Die voertuig het glo deur ʼn rooi verkeerslig gery en die 13-jarige getref.
Alles vir Maandag 1 Maart 2021
Transitorowers, kapers floreer in Gauteng
“Hierdie statistieke is kommerwekkend en dui daarop dat Gauteng nie voldoende polisiëring toepas nie.”
Nuuskommentaar: Ons sal self, maar nie alleen
Die fokus het veral geval op die gevoel van vervreemding onder Afrikaners, ons behoefte om ekonomies by te dra en ingesluit te word, beskerming van moedertaalonderrig, uitbou en bewaring van kultuurerfenis asook Afrikaners se verlange na daadwerklike politieke insluiting en inspraak.
Eskom na appèlhof oor munisipale skuld
Sou Eskom sy sin kry, sal dié dorpe daagliks vir agt ure lank sonder krag óf water wees.
Ontsnapte moordverdagte skiet glo homself
Die verdagte het die polisieman wat hom in hegtenis geneem het, se dienspistool gesteel.
Raak só ontslae van huisvlieë
Met ʼn bietjie harde werk en hierdie wenke is jou huis sommer binnekort heeltemal vliegvry. Laat weet ons by Maroela Media hoe jy van lastige vlieë ontslae raak:
Verdagte vas ná dubbelmoord op Kraaifontein-beamptes
Die twee beamptes is vermoedelik in ʼn hinderlaag gelei, doodgeskiet en van hul dienspistole beroof.
Langer as 300 weke as die wêreld se beste
Dit lyk asof wêreldtennis se rekords nie ’n kat se kans teen Novak Djokovic staan nie.
Discovery waarsku oor derde virusvlaag
Meer mense is tydens die tweede vlaag infeksies in hospitale opgeneem, maar het ʼn korter tyd in die hospitaal deurgebring. Dit blyk ook onwaarskynlik om die virus ʼn tweede keer op te doen.
Van Coke se nuutste projek is ‘rou en raar’
“Francois van Coke vertel in ʼn nuwe geselsreeks intieme en onthullende gesprekke wat hy net aan sy tjommies vertel; stories so rof dat hulle nooit by die media uitgekom het nie.”
Die donkerte in ons: Antoinette Louw oor haar rol in ‘Dam’
Safta-wenner Antoinette Louw (“An Act of Defiance”, “Die Laaste Tango”) is in die nuwe Showmax Original “Dam” te sien, ʼn sielkundige riller wat uitstekende resensies ontvang en gereeld met HBO se “The Outsider” vergelyk word.
Kerkgangers val metropolisie aan
Die beamptes was genoop om rubberkoeëls te gebruik om die kerkgangers uiteen te jaag.
Boek: Hoe-hoe-hoekom gaan al die uile dood?
‘Lea lief uile: Muisvalle en maanmelkskommels’ is die vierde boek in Cecilia Steyn se gewilde Lea lief-reeks. Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer.
Woord: paddaslagter
Wat op aarde is ʼn “paddaslagter”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Zondo se ‘desperaatheid ongekend’ – Zuma-stigting
Die stigting voer aan wetgewing maak nie voorsiening vir die twee jaar tronkstraf waarvoor die kommissie vra nie.
Foto’s: ‘Love Island SA’ skop af
Hier is die eerste 10 deelnemers van Love Island SA.
Lewis sê hy gaan aanhou veg vir gelykheid
“So lank as wat daar suurstof in my longe is, sal ek voortgaan om vir verandering te veg.”
13 in hof oor plundery van spogmotors
Ongeveer 40 mans het The Toy Shop in Februarie binnegegaan en grootskaalse skade aan die spogmotors gerig.
Ramaphosa wil vrotsige staatsdiens regruk
Pres. Cyril Ramaphosa sê te veel staatsdiensamptenare word aangestel in posisies waarvoor hulle nie geskik is nie en ook nie kwalifiseer nie – tot nadeel van Suid-Afrikaners.
Resep: Klassieke croissants
Croissants is ʼn heerlike, goudbruin en skilferige lekkerny wat enige tyd van die dag geniet kan word – net so of met pikante vulsels.