Die verdagte sal aangekla word hoewel daar nog geen teken van Baartman is nie.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Twee toeriste dood tydens kanovaart op Krokodilrivier
Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die groep van 20 toeriste en ses gidse Sondagmiddag tussen die Leeupark en die Hartbeespoortdam geroei toe die voorval plaasgevind het.
Wes-Kaapse oorstromings: Liggame van man, tiener gevind
Gemeenskappe en woonbuurte in die stad word deur vloedwaters geteister en die stad se rampbestuurspanne staan slaggereed om gemeenskappe te help waar hulle kan en opruimingswerk te doen.
Video: Herstel van vertroue tussen publiek en metropolisie
Na aanleiding van die Tshwane-metro se onderneming om korrupte metropolisiebeamptes wat hulle aan kriminele gedrag skuldig maak, vas te vat, is twee beamptes die afgelope naweek in hegtenis geneem terwyl sewe strafregtelik ondersoek word.
300 000 aanlyn aansoeke vir plasing in GP-skole al verwerk
Meer as 300 000 aansoeke is al ontvang sedert die aanlyn registrasieproses verlede week oopgemaak het.
Regering skuld SA’ners antwoord oor ‘vredesending-fiasko’
“Ek sal die minister van polisie, Bheki Cele, vra of ’n permit vir die wapens uitgereik is, en hy moet sê watter en hoeveel wapens en ammunisie saamgeneem is.”
Foto’s: Citrusdal-oorstromings ‘ergste in 40 jaar’
“Dit is ’n slegte gevoel om te weet jy kan nêrens heengaan nie, maar dit is egter niemand se skuld nie, en ons probeer die beste van ’n slegte saak maak.”
Video: TMPD-lede probeer glo videonemery stuit ná hofverskyning
“As dít die optrede van beskuldigde polisiemanne is, stel jou net die bravade van polisiebeamptes voor wanneer hulle in uniform is, gewapen en met blou ligte ry.”
Kwaai wind, reën weer oor groot dele van WK verwag
Die weerdiens waarsku dat die sterk winde aan die kus skade aan formele en informele strukture, selfoontorings en kragkabels kan aanrig en selfs bome kan ontwortel.
Ramaphosa ná vredesending: ‘Positiewe ontvangs uit albei kampe’
Die onlangse vredesending het egter nie so seepglad verloop nie en ná die gesprekke met Rusland én Oekraïne se presidente lyk dit nie of Ramaphosa een van die lande sover gaan kry om die wit vlag te hys nie.
‘Vrees, smart’; 41 sterf al in aanval op Ugandese skool
Verskeie gebroke families het Sondag hul geliefdes begrawe terwyl ander nog na vermiste mense soek.
Ja, moedertaal wérk – Motshekga
“Jy kan dit in Afrikaans sien. Dít is moedertaalonderrig. Dit werk vir hulle.”
Foto’s: Barmhartige samaritane red plaaswerkers uit vloedwater
“Die meeste werkers het net met die klere aan hul lywe en ʼn kombers of ʼn kussing in die boot geklim.”
Derick ‘steeds nie wakker’, maar ‘ons glo hy gaan regkom’
Derick Hougaard veg steeds om sy lewe in die waakeenheid van ʼn Pretoriase hospitaal nadat hy meer as ʼn week gelede bewusteloos in sy huis aangetref is.
Kyk: Twee vas en motors, wapens gekry ná rooftog
Twee verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op vier motors en vuurwapens beslag gelê nadat ʼn juwelierswinkel by die East Rand Mall in Boksburg aan die Oos-Rand beroof is.
Nóg reën, koue op pad vir Wes-Kaap
Die weerdiens sê Kapenaars kan nog vloede te wagte wees weens die reeds versadigde grond.
DA wil weet hoeveel vredesending belastingbetaler gekos het
“Cyril Ramaphosa moet verantwoordelik gehou word vir die miljoene rand aan belastingbetalersgeld wat op sy mislukte beeldpoets-sending vermors is.”
Karla mik na podiumplek saam met Proteas
Karla Pretorius is in 2019 as die topspeler by die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool aangewys. Sy gesels nou oor ma-wees, haar doelwitte en die Proteas se vooruitsigte vir die netbalskouspel in Kaapstad.
‘Oorlog moet end kry,’ sê Ramaphosa aan Poetin
Pres. Cyril Ramaphosa het tydens sy en sy Afrika-bondgenote se besoek aan Rusland gesê dat dié afvaardiging graag sal wil hê dat die oorlog tussen Rusland en Oekraïne beëindig word. Dit lyk egter nie of Ramaphosa een van dié lande sover gaan kry om die wit vlag te hys nie.
Wes-Kaapse wetsontwerp ‘belangrike stap na federering’
Dit beteken – in ʼn neutedop – dat munisipaliteite en provinsies meer oor hul eie sake sal kan besluit, eerder as om aan die nasionale regering uitgelewer te bly. En indien die wetsontwerp slaag, kan dit ook ʼn bloudruk vir ander provinsies en plaaslike owerhede word om dieselfde roete te volg.