Enoch Godongwana maak Donderdag sy eerste mediumtermynbegrotingsrede bekend, maar sommige kenners meen daar gaan nie veel wees om oor blymoedig te raak nie.
Alles vir Woensdag 10 November 2021
Boek: ‘Reisgenote’ – Joanita Erasmus-Alt
Ingesluit by hierdie bundel is ʼn CD waarop verhale voorgelees word met musiek wat deur Erasmus-Alt self gekomponeer is.
Video: Renosters vang drafstappie in Bloem
Die renosters het glo uit ʼn nabygeleë wildlandgoed ontsnap en sowat 20 minute lank rondgewandel.
Besering belemmer Stillknocks se Muniz-geveg
“Dit is niks lekker om hierdie aankondiging te maak nie.”
Die dag toe Thatcher Afrikaans gepraat het
Daar is egter nie na die Britse Ystervrou, soos sy genoem is, geluister nie. Die RAU het totaal getransformeer en verengels, en dieselfde proses voltrek hom nou by bykans al die voormalige Afrikaanse universiteite.
Gedig: Verdampend
“Die son die brand my skouerknoppe
bruin soos beskuit se ronde korsies.”
Wiele2Wiele ry met Mustang Mach 1, Hyundai Staria en Corolla Cross
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Ford Mustang Mach 1, die nuwe Hyundai Staria wat bietjie aan ‘n ruimtetuig herinner en ook met Toyota se langverwagte Corolla Cross.
Man (60) gebruik knipmes om krok af te weer
“Die man was baie gelukkig om te ontsnap. Die kans dat dit gebeur is omtrent nul.”
SA studente glo in Kuba geklap, rondgepluk
ʼn Video wat die ronde doen wys hoe manstudente deur mans in uniform geklap en rondgepluk word terwyl ander gillende studente toekyk.
Pandemie tref Tassie-projek swaar
Solidariteit Helpende Hand kan vir 2022 die helfte minder graadeens met ʼn volgepakte skooltassie toerus as twee jaar gelede vóór die Covid-19-pandemie uitbreek het. Hier is hoe jy kan help!
Ouerpaar sterf saam
Sakkie en Dalene Schlebusch was op pad om hul seun by die lughawe te gaan haal toe hulle in ʼn motorongeluk betrokke was.
Proteas oorrompel Zimbabwe; vandag wag Kenia
Die nasionale netbalspan poog om die Afrikabeker vir die sesde keer in Windhoek omhoog te hou.
Musiekvideo: Lallie deel boereraat in debuutsnit
“Ek wou die plaasgevoel deur die musiekvideo oordra en hoop kykers sal dadelik voel hulle is op die plaas.”
Vyf brand dood terwyl vrou, kleuter ontsnap
’n Sesjarige seun was een van die slagoffers toe ʼn huis in Pretoria gebrand het.
Wat is jou unieke stylpersoonlikheid?
Jou persoonlike styl is ʼn belangrike aspek van wat jy dra; dit is die element wat jou uniek maak, en as dit werklik jý is, laat dit jou hart sing en sal jy elke dag soos ʼn stylikoon voel.
Foto’s: Karlien, Bobby se sus hou bruilof
“Alles was perfek – van die weer tot die atmosfeer. Dit was waarlik ʼn bruilofsviering in die ware sin van die woord.”
Episode 11 van ‘Nêrens, Noord-Kaap’: Nederland
Suzette het ʼn groot verrassing vir Ronnie en klein Lourens. Het Andries se reis uiteindelik tot ’n einde gekom?
Krag aan buurlande, bemagtiging, regstellende aksie dwing Eskom op knieë – VF Plus
Die VF Plus sê die land kan nie langer die geïnstitusionaliseerde bedrog by Eskom bekostig nie. Enkele voorbeelde is die aankoop van buisligte teen R900 elk wat skaars R63 sou kos by ’n ysterware-winkel, melk wat teen R56 per liter aangekoop is en besems teen R280 000 elk.
Nuwe SEB-regulasies ‘gaan familieboerderye knou’
De Jager sê swart ekonomiese bemagtiging het vir die meeste boere sinoniem geword met korrupsie, magsugtigheid, staatskaping en ekonomiese bevoordeling van ’n klein elite.
Covid-19-statistieke: Só lyk jongste syfers
Die positiwiteitskoers was Dinsdag effens hoër en staan tans op 0,9%.