onderhoud.
Boek: Die eindelose avontuur – ’n Venster op die wêreldletterkunde
Audrey Blignaut se versameling essays in ‘Die eindelose avontuur’, wat in 1993 deur Tafelberg Uitgewers uitgegee is, is ’n gids vir persone wat graag wyd én onderskeidend wil lees. In dié bundel stel Blignaut lesers voor aan boeke van uitsonderlike gehalte uit verskeie lande en tye.
Boek: ’Moet ons waai?’ – Om te emigreer of nie
In ‘Moet ons waai?’, saamgestel deur Alet Law, takel 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Jan-Jan Joubert, Dana Snyman en Jonathan Jansen, die emigrasiedebat.
‘Gidion, Mighty Warrior of God’ – ma se weergawe van kind se stryd
“In werklikheid leef ons in ‘n gebroke wêreld wat nie sin maak nie. Waar slegte dinge met goeie mense gebeur. Maar tog volhard ons, want geloof is al wat ons het.”
Boekresensie: Sonder dié boek is taalpraktisyns armer
Pas het nóg ’n boek verskyn wat elke taalpraktisyn in hul arsenaal móét hê: “Gewone Taal: ’n Oorsig” deur prof. Eleanor Cornelius. George de Bruin verduidelik waarom taalpraktisyns ‘n plek op hulle boekrak vir dié boek moet maak.
Boek: 50 vrae oor die menslike liggaam
Kort vrae en antwoorde in dié boek maak dit maklik en vinnig vir kinders tussen se en nege jaar om feite oor die menslike liggaam te leer.
Boek-uittreksel: ‘Die Bybel in fokus’ – God praat met Christene
“Om God te ken, gaan oor meer as net kennis óór God. Dit is kennis wat vanuit ’n verhouding groei.”
Boek: ‘Op pad deur Betlehem’ – Engela Linde
Op pad deur Betlehem’ deur Engela Linde bied 66 stiltetyd-oordenkings van Genesis tot Openbaring.
Boek-uittreksel: ‘Niks romanties aan emigrasie’, Stephan Joubert
“Die mense in Europa en ander Eerstewêreldlande is regtig nie net Afrikaanse mense in ʼn vermomming wat toevallig Duits, Nederlands of verskillende vorme van Engels praat nie.”
Boek: ‘Amper Frans’ – ʼn Lewe van fanfare en faux pas
In ‘Amper Frans’ neem die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren leunstoelreisigers op ʼn avontuur na die Franse platteland waar hy en sy lewensmaat ʼn kasteel in ʼn boetiekhotel omskep het.
‘Hoop, heling & harmonie’: Skrywer ondersoek die taal van siekte
Praat jy van ʼn siektestryd, ʼn geveg om oorlewing of ʼn oorwinningsreis? Die gebruik van metafore is ʼn algemene taalverskynsel wat pasiënte help om hul siekte beter te verstaan. Luister hier na ʼn onderhoud met Malcolm de Roubaix, skrywer van ‘Hoop, heling & harmonie’.
Boek: ‘’n Pampoen vir Kersfees’ – oor reise, stede en buitelandse ervarings
‘’n Pampoen vir Kersfees’ is ’n versameling van die rubrieke wat Hennie van Coller die afgelope 20 jaar vir ‘Volksblad’ skryf.
Boek: Elma Smit se selfhelpgids vir meningsvormers
In ‘Word ’n Influencer’ deel meningsvormers soos Katinka die Kat en Rachel Kolisi hul geheime, wenke en truuks oor hoe om ’n meningsvormer te word.
Boek: ‘Voetspore’-reisgids vir avonturiers nou beskikbaar
Johan Badenhorst en sy span is welbekend vir hul reisprogram ‘Voetspore’ wat sedert 2000 uitgesaai word. Avonturiers kan nou saamreis deur hul eie reisgids aan te koop.
Van tronksel na preekstoel: Ivor Swartz se pad saam met God
“Moenie jammer voel vir my terwyl jy die bladsye lees nie. Sê eerder vir God dankie vir sy genade oor my,” skryf debuutskrywer Ivor Swartz in ‘Die verlore seun vannie Gaatjie’.
‘Terreur in Kaboel’, skrywer deel reis ses jaar later
Hannelie Groenewald het ses jaar gelede haar gesin in ʼn terreuraanval in Kaboel verloor. Luister hier na ʼn gesprek oor haar helingsproses, verhouding met God en raad wat sy met Christene deel.
Boek-uittreksel: Navorsing werp lig op figure in Middeleeuse filosofie
In ‘Middeleeuse Filosofie’ word figure soos Augustinus, Boethius, Abelardus, Aquinas en Ockham onder die loep geneem. Lees meer oor prof. Johann Beukes se jongste navorsing.