Die Vaaldam is net sowat 34% vol. Verlede jaar dié tyd was dit meer 75 persent vol, wat die voortslepende gevolge van die afgelope seisoen se droogte duidelik laat blyk.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 Augustus 2016
Die wêreld in foto’s – 17 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrou sterf in fratsongeluk
ʼn Vrou is dood en twee beseer nadat talle groot sakke voer op hulle geval het in Howick, KwaZulu-Natal.
Tweejarige in ouerhuis doodgeskiet
ʼn Tweejarige dogtertjie is Dinsdagaand in haar ouerhuis doodgeskiet nadat ʼn onbekende aantal verdagtes op haar en haar ouers losgebrand het.
Semenya kwalifiseer maklik vir halfeindronde
Caster Semenya het Woensdagmiddag maklik vir die halfeindronde van die 800 m gekwalifiseer en sodoende Suid-Afrika se hoop op nog ʼn goue medalje by die Olimpiese Spele, vergroot.
Klagtes teen ‘rassistiese’ verkeersbeamptes in Ermelo
“Julle wit mense het mos alles gesteel in die land, dit is hoekom julle so ryk is,” het Nicolaas Sibeko, provinsiale verkeersbeampte in Ermelo, glo aan ʼn motoris gesê nadat hy hom van die pad af getrek het.
Vermoorde tiener se familie opgespoor; verdagte vas
Die tienermeisie, wie se naakte liggaam Sondag naby ʼn stadion in Ermelo, Mpumalanga gevind is, se familie is opgespoor en ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met haar moord.
Affies spog met opgeknapte nooientjie
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria (Affies) het vandeesweek hul opgeknapte weergawe van die Affie-nooientjie bekendgestel.
Dobson lê snoeiskêr teen Vrystaat in
Die Westelike Provinsie se afrigter John Dobson het die snoeiskêr behoorlik ingelê na die loesing teen die Blou Bulle en het agt veranderinge aangebring vir Vrydagaand se Curriebekerwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs op Nuweland.
Sasolburg-pedofiel gevonnis: ‘Ons kan nou afsluiting kry’
“Ons wil net sien dat hy vir ewig uit die samelewing verwyder word sodat hy nooit weer iemand kan seermaak nie.”
[Foto’s] Verulam-plaasaanval laat bloedspoor
WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.
Rits rond met Tuk-Tuk in Kaapstad
Die stad Kaapstad spog reeds met ʼn goeie openbare vervoerstelsel, maar dié stad gaan nou ook in September vanjaar minstens 80 mini ‘Tuk-Tuk’-voertuie beskikbaar stel om mense rond te karwei.
Opposisiepartye teken ‘geskiedkundige’ ooreenkoms
Meeste van die land se grootste opposisiepartye het Woensdag bekend gemaak hoe hulle sal saamwerk na die munisipale verkiesing vroeër die maand waarin geen partye ʼn meerderheid in verskeie munisipaliteite oor die land heen kon behaal nie.
Sasolburg-pedofiel skuldig op honderde aanklagte
Die Bloemfonteinse hooggeregshof het Woensdag ʼn pa van Sasolburg skuldig bevind op 933 seksuele misdrywe, waaronder die seksuele aanranding van sy eie twee dogters.
Video: ‘Kook saam Kaaps’ se wenspan
“Kaapse kos is lekker kos want ons maak dit met baie liefde. Ons probeer die resepte so gemaklik en goedkoop as moontlik maak sodat die man op straat dit ook kan maak,” sê Koelsoem.
Aardklop 2016: Ou gronde én spotgoedkoop kaartjies
Feesgangers en kunstenaars is almal opgewonde oor die nuus dat Aardklop, danksy baie mense se harde werk, vanjaar herleef en kaartjies vir dié fees is nou beskikbaar.
Agter die skerms tydens Solidariteit se besoek aan die VN
“Suid-Afrika is ’n simbool van hoop – nie net vir Afrika nie, maar vir die wêreld. Die land moet werk,” sê nog ’n komiteelid en ek tel ’n sweem van desperaatheid op.
Motorwasser wat vrou glo raakry ‘nie gemagtig’
Die bestuurder van die motor wat glo ʼn hoogswanger vrou by ʼn Sasol-motorwassery getref en veroorsaak het dat sy haar ongebore baba verloor het, was glo nie gemagtig om die motor te bestuur nie.
Video: Metropolisiebeampte buite laerskool aangerand
ʼn Stasiebevelvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is Maandagmiddag buite ʼn laerskool aan die Oos-Rand aangerand, terwyl hy besig was om ʼn boete uit te skryf.
EFF sê nee vir koalisies, maar…
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag aangekondig dat sy party geen koalisies met ander partye sal aangaan nie maar wel sekere partye sal steun in die onderskeie munisipaliteite waar geen party ʼn meerderheid gekry het nie.