“Net gehalte-teelotte behoort die markplek te bereik.”
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Desember 2020
André Schwartz: ‘Ek bid dat Kersfees-liefde ons sal omvou’
“Mense stap verby my en tik my op die skouer en sê hulle is bly om te sien ek lyk goed, en hulle dink aan my en bid vir my. Dit is oorweldigend, maar ek is dankbaar.”
Geen uitdaging te groot vir US-graduandus en Paralimpiese atleet
“Moenie bang wees om uitdagings ‘bo’ jou vermoëns te aanvaar indien dit iets is waarin jy regtig glo nie. Ja, dit gaan nie maklik wees nie, maar indien jy jouself daartoe verbind en getrou aan jouself bly, sal jy die veerkragtigheid hê om in moeilike tye deur te druk.”
Minister gee duidelikheid oor restaurante, venues se sluitingstye
Minister Nkosazana Dlamini-Zuma het duidelikheid gegee oor die regulasies wat geld in Covid-19-brandpunte en die res van die land.
Twee sit lewenslank ná moord op polisiebeampte
Die twee is ook skuldig bevind aan die moord op hul makker.
Vrou sterf op Tafelberg
Nog voertuie en reddingspanne is teen die berg op en teen die tyd dat hulle die vrou bereik het, was omstanders al vir byna ʼn uur besig om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas.
TV-program lei tot nuwe ondersoek 26 jaar ná veerbootramp
Die gebied waar die wrak geleë is as ʼn laaste rusplek aangewys en dit is dus onwettig om die terrein te versteur deur daar te duik. Die ramp het tot die dood van meer as 850 mense gelei.
Beamptes in polisiestasie aangehou, beroof
“Die aanval op die polisiestasie word baie ernstig opgeneem en die maksimum hulpbronne word ingespan om die rowers vas te trek.”
Nog vier vas oor omstrede behuisingsprojek
Dié tydelike behuisingsprojek het skerp kritiek uit talle oorde ontlok nadat die premier van Limpopo einde Julie die 40 sinkhuise, wat glo meer as R60 000 elk gekos het, in Talana by Tzaneen oorhandig het.
VSA blameer Rusland vir reuse-kuberaanval
Volgens veiligheidskenners kan dié sagteware aan kuberaanvallers onbeperkte netwerktoegang bied tot belangrike regeringstelsels, kragnetwerke en ander nutsdienste.
Luister: Griekwagebed – Stof tot stof
“Stof tot stof”, een van Hans du Plessis se Griekwagebede, word deur Veronica Geldenhuys voorgelees. Dit kom uit “Karos orie dyne” wat deur Lapa Uitgewers uitgegee is.
Proteas: 2 toets positief, 3 by toetsgroep gevoeg
Krieket Suid-Afrika (KSA) het bevestig twee spelers het positief vir Covid-19 getoets terwyl drie spelers by die toetsgroep vir die reeks teen Sri Lanka gevoeg is.
Top-ingenieurstudent ontvang gesogte Kanseliersmedalje
Hy het die hoogste gemiddelde punt ooit in die betrokke departement behaal, het ʼn finale punt van 100% vir meer as ʼn derde van sy modules behaal en het elke jaar sy graadstudie met lof geslaag.
KKNK 2021 vir eers uitgestel
“Die direksie, bestuur en al ons vennote is reeds geruime tyd in gesprek oor alle moontlikhede en ons evalueer die situasie deurlopend.”
Meisie (15) in Mpumalanga vermoor
ʼn Tienermeisie is in Mpumalanga vermoor toe haar ouma haar na ʼn nabygeleë vulstasie gestuur het.
Covid-19-statistieke: Soveel nuwe gevalle, sterftes aangemeld
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Cheetahs wen eerste CB-wedstryd van seisoen
Die Pumas dra egter nie verniet die etiket van die moedigste span in die reeks om hul nekke nie en die Bloemfonteiners moes diep delf om dié een te wen.
Gedagte vir die dag: Blye nuus
Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. (Lukas 2:17)