Dié moorde verlede jaar buite Balfour in Mpumalanga het die land geruk.
Alles vir die sleutelwoord "plaasaanvalle"
Gesin ‘verlig’ oor inhegtenisnemings ná plaasmoord
“Niks in die lewe kan ons seun aan ons teruggee nie, almal rou nog met verlange. Sy plekkie by ons is leeg.”
Nuuskommentaar: ‘Al drie my kinders het gevlug’
Drie pa’s is die afgelope naweek binne 24 uur dood in aanvalle op drie verskillende boerderye. In minstens een geval het die gebruiklike marteling nie uitgebly nie. Is dit dan verkeerd of lafhartig om anderkant die groot water ’n veiliger omgewing te gaan opsoek?
Vyf vasgetrek ná Komatipoort-plaasmoord
Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 25-jarige Deon de Bruyn wat ʼn week gelede op ʼn plaas naby Komatipoort in Mpumalanga doodgeskiet is.
Boer verloor lewe in nóg ʼn plaasaanval
ʼn Boer van Rustenburg in Noordwes het dié naweek sy lewe in nóg ʼn plaasaanval verloor – die derde sterfte in ʼn plaasaanval binne net 24 uur.
Plaasaanval: Dogter ontsnap ná pa voor haar vermoor word
“Ek wou eers nie stop nie, maar het teruggedraai om hulp aan te bied. Die vrou was in ʼn histeriese toestand. Sy het gesê die verdagtes het by die deur ingestorm en haar pa koelbloedig vermoor. Hulle het haar vasgebind, maar sy kon ontsnap. Sy wou haar sussie, wat op pad plaas toe was, bel om haar te waarsku omdat die verdagtes gevra het wanneer sy tuis sou wees.”
Geliefde Stellenbosse aarbeiboer vermoor
“Nóg ʼn boer in Suid-Afrika vermoor. Dié keer was dit my oom. Jy sal nooit vergeet word nie. Rus in vrede.”
Sannieshof-plaasaanval: Verdagte skuldig op alle aanklagte
Nóg een van die ses verdagtes wat verlede jaar in hegtenis geneem is in verband met ʼn plaasmoord naby Sannieshof in Noordwes waartydens ʼn 59-jarige man doodgeskiet is en sy vrou erg gewond is, is Vrydagoggend skuldig bevind aan moord.
Verloofde praat ná kleinhoewe-aanval
Die pa van Pretoria wat Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing geskiet is, is steeds verlam in sy onderlyf ná die aanval.
Vier vas ná aanval op avoplaas
Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval vandeesweek op ʼn avokadoplaas in Limpopo waartydens ʼn man geskiet en later in die hospitaal dood is.
Komatipoort-plaasmoord: ‘Hy was ʼn boer in murg en been’
“Hy was die mees lojale en opregte persoon,” het Susan de Bruyn, Deon se ma, aan Maroela Media gesê.
Man veg om lewe ná aanval op kleinhoewe
“Doreen het vertel sy kon uit die kamer Jonty se stem hoor wat sê: ‘Vat net wat julle wil, asseblief. Moet ons net nie seermaak nie.’ En toe klap die skote.”
Boer steeds kritiek ná aanval
“Hulle het hom voos geskiet en vreeslik, vreeslik seergemaak.”
85-jarige erg getraumatiseerd ná aanval op plaas
Toe ʼn plaasaanvaller op ʼn doodgewone weeksoggend ʼn vuurwapen in die 85-jarige Lena van As se gesig druk en vir haar sê, “Today is your last day”, was dit byna ʼn seën dat sy doof is en nie dié angswekkende woorde kon hoor nie.
Ses jeugdiges vas ná plaasaanval, inbrake
ʼn Egpaar het in hul huis op die plaas geslaap toe hulle omstreeks 00:40 wakker geskrik het van ʼn harde klapgeluid. Hulle het twee koeëlgate in hul slaapkamervenster gesien, asook ʼn koeël, vermoedelik van ʼn .22-patroon, op die bed.
Man (81) dood in plaashuis aangetref
Die bejaarde man se vrou het Sondagoggend op sy liggaam afgekom.
Plaasaanval: Jong man dood, vrou kritiek ná aanvallers toeslaan
Die plaasaanval het helder oordag in Mpumalanga plaasgevind. Drie gewapende aanvallers met klapmusse aan het die vrou verskeie kere geskiet en sy is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.
Modimolle-plaasaanval: Vrou kritiek
Die aanvallers het geld geëis en in die proses vir Lesley deur die ruit van die bakkie geskiet.
Vrou tydens plaasaanval geskiet
Lede van Heritage Protection Group, die polisie en die plaaslike buurtwag is tans op die spoor van die aanvallers.
Aanvallers slaan toe terwyl vriende kuier
ʼn Groep van vyf gewapende mans het Woensdagaand inwoners van ʼn kleinhoewe buite Pretoria aangeval terwyl hulle saam met vriende gekuier het.