Die Junior Springbokke moes tot dusver in die o.20-Wêreldkampioenskap drie keer in vier wedstryde ná ʼn rustydagterstand terugveg, maar kon Dinsdagaand, soos in hul laaste groepwedstryd teen Frankryk, nie die groot gaping vernou om te wen nie.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Junie 2018
Onkologiediens by Addington-hospitaal hervat weer
Dit volg ná twee jaar se skandale wat byna tot ʼn ineenstorting van staatsonkologiedienste in die provinsie gelei het.
Maimane, Msimanga uit Rankuwa geskop
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, en Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, is Dinsdag deur ontstoke lede van die gemeenskap uit Rankuwa, noord van Pretoria, gejaag.
‘God sal vir ons antwoorde gee,’ sê familie van vermiste man
Die familie van Tebogo Ndlovu, wat in Augustus verlede jaar verdwyn het nadat hy glo lemoene op ʼn plaas in Majakaneng naby Brits in Noordwes gesteel het, glo God sal vir hulle antwoorde gee.
Meer inligting bekend gemaak oor Trump-Kim-ooreenkoms
Die Amerikaanse president Donald Trump en die leier van Noord-Korea, Kim Jong-oen, het Dinsdag ʼn gesamentlike verklaring, onderteken deur beide leiers, uitgereik oor die besonderhede van hul ontmoeting vroeër die dag in Singapoer.
Agtjarige in Mpuma ontvoer, vermoor
Die polisie in Mpumalanga is op soek na enige inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei nadat ʼn agtjarige meisie ontvoer en vermoor is.
Gauteng, Mpumalanga loop deur oor geldbestuur
Die provinsiale regerings van Gauteng en Mpumalanga se departemente van finansies het Dinsdag behoorlik streepsuiker gekry van die nasionale tesourie toe hul begrotingsbestuur skerp gekritiseer is.
ToekomsVenster: Die Koning van die verkeerde dorp
Die Koning van die hemel kom woon tussen die mees onverwagse mense op aarde. Ons moenie verbaas wees wanneer ons Hom juis ook tussen die mees onverwagse mense van ons samelewing aantref nie.
AfriForum dien besware teen grondonteiening in
Die burgerregtegroep AfriForum het Dinsdagoggend hul besware teen die onteiening van grond sonder vergoeding ingedien by die parlement, vergesel van ‘n petisie onderteken deur 250 000 mense.
‘Verkragter’-stiefpa weer vas danksy Facebook
“Inwoners het die tienjarige stiefdogter ondervra en sy het glo erken dat die man haar seksueel misbruik sedert haar ma vyf jaar gelede dood is.”
Sportegpaar se kind sterf tragies
“Nooit in ʼn miljoen jaar het ons gedink ons sal pyn soos dié ervaar nie,” het hy geskryf onderaan ʼn foto van sy dogtertjie met ʼn lawwe pienk blomme-hoed op haar kop.
Die wêreld in foto’s – 12 Junie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Geen verklaring vir ou kremetartbome wat skielik vrek nie
Van Afrika se oudste en grootste kremetartbome het in die afgelope 12 jaar skielik gevrek en kenners het nog nie ʼn klinkklare verklaring vir die verskynsel nie.
Nuwe Leon Schuster-rolprent dán in teaters
Meer as ʼn half dekade ná die uitreiking van sy laaste fliek keer die Suid-Afrikaanse komediant en rolprentmaker Leon Schuster terug na dié bedryf met nóg ʼn komedie – dié keer ʼn fliek met ʼn inspirerende storielyn.
Porsche word 70
Ongeveer 1 500 Porsche’s van alle kleure, groottes en ouderdomme het uit alle hoeke van die land opgedaag.
Betoger gooi steen deur voorruit, tref vrou
“Dit was lewensgevaarlik. As daardie steen die voorruit ʼn bietjie hoër getref het, sou dit my vrou in die gesig getref het. Sy kon dood gewees het.”
Eskom het planne indien werkers staak
“Eskom is ʼn noodsaaklike diensverskaffer en daarom word ons werknemers herinner dat hulle nie toegelaat word om aan stakings deel te neem nie.”
Boekresensie: Pienk is nie vir sissies nie
Dié aksiebelaaide jeugverhaal ontvou in ’n briljante kragtoer van vergifnis, selfaanvaarding en ook tweede kanse. Dit leer ook dat jy kan triomfeer en steeds sukses kan behaal ná ’n teleurstelling, al beteken dit jy sal moet harder werk en meer kreatief dink.
Opduik-en-weg-boekefees vier onafhanklike skrywers
As ʼn goeie boek en heerlike koppie boeretroos net die ding vir jou is en jy nog altyd wou sien wat die boekewêreld van onafhanklike of indie-skrywers (soos hulle hulself noem) jou kan bied, moet jy beslis ʼn draai maak by Alkantrant-biblioteek in Lynnwood, Pretoria op Saterdag 14 Julie.
DZL-manne praat oor húlle ‘realiteit’
“Ons is albei self as jeugdiges gespot en geboelie. Vandag is ons volwassenes wat steeds die letsels van daardie boeliery ronddra en elke dag poog om die seer te verbloem sodat ander nie kan sien dat ons ook seer het nie.”