Mag ons vergewe, vryspreek, nuut begin, nuut bou en inhoud gee aan ʼn hoopvolle toekoms.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: En vergewe ons soos
Is daar iemand met wie jy moet vrede maak? Doen dit voordat dit te laat is. Wees haastig om dinge uit te praat en tot ʼn vergelyk te kom. Oefen om gou jammer te sê.
ToekomsVenster: Jou uitgebreide familie
Hoe dra ons die belange van ander op die hart?
ToekomsVenster: Jy mag maar
Dink na oor die dinge wat werklik belangrik is in ‘n verhouding.
ToekomsVenster: Bid vir die owerheid
Dit mag nie die regering wees wat ek gekies het nie maar solank dit die regering is moet ek vir hulle bid. Dalk is dit tyd om ʼn oomblik stil word en te bid soos die Here dit van ons vra.
ToekomsVenster: Ontvang die seën
“Die Here seën jou” is die gebed, kosbaar, onbegryplik waar.
ToekomsVenster: Hartsaluut
Derhalwe groet ek jou met ʼn beweging na my hart, ʼn oop hand op my bors, hartstaal, ʼn hartsaluut, ʼn hartsverbintenis en verbondenheid. Die Here seën jou.
ToekomsVenster: Die laaste vyand sal ook vernietig word
Leef terselfdertyd voluit.
ToekomsVenster: Staan op uit jou negatiwiteit
Waaruit moet jy vandag opstaan? Neem tyd en doen dit beredeneerd, ordelik en beslis. Terwyl jy die doeke van jou doodsbestaan oprol, spreek jy die woorde uit: “Ook hiervoor het Jesus betaal. Ook hieroor het Hy die oorwinning behaal. Ook hierin is ek nou meer as ʼn oorwinnaar deur Hom wat vir my die krag gee. Alle eer aan Hom, die Koning van die Konings.”
ToekomsVenster: Nog twee weke
Dalk kan ons mekaar help? Oorweeg die volgende vyf vrae en probeer ʼn prentjie vorm van wat in jou gemoed aan die gebeur is.
ToekomsVenster: God is steeds daar in donker dae
In Christus het daar genade gekom en wie hulle daarop beroep vind ʼn liefdevolle God vol van begrip en deernis.
ToekomsVenster: Kan ons anders dink oor Covid-19?
Mag jy vandag nuwe vrede vind in die wete dat Hy ons nie aan onsself en omstandighede oorlaat nie. Wees sterk. Moenie bang wees nie. Die Here is by jou.
ToekomsVenster: Dit is volbring
Die gebeure van hierdie naweek wek hoop, troos en bemoediging by aardelinge. Ons is nie alleen nie. In Christus is God Immanuel, met ons.
ToekomsVenster: Blymoedigheid
Die Here is (nog altyd, onvoorwaardelik, onvergelykbaar, sonder skroom of aarseling) lief vir jou!
ToekomsVenster: Kyk na Bo
Is jy ook moeg van ʼn val en opstaan lewe? Sê dit vir die Here. Vra dat sy Heilige Gees jou vervul en toerus.
ToekomsVenster: Wat weet jy van jou lewensmaat?
Ons is deur die Here aan mekaar gegee en Hy gee die beste. Werk mooi daarmee. Dit is heilig.
ToekomsVenster: Stilte in afsondering
Gaandeweg raak dit stil in jou gemoed. Jy sien daarna uit en verwonder jou aan Sy nabyheid.
ToekomsVenster: Die sakrament van die oomblik
Ons het net die hier en nou.
ToekomsVenster: Genade in ’n tyd van afsondering
Waarom baklei ons dan nog so baie? Ai, mag die Here genade bewys.
ToekomsVenster: Jou stilhouplek langs die pad
Hierdie tyd van afsondering is so ʼn geleentheid. Dalk moet ons bewustelik terugkeer na die eenvoud van destyds.