ʼn Tussentydse komitee sal aangestel word om die party in die provinsie te vernuwe en weer op te bou, asook die provinsie gereed te maak vir ʼn provinsiale verkiesingskonferensie.
Alles vir die maand Augustus 2019
Video en foto’s: ʼn V8 soos min
Waar mens regtig dié V8 se staal sien, is om die baan in die Track-weergawe met Giniel de Villiers agter die stuur.
Kommer oor ‘vlugtende polisiemag’ in Jhb-middestad
“Wat ons nié gaan aanvaar nie, is blatante oneerbiedigheid vir ons wette deur enigiemand. Die informele handelaars se klipgooiery en aanvalle op polisielede is ʼn aanval op Suid-Afrikaners in die stad.“Buitelanders is welkom, maar niemand mag die bietjie wat ons het, verwoes nie.”
Sóveel moet Katy Perry opdok oor gesteelde liedjie
“Die skrywers van ‘Dark Horse’ beskou die bevinding as ʼn vertrapping van geregtigheid.”
Jong fietsryer op herstelpad ná ongeluk
“Ek is dankbaar jeens die Here. Rehabilitasie gaan lank wees, maar ek kan darem steeds my droom jaag.”
‘Bekende’ taxibaas van Heidelberg doodgeskiet
Hy het probeer weghardloop, maar die passasier van die Toyota het weer skote op hom afgevuur en hy is noodlottig gewond.
Vakbond wil banke tot stilstand dwing weens afleggings
“Hierdie mense gaan deel vorm van die werkloosheidsyfer wat reeds op 29% staan. Wat gaan hulle doen as hulle werkloos is?”
ANC se voorstelle vir regulering van partybefondsing
Namens die ANC het Febe Potgieter gesê die ANC ontvang meestal klein donasies – honderde duisende daarvan – of skenkings soos lede wat toebroodjies maak of hul petrol bydra as hul motors gebruik word.
Stryd tussen Lichtenburg-leeuboer en NDBV woed voort
ʼn Boer van Lichtenburg in Noordwes hou vol hy sien uitstekend om na sy diere, ten spyte van herhaalde bewerings van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) dat hulle in swak toestande aangehou word.
Kinderboekkoning Jaco Jacobs nou deel van internasionale uitgewer
Pan Macmillan Suid-Afrika het ʼn opwindende belegging in plaaslike kinderboeke gemaak.
Bafana Bafana nou ook breierloos
Sy bedanking is onmiddellik van krag.
526 tande uit seun se mond verwyder
Dokters het 526 tande uit ʼn sewejarige seun se mond verwyder ná hy gekla het sy mond is seer.
Winskopies op Namibië-radiostasie se aanlyn veiling
Beplan jy om in Namibië te kom kuier of hou jy daarvan om winskopies uit te snuffel?
Is teenstand teen vismeelfabriek stank vir dank?
Nie almal is ewe opgewonde oor die projek nie en honderde inwoners het ʼn aanlyn petisie onderteken om teen die fabriek kapsie te maak.
Fraser domineer Spele se eerste dag
Suid-Afrika se Smith spring valbyl vry.
Boere trek ‘skaapdiewe’ vas ná jaagtog
Die skaapdiewe se motor het tydens die jaagtog aan die brand geslaan nadat die onderstel ingegee het.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; elke tree
Elke tree gee Ek aan jou, sê die Here. Teen vanaand gaan jy heelwat hê om oor te gesels!
Oor word en raak en sal en gaan
Op versoek van ‘n paar gebruikers: Is dit “Hy gaan/sal siek word/raak”?
Video: Riana Nel ‘oop en eerlik’ op nuwe album
Riana Nel wil met haar jongste enkelsnit, “Hou die hemel oop”, vir mense ʼn dieper kant van haarself en haar verhouding met die Here wys.
KragDag se jongmense – ʼn fondasie vir die volgende generasie
Met ʼn doen-jou-eie-ding-filosofie, is KragDag ook passievol om hierdie lewensinstelling aan jongmense oor te dra, en die jeug te inspireer en te onderrig om verantwoordelikheid te neem om self geleenthede en uitdagings op hulle pad met selfvertroue aan te pak.