Die adjunkpresident se kantoor het Dinsdagoggend na vore gekom en die polisiebeamptes in daardie ontstellende aanrandingsvideo geïdentifiseer as polisiebeamptes verbonde aan sy veiligheidspan.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
‘Blouligboelies’ moet aan die pen ry
“Hier word nou ʼn baie gevaarlike presedent geskep. Dit is ook nie ʼn nuwe ding nie. Dis nou maar net op kamera vasgevang.”
Rugby-afrigter sterf ná valskermswewers bots
“Die tweede sweeftuig het tydens die ongeluk ’n tweede valskerm ontplooi en het tussen 200 m en 300 m ver in die see geland.”
Bloulig-polisie rand glo aan op N1
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is bewus van die ontstellende video op sosiale media waarin lede van sy BBP-beskermingsdienste-eenheid na bewering drie motoriste op die N1 in Johannesburg aanrand. Die polisiebeamptes en slagoffers in die video is reeds geïdentifiseer.
Derick ‘elke dag tree nader’ aan ou self
“Hy is swak, maer en moeg, maar die ‘champ’ wat kon skop soos min, sal weer sterker word.”
Kragonderbrekings veroorsaak waterprobleme
“Inwoners word gemaan om water spaarsamig en wys te verbruik. Indien inwoners nie hierop ag slaan nie, sal die huidige watertekorte voortduur en nog gebiede sal geraak word.”
Geliefde student verongeluk op pad na ouerhuis
“Toe ons oor die bult kom, toe sien ek die rooi en blou ligte. Ek het ’n gevoel gehad …”
Só lyk Julie se brandstofpryse
Petrolverbruikers sal ’n effense sug van verligting kan slaak.
Families platgeslaan oor swaar vonnisse vir SA’ners in Ekwatoriaal-Guinee
Frik Potgieter en Peter Huxham se regspan is bekommerd oor die skreiende gebrek aan bewyse wat in die hof gelewer is. Hulle beoog om teen die skuldigbevinding en vonnis te appelleer.
Hier is Maroela se Herfsbruid 2023
Baie geluk aan ons Herfsbruid! Sy en haar man twee nagte vir twee persone wat deel by die Tala Collection-wildreservaat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal met die komplimente van Dream Hotels and Resorts.
‘Verlange, hartseer’ ná negejarige in botsing met boot sterf
Die skroef van die boot het die motor se voorruit deurboor en Johané teen die kop getref.
15 sterf in ongeluk naby Middelburg
“ʼn Twee maande oue baba en ʼn kleuter is ook dood. Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.”
SA se WB-vrouesokkerspan weier om in opwarming te speel
Banyana Banyana, Suid-Afrika se nasionale vrouesokkerspan, het Sondag geweier om ʼn Wêreldbeker-opwarmingwedstryd teen Botswana te speel en het talle eise in die aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi in Australië en Nieu-Seeland.
Durban July-organiseerders in donker oor beurtkrag
Weens die kragonderbreking kon die laaste drie perdewedrenne nie voltooi word nie.
Beurtkrag: ‘Ons sien nou resultate,’ sê Ramokgopa
Volgens Ramokgopa word dit oorweeg om slimkragmeters verpligtend te maak wat die regering in staat sal stel om huishoudings se geisers op afstand te beheer.
‘Yoh yoh yoh …’ Dié kannetjie mág maar ʼn Boran bemark
“Hallo, oom. Welkom op ons plaas. Vandag gaan ek vir oom báie mooi beeste wys.” En in sy beste “boerklere” begin die agtjarige Zak Thuynsma dan die boerdery se Boran-beeste bemark.
Nóg ʼn voorval: Nie eens direktief stuit korrupte metrobeamptes
Nie net het die beampte glo op omkoopgeld aangedring nie, sy het glo sommer self ook probeer om die onttrekkingslimiet op haar slagoffer se bankrekening te verhoog om nog geld vas te lê.
ʼn Kat, ʼn draadloos en sy Bybel: Alleen in sy bakkie bid hy vir werk
Hy woon nou al amper twee maande lank in sy bakkie net buite Bethlehem saam met sy optelkat wat deesdae sy enigste vriend is. Soms oorval die mismoedigheid hom, maar dan praat hy met “die Man daarbo” en bid vir uitkoms.
Matie-rektor nie skuldig aan ‘ernstige wangedrag’, maar ‘jammer’
Die US-raad het Saterdag vergader waartydens die verslag van die Lewis-komitee en die mosie wat voor die raad gedien het om die rektor van sy amp te onthef, bespreek is.
Vure, rook, misdaad: Brakpan se ‘Plastic City’ maak lewe hel
Moedelose inwoners meld klagtes glo daagliks by die Ekurhuleni-munisipaliteit aan. Ná ʼn dekade lyk dit egter of hul klagtes op dowe ore val – met ʼn probleem wat net al hoe erger word.