“Verpleegkunde as beroep in Suid-Afrika is in gevaar, maar die impak daarvan op goeie gesondheidsorg vir miljoene Suid-Afrikaners is byna ondenkbaar.”
Alles vir Donderdag 16 Mei 2019
UV gekap oor kansellasie van Gangster State-praatjie
Penguin Random House sê in ʼn verklaring hy is geskok deur die universiteit se besluit om die geleentheid te kanselleer, en dít boonop sonder om die uitgewer óf skrywer Pieter-Louis Myburgh daaroor in te lig.
DBV gaan leeuplaas besoek ná tweede aanval
Die NDBV bly besorg oor die departement van omgewingsake se beleid wat leeubeenboerdery toelaat, maar nie regulasies of standaarde het wat voorsiening maak vir die diere se welstand en sorg in aanhouding nie.
Resep: Gevulde varkworsies met soetsuur sous
Die perfekte kombinasie van geure.
Xander en regspan ‘op goeie voet uitmekaar’
“Daar was ʼn vertrouensbreuk en ons kon dus nie voortgaan nie.”
Eerste swart SA vrou bereik piek van Everest
Die Johannesburgse sakevrou het Donderdag, op haar vierde probeerslag, die eerste swart vrou uit Afrika geword om die piek van Mount Everest te bereik.
Fluitjieblaser terug in sy pos ná OB-ondersoek
Die openbare beskermer het die fluitjieblaser se skorsing bestempel as bloot ʼn poging deur die munisipale bestuurder om van die ouditeur ontslae te raak nadat hy hom van korrupte aktiwiteite beskuldig het.
Survivor: ‘Super ouma’, omroeper onder laaste 6 deelnemers
Vind uit wie die jongste en oudste deelnemers van dié seisoen is.
Zondo-kommissie: Transnet-hoof getuig oor onreëlmatige kontrakte
Die transaksies is gedryf deur sogenaamde sleutelrolspelers wat voormalige raadslede van Transnet, asook uitvoerende hoofde en private maatskappye, insluit, maar “tot nadeel van Transnet se beste belange was”.
Video: Bobbejane baljaar in die swembad
ʼn Video van twee bobbejane wat in ʼn swembad baljaar, word wyd op sosiale media gedeel.
Boek: Kom sit aan
Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God.
Nuuskommentaar: Teen-aborsie-wetgewing: Hier kom die Alabama
In die byna 50 jaar wat aborsies in die VSA wettig is, is reeds sowat 53 miljoen aborsies in dié land uitgevoer. Verskeie pogings is al aangewend om dié praktyk stop te sit, met die deelstaat Alabama wat tans die leiding neem. Hoe is dit dat aborsies tydens die afgelope Suid-Afrikaanse verkiesing kwalik ʼn verkiesingspunt was?
ANC-alliansie soek Mokgoro terug as premier
Alliansievennote van die ANC in Noordwes het ʼn beroep op die party gedoen om Job Mokgoro as premier van die provinsie te behou.
Lesersbrief: Die presidensiële inhuldiging en die geval van twee huisgesinne
Die onlangse onthulling dat pres. Cyril Ramaphosa versoek het dat die munisipaliteite van al nege provinsies mense op eie onkoste na die presidensiële inhuldiging by Loftus Versfeld-stadion moet aanry, laat mens opnuut besef dat die regering nie ’n benul het watter uitdagings die gewone mense elke dag in die gesig staar nie.
Kwaai wedywering vir speakerspos
Namate 22 Mei nader kom, is daar ’n nogal omvattende stukkie wedywering in die ANC aan’t ontstaan oor watter politikus die goed betaalde en prestigeryke posisie as speaker van die Nasionale Raad van Provinsies gaan beklee – en tans word vier name genoem.
Polisiebeamptes by hof in hegtenis geneem
Twee polisiebeamptes van Noordwes sal vandag in die Brits-landdroshof verskyn nadat hulle Dinsdag by dieselfde hof in hegtenis geneem is.
Man gevonnis oor 3 lyke op plaas
Juan Sonnenberg (61), van Hertzogville in die Vrystaat, is Woensdag drie keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op drie mans wie se liggame in Maart 2015 op Sonnenberg se plaas ontdek is.
Podlitiek: Noah in die sop en die verkiesingsflop
In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz ná afloop van die nasionale verkiesing van 8 Mei deur ʼn mikroskoop na wat presies gebeur het, watter tendense opgetel kon word, en wat hierdie stemgeleentheid verklap oor die stand van sake.
Gedagte vir die dag: ’n Strik van woorde
Hulle sondig met hulle monde, met die woorde op hulle lippe. Laat hulle verstrik raak in hulle hoogmoed oor die vervloeking en die leuens wat hulle uiter. (Psalm 59:13, BDV)