“Die verdagte is ook ʼn voormalige leerder aan die skool.”
Alles vir die sleutelwoord "Noordwes"
31 vas ná onluste in Koster
Altesaam 31 verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof op Koster weens die onlangse onluste in dié plaasdorpie in Noordwes.
Skokwending ná dubbele tragedie by hoërskool
“Die koshuismoeder het na hulle gaan soek en een meisie naby haar kamer aan die trapreling sien hang. Die polisie is ontbied en die ander meisie se liggaam is in die badkamer aangetref.”
Dubbele tragedie tref hoërskool
“Die koshuismoeder het na die tienermeisies gesoek, want hulle was veronderstel om vandag netbal te speel.”
Koster: Nóg ʼn huis aan die brand gesteek
ʼn Raadslid se huis is aan die brand gesteek en 14 mense is in hegtenis geneem toe gewelddadige betogings Donderdag in Koster in Noordwes voortgewoed het.
Valke slaan toe op NW-landboudepartement
Die Valke het Donderdag op die kantoor van die departement van landbou en landelike ontwikkeling in Mahikeng in Noordwes toegeslaan.
Situasie in Koster steeds plofbaar
Ná ʼn nag van gewelddadige betogings in Koster in Noordwes, is die situasie vanoggend steeds uiters gespanne.
NW-premier se vroeë aftrede verwelkom
“Die nalatenskap van Mahumapelo as premier is gewelddadige betogings, wanbestuur, politieke binnegevegte, onstabiliteit, onreëlmatighede, bande met die omstrede Guptas en talle bewerings van korrupsie.”
Burgemeester se huise, karre in betoging verwoes
Betogers het ook verskeie items huisware uit die burgemeester se huis en gastehuis op dié Noordwes-plaasdorp gesteel.
Nog ses vas ná groot bankroof
Twee van die verdagtes is glo werknemers van die bank.
Marikana-moord: Onvoldoende bewyse teen 6 beskuldigdes
Daar is geen bewyse wat Napoleon Webster, raadslid vir Forum 4 Service Delivery (F4SD), en vyf ander mans verbind met die moord op ʼn man in Marikana naby Rustenburg nie, het die Noordwes-hooggeregshof Maandag gehoor.
Sanco vra ondersoek ná tender wat glo ANC-hoë bevoordeel
Paul Sebegoe, Noordwes-voorsitter van Sanco, het in ʼn verklaring gesê die ondersoek wat glo deur die Noordwes-ontwikkelingskorporasie se raad uitgevoer is, kan nie objektief en geloofwaardig wees nie.
Video: Polisie jaag grondbesetters uiteen
Die openbare orde- polisie moes Donderdag ʼn groep oproeriges wat glo begin het om grond onwettig by die Rietvlei-kleinhoewes buite Rustenburg te beset, uiteen dryf.
Vermeende renosterstropers in hof
Die verdagtes is op 13 Mei vasgetrek tydens ʼn misdaadintelligensiegedrewe operasie toe beamptes van verskillende eenhede inligting opgevolg het oor vermeende renosterstroping wat op ʼn wildsplaas naby Mokopong sou plaasvind.
Twee hoërskoolseuns sterf tragies
“Hul stemme vol lag word nou in die hele skepping gehoor.”
Twee vas wat glo bank van R3 miljoen beroof
Twee mans wat na bewering ʼn bank in Klerksdorp in Noordwes beroof het deur hulle as SBV-veiligheidswagte, kompleet met valse identiteitsbewyse, voor te doen, het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
2 vas toe verdagte terugkeer na misdaadtoneel
Een van die verdagtes, onbewus van die feit dat die polisie nog op die misdaadtoneel besig was, het later teruggekeer na die toneel.
7 vas oor ploftoestelle
Die ploftoestelle was vermoedelik bedoel om kitsbanke mee oop te blaas.
Ramaphosa plaas Noordwes onder administrasie
Pres. Cyril Ramaphosa het die provinsiale regering in Noordwes onder administrasie geplaas.
Man, vrou in hospitaal ná mikrovliegtuig neerstort
“Die linkerkant se agterwiel het ʼn trein-kraglyn getref wat veroorsaak het dat die mikrovliegtuig begin tol en toe neergestort het.”