Die verdeeldheid moet aangespreek en hanteer word, maar hoe? ʼn Indringende kopskuif is beslis nodig, skryf Louis van Wyk, ʼn derdejaarstudent in regte aan die Universiteit van die Vrystaat.
Podlitiek: Zuma opgeneem, kabinet-probleem en medaljewenners vervreem
Die stories wat die week onder die loep kom, is oudpres. Jacob Zuma se gesondheid, die geskommelde kabinet, en die afwesigheid van beloning vir Suid-Afrika se medaljewenners.
#JongStemme: Met ʼn naam gaan ons deur die stroom
Die impak van ʼn naam is besonder groot. Om ʼn naam te hê, skep ʼn atmosfeer van behoort, struktuur en eenheid, skryf Marisha Hermann.
Verslag oor aardverhitting ‘kode rooi vir die mensdom’
Die Verenigde Nasies se klimaat-ondersoekgroep – bekend as die IPCC – se verslag bevat ’n aantal ontstellende vooruitsigte oor die verwarming van ons planeet wat nog tot reusagtige probleme kan lei.
Vestiging van institusionele rassisme in sport is ’n gif
Die eeue-oue kern van sport was nog altyd meritokrasie, wat die grense van menslike mededinging uitdaag en daarna streef om uitnemendheid te bereik.
Internasionale oorsig: Klimaatsverandering en die einde van Europa
Hoewel klimaatsverandering wêreldwyd bespreek word, het dit in Europa ’n obsessie geword en vrees mense dat dit tot die einde van die kontinent aanleiding kan gee.
Internasionale oorsig: Reis hervat, maar meestal net vir dié wat ingeënt is
Verskeie lande het die afgelope twee weke begin om hul grense vir sake- en vakansiereisigers oop te stel, maar die meeste lande stel steeds streng vereistes en in die meeste gevalle word mense slegs toegelaat om oorsee te reis indien hulle kan bewys dat hulle volledig teen Covid-19 ingeënt is.
Vrouedag vir die Afrikaner?
Ongelukkig bevind Suid-Afrikaners hulself in ’n unieke situasie waarin sekere dele van die geskiedenis bo ander geprioritiseer word. Dit lei daartoe dat die kritiese rol van Afrikanervroue vergete raak, of bloot net nooit meer geleer word nie.
Dis nie óf gebed óf die wetenskap nie
Christene leef vanuit die wete dat die geestelike lewe nie los van die fisiese lewe staan nie, maar dit juis beïnvloed en bepaal.
Die amp van gelowiges
Wanneer die staat hul regeringsposisie misbruik en hul tot magsmisbruik, onregmatige selfverryking, korrupsie en onregmatige inmenging by die ander instellings in die samelewing wend, bring dit ʼn bepaalde verantwoordelikheid by elkeen van ons in ons hoedanigheid as gelowiges na vore.
#JongStemme: Hoe gesond is jy en sosiale media?
Sosiale media is een van die platforms wat die meeste druk op die jeug plaas. Dit is oorspronklik as ʼn onskuldige platform geskep en het fantastiese voordele maar vir Generasie Z is dit nie aldag so fantasties nie, skryf Karla Jonker, ʼn eerstejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch.
Podlitiek: Mkhize-skandaal, onteiening dalk finaal en vir Rassie lojaal?
In die week se episode bespreek die Podlitiek-span die skandaal om Zweli Mkhize, die jongste rakende die onteieningswet en Wêreldrugby se klag teen Rassie Erasmus.
#JongStemme: Die tyd vir praat is verby
Suid-Afrika is die laaste paar weke deur ʼn kriminele gepeupel gyselaar gehou. Anargie het ʼn nasionale tydverdryf geword. Ons moet nou tot aksie oorgaan, vreedsame aksie, om ʼn voorspoedige toekoms vir ons land te baan, skryf Reuben Coetzer, ʼn eerstejaar BCom Regte-student aan die NWU.
SAKP ná 100 jaar slegs nagedagte
Sedert sy stigting ’n eeu gelede het die SAKP ’n skouspelagtige opgang gemaak deurdat hy die kommunistiese stert geword het wat die ANC-hond swaai. Daarna het hy om verskeie redes prakties en ideologies in duie gestort sodat hy tans slegs ’n nagedagte is.
‘Die pad na selfbestuur’: Bevolkingsriviere
“Westerlinge sal vroeër of later uit die vloei van demografiese riviere moet kom.”
#JongStemme: Instagram-aktivisme maak veg té maklik
Daar bestaan feitlik nie meer iets soos gesonde meningsverskille op sosiale media nie. Jy is óf vir, óf teen. Jy durf nie standpunt inneem nie, en jy word as “deel van die probleem” gebrandmerk, skryf Walden van der Walt.
Kan die polisie nog hulle mandaat uitvoer?
As burgers het ons reeds geleer dat die polisie ons nie teen misdaad kan beskerm nie. As alternatief het ons amper drie keer soveel privaat sekuriteitsbeamptes as polisie.
Hoekom slaag revolusies nie meer nie?
Die vraag is hoekom nie een van die talle massaproteste in verskeie vastelande in die laaste paar jaar geslaag het nie, terwyl daar tye was waar regerings reeds deur veel kleiner en minder ingrypende proteste weggevee is.
Hoe lank moet Afrikaners nog ly onder die Kainsmerk?
Dit kan soms vir Afrikaners voel dat hul met ʼn Kainsmerk rondloop; net teen mense beskerm wat hulle wil doodmaak (en dalk ook nie eens heeltemal nie).
Internasionale oorsig: IMF waarsku oor wisselende ekonomiese herstel
Dit is die rykste lande ter wêreld wat volgens die IMF die vinnigste gaan herstel.