ʼn Video van ʼn man wat omgestamp word toe hy in die pad van koninklike wagte beland het, is binne drie dae reeds meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees meerAlles vir Donderdag 18 Junie 2015
Verdagte vas ná ‘haatmisdaad’ by VSA-kerk
Die man wat daarvan verdink word dat hy nege persone by ʼn Afro-Amerikaanse kerk in Charleston, Amerika, doodgeskiet het, is Donderdag in hegtenis geneem.
Nuwe R54 m.-skool vir Phillippi
Die Wes-Kaapse regering het Donderdag gesê die nuwe Khanya Primary School in Phillippi sal teen die einde van die maand gereed wees, net betyds vir die derde kwartaal van die skooljaar.
Twee skuldig aan ma van vier se verkragting, moord
Tsietsi Joseph Nketsi (31) en Thabo Clement Makhele (27) sal Vrydag gevonnis word nadat hulle in die Bloemfonteinse hooggeregshof skuldig bevind is op aanklagte van roof, verkragting en moord.
Skoliere beseer toe trok deur parkeerplek jaag
Ses meisies, almal 16 jaar oud, is Donderdagmiddag beseer nadat ʼn vragmotor deur ʼn parkeerplek by ʼn skool in KwaDabeka in KwaZulu-Natal gejaag het.
Sonkragpanele word in Oos-Kaap gesteel
ʼn 27-jarige man is Woensdag in New Rest- informele nedersetting in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die diefstal van sonkragpanele.
Van bromponie-ongeluk tot trouring
Hulle het drie jaar lank uitgegaan en in daai tyd ʼn droomvakansie in ʼn vreemde land beplan waar hul lewe handomkeer verander het ná ʼn ongeluk met ʼn bromponie. Nou, bykans ʼn jaar later, het Elske Roux (22) en haar kêrel, Marius Botha (25), besluit om die res van hul lewe saam deur te bring.
ToekomsVenster: Geestelike vaders
Ons het meer lewensmentors nodig in ons land. Ons land vra mense met integriteit om ons uit die moeras van allerlei vergrype te lei.
Jy kan in die donker sit óf… jy kan krag in jou dag sit by Solidariteit KragDag!
Die Solidariteit KragDag ekspo wat op 26 en 27 Junie 2015 net buite Pretoria plaasvind, bied aan mense die geleentheid om ʼn slag te slaan teen hierdie kwesbaarheid.
Chaos toe EFF weer Nkandla in parlement opper
Chaos het weer Donderdag in die parlement ontstaan toe parlementslede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) vir die soveelste keer geëis het dat pres. Jacob Zuma die geld vir sy Nkandla-woning terugbetaal.
Eskom-tariefverhogings: Solidariteit waarsku oor gevolge
Die vakbond Solidariteit het vandag gewaarsku dat ’n 25,3%-verhoging in kragtariewe verdere druk op die vervaardigingsektor sal plaas wat vernietigende gevolge vir werkgewers én werknemers inhou.
Grondwethof beslis oor Mark Shuttleworth se eis van R250 m.
Die konstitusionele hof het Donderdag uitspraak gelewer in die miljardêr, entrepreneur en filantroop Mark Shuttleworth se eis van R250 miljoen teen die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Talle gestrand, verontrief weens onbedoelde gevolge van reisregulasies
Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die blitspeiling wat die regering wil doen om die onbedoelde gevolge van die nuwe immigrasie- en visumregulasies te bepaal.
Bfn-kroegeienaar verkrag glo kelnerin
Die eienaar van ʼn sportkroeg in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Woensdagaand ʼn kelnerin wat aan diens was, verkrag het.
Maak min slaap en stres ons vet?
Dit word dalk tyd om ʼn bietjie vroeër in te kruip. Nuwe navorsing wys dat ʼn gejaagde leefstyl, stres en min slaap op verskeie maniere tot gewigstoename kan bydra.
Video: Vrystater se Boereoorlog-plan
ʼn Boorling van die Vrystaat beplan ʼn fietstoer deur die land om wit en swart slagoffers van konsentrasiekampe se lewe te herdenk.
Nóg ʼn baba in vullissak gevind
Die liggaam van ʼn pasgebore baba is Donderdagoggend in ʼn vullissak in Berea, Johannesburg, gevind.
Pta-spogskool weer midde ʼn rasseherrie
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gaan Donderdagmiddag ʼn besoek aan Curro Roodeplaat Privaatskool in Kameeldrift, noord van Pretoria, aflê nadat nuwe aantygings van rassesegregasie by die skool aan die lig gekom het.
Afrikaans 90: ’n Taal wat hulle verstaan
“Laat ek heel aan die begin sê, ek was nog nie een dag spyt dat my ouers my in Afrikaans grootgemaak het nie. Moedertaalonderrig het my die geleentheid gebied om volledig en maksimaal te ontwikkel, sodat ek my studies suksesvol kon voltooi, en vandag is ek ’n gerespekteerde dosent (in Afrikaans) en ’n leier op vele gebiede,” skryf Michael le Cordeur.
Nuwe NVG-hoof aangestel
Pres. Jacob Zuma het Donderdag ’n nuwe nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) aangestel.