Die Solidariteit Beweging sê hy is uiters bekommerd oor die stand van skole in Suid-Afrika weens beperkings wat onderwys belemmer.
Alles vir Dinsdag 18 Januarie 2022
Stryery oor vrou se daaglikse skoonmaakroetine
Die vrou se wenke het ʼn debat ontketen. Sommige reken haar daaglikse skoonmaakroetine is “onrealisties”, en ander sê dit is iets wat hulle nog altyd doen.
Man wat hof se vensters breek, wil skuldig pleit
Sibongile Dube het aan die einste hof wat hy beskadig het, verduidelik wat sy motief vir die misdaad was.
Wink olé-krete weer vir Blitsbokke?
“Ons is opgewonde om in Spanje te speel.”
Regering gaan appelleer teen Aarto-beslissing
“Aarto is die laaste stuk van die legkaart in die inwerkingstelling van ʼn nuwe padverkeerbestuurstelsel deur die demokratiese staat.”
Polisie moet sê oor vermiste vuurwapens
Altesaam 158 vuurwapens het glo verlede jaar by die Norwood-polisiestasie verdwyn en sedertdien die dood van ʼn polisiebeampte veroorsaak.
Publisering van matriekuitslae ʼn ‘instelling’ – regter
“Daar is geen oorwegende rede dat die matriekuitslae vir die eerste keer ooit nié gepubliseer kan word nie. Dit is die kern van ons saak. Demokrasie en openheid troef alles.”
Eloff en sy ‘Johnnie’ bly tops op Top-20
Die Heuwels Fantasties en Coenie de Villiers se nuwe weergawe van die ontslape musikant Lucas Maree se treffer, “Victoriabaai”, spring hierdie week na die 11de posisie.
Peuter ernstig beseer in ongeluk
Sewe ander kinders, wat in een motor gereis het, is ook beseer.
Oorwinning vir media oor matriekuitslae
Maroela Media en AfriForum het hulle tot die hof gewend, nadat die departement van basiese onderwys gesê het die media mag nié vanjaar die uitslae publiseer nie.
Wie is die anderkant se kandidaat?
As ek Sisulu se artikels lees en die ANC en ander se reaksie daarop sien, besef ek dat die ANC-leierskapsverkiesing hierdie jaar ’n groter prioriteit as die land se dringende probleme gaan word. Dit is kortsigtig en sleg vir Suid-Afrika. Maak gordels vas – dit kan ’n rowwe jaar word.
Einde van die pad vir vissmeer in SA
Aangesien Pioneer reeds in Desember die vervaardiging van vissmeer gestaak het, raak winkelrakke geleidelik leeg.
Boekresensie: Meer as net ’n ma
Die perfekte boek om aan ma’s of voornemende ma’s geskenk te gee. Ek het kop geskud en geknik en ook gehuil en gelag toe ek hierdie boek oor die vreugde en uitdagings van ma-wees lees
Rus begin sy veldtog op wennoot
In Novak Djokovic se afwesigheid is Daniil Medvedev een van die gunstelinge om die Australiese Ope te wen.
Derde ontsnapte gee homself oor
Drie van die ses gevangenes wat ontsnap het, is nou weer agter tralies.
‘Verkragter’-polisieman te siek vir hof
Die polisiebeampte word daarvan beskuldig dat hy glo ʼn vrou verkrag het wat sy hulp ingeroep het oor beweerde gesinsgeweld.
Uitdrukking: Geen kind of kraai hê nie
Dié uitdrukking het ‘n baie interessante maar wrede herkoms.
Polisie soek bende transitorowers by Badplaas
Die rowers het die geldwa sowat 12 km buite Badplaas, op die Barberton-pad, met ʼn Toyota Land Cruiser gestamp.
Pa wil beweerde moordenaar in die oë kyk
Andrea Venter se pa hoop om vandag ʼn brief aan haar beweerde moordenaar te oorhandig, wanneer die moordverhoor begin.
Spaanse skeihof sien troeteldiere nou as kinders
Veral kinderlose paartjies, ouer mense en dié met ʼn groot bankbalans in Suid-Afrika is geneig om oor diere te stry wanneer hulle skei.