Min lande ter wêreld bestee ʼn groter persentasie van hul jaarlikse begroting aan onderwys as Suid-Afrika. In 2015 is ongeveer 20% van die land se begroting aan onderwys toegewys.
Alles vir die sleutelwoord "onderwys"
Hofsake oor skoolonderwys
Eintlik is hierdie hofsake nie noodwendig slegte nuus vir ons land nie. Daar is ook ʼn stukkie goeie nuus en daardie nuus is dat ons Grondwet sterk en lewenskragtig is om mense en instellings se regte en regmatige belange te bevorder en beskerm. Dis ʼn teken dat ons Grondwet werk.
Toer 21 is eersdaags op jou voorstoep
Toer 21 sal gedurende 2016 21 dorpe en stede landwyd besoek om onderwysers eerstehands in te lig en op te lei.
Harde werk kan lees- en wiskunde agterstand laat kwyn
Om nie tyd te mors nie, sal dit dus goed wees om te begin met ʼn evaluasie om die oorsaak van sy agterstand te bepaal — het hy bloot ʼn kennisagterstand of dalk ʼn vaardigheidsprobleem?
SA onderwys se wind waai wes
As daar lig op die pad van Suid-Afrikaanse onderwys is, is dit ʼn baie flou kersie wat teen die politieke winde en ideologieë probeer staande bly.
Matriekvraestel lek uit: Hof sê oor uitslae
Leerlinge van ʼn skool in Limpopo wat betrek is by die uitlek van ʼn matriekeksamenvraestel het die hooggeregshof genader om hul uitslae te kry.
Vandalisme kos Wes-Kaap fortuin
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het in Desember en Januarie veiligheidsmaatreëls by skole opgeskerp om “vandalisme en inbrake” te probeer hokslaan.
Onderwysdepartement waarsku oor beurs-slenter
Die departement van basiese onderwys het gewaarsku teen ’n slenter waarvolgens beurse aangebied word vir matrikulante wat hulle as onderwysers wil bekwaam.
Luister: Indrukke van 2015 se matriekuitslae
Hugo Vermeulen, hoof van Helpende Hand se skoleondersteuningsentrum (SOS) het met Esté Meyer Jansen gesels oor sy indrukke van die 2015-matriekuitslae wat verlede week bekendgemaak is.
Onderwys: Fokus op standaarde
Die fokus moet op die akademiese verantwoordbaarheid en relevansie wees. Die beleggings in onderwys – in geld en energie – moet duidelik fokus op onderwys en, hoewel dit nie los staan van die breër politieke omgewing nie, die heropbou en vernuwing van onderwys eerste stel.
Nuusleser in sop oor hy onderwysminister ‘spot’
ʼn Senior nuusleser van eNCA is in die sop nadat hy glo ʼn bespotting gemaak het van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se uitspraak.
Sewe instansies wil Christelike onderwys bevorder
Ongeveer sewe instansies wat direk of indirek betrokke is by onderwys en opleiding het hulle vandeesweek oor die noodsaak vir ‘n Christelike benadering uitgespreek.
My Oupa se bomskuiling
Daarom bly dit ʼn voorreg om betrokke te wees by Afrikaanse onderwys en opleiding, omdat Oupa se geskiedenis vir my die bewys is dat dit nie net ʼn voorreg is nie, maar soos NP van Wyk Louw gesê het, steeds ʼn broodsaak is.
Geheime tienpuntplan om universiteite te verwoes
“Kaders en kamerade,” sê die voorsitter amptelik voordat hy vervolg: “Ek het skokkende nuus.” Die kaders en kamerade spits hul ore en skuif tot op die punt van hul sagte stoele.
Luister: Carin Krahtz se jeugboek vang iets van die leefwêreld van ʼn 14-jarige vas
Die skrywer Carin Krahtz is self ʼn onderwyser van Centurion, daarom weet sy uit persoonlike ervaring wat die invloed van ʼn sorgsame onderwyser op ’n kind se prestasie in ʼn spesifieke vak kan wees.
[Video] ‘Wat beurs vir my beteken’
Aansoeke vir eNuus en Akademia se studiebeurse vir 2016 sluit Vrydag. Een van die vorige beurswenners het aan eNuus verduidelik wat die beurs wat vir haar beteken.
Benodig: Dapper studente en beleggers
Die huidige (Oktober 2015) mode is #…MustFall. #RhodesMustFall, #TotiusMustFall en #FeesMustFall. MustFall is die gonswoord van die huidige onrus by universiteite en ʼn uitdrukking van die afbrekendheid van massas wat baie wil hê, maar die telbord wys niks van opbou nie.
Atterbury ken 65 nuwe beurse toe
Atterbury Trust se beursspan het pas al die onderhoude vir 2016 se beurse afgehandel. Ons hoor by Zahn Hulme hoe dit verloop het.
Wonder jy ook?
Ek kyk die afgelope paar dae met verbasing, skok en geweldige afkeur na wat op ons mooie kampusse regoor die land gebeur.
Luister: Kommunikeer beter met jou kind
Volgens Heidi Malan, ʼn ouerleidingspesialis van Doeltreffende Ouer en Opvoedkundige Leiding (DOL), is die vaardigheid om ʼn suksesvolle ouer te wees nie ʼn natuurlike vermoë waarmee ʼn mens gebore word nie, maar een wat jy kan aanleer.