Skoliere wat besorg was oor hul 80-jarige skoonmaker by die skool, het geld ingesamel sodat hy kan aftree.
Alles vir Maandag 27 Februarie 2023
Die Slag van Majuba
Die Eerste Vryheidsoorlog tussen Brittanje en die Transvaal het in Desember 1880 uitgebreek en op 27 Februarie 1881 met die Slag van Majuba geëindig.
‘Everything Everywhere’ maak geskiedenis by SAG-toekennings
Dit is die eerste keer in SAG-geskiedenis dat ʼn enkele fliek vier pryse verower.
Kwytskeld van beurtkrag kan netwerk finaal knak
Die uittredende hoof van Eskom, André de Ruyter, waarsku in ʼn omvattende beëdigde verklaring wat die gevolge kan wees indien ʼn hofaansoek om duisende instellings van beurtkrag kwyt te skeld, sou slaag.
Dié 12 wil gholfrekord opstel
Om die rekord op te stel, sal elkeen van die spelers 84 putjies in 12 uur moet speel.
Nuwe FAK-sangbundel op die horison
Ter viering van die FAK se eeuwording in 2029, sal ’n splinternuwe FAK-sangbundel uitgereik word.
Moegheid: Simptoom of sindroom?
Moegheid is ’n simptoom, iets wat jy ervaar en kan beskryf, en nie ’n siekte nie. CFS is egter ’n perd van ’n ander kleur. So wat is die verskil?
Lewenslank vir ‘ervare’ Opod-ondersoeker se moordenaar
Samson Mandlakayise Mahlangu (46) het op 10 Maart 2020 wakker geskrik van ’n harde geluid in die huis. Hy het ondersoek gaan instel waar hy toe deur die venster doodgeskiet is.
Wenners van die Melktertmeester-kompetisie aangewys
Baie geluk aan die twee wenners wat elkeen ‘n Melktertmeester-stel losgeslaan het.
Grace derde in LIV-kompetisie
Die Suid-Afrikaanse Stinger-gholfspan is Sondag in die pylvak van die LIV-reeks se Mexiko-toernooi na die podium getroef.
Sepiegids: Asems opgehou oor vaderskapstoets in ‘Diepe waters’
In ‘Binnelanders’ speel Tracy nie oop kaarte met Tertius nie, en in ‘Suidooster’ vind Bianca uit dat Carmen kraam en wonder hoe dit Kaashifa gaan beïnvloed.
Sewe dood in ongeluk op Loskoppad
Die ongeluk is vermoedelik deur nalatige bestuur veroorsaak.
Bejaarde dokter vas vir lewenspolisbedrog
Die versekeringsmaatskappy het ’n interne ondersoek van stapel gestuur en bevind dat die oorledene – die polishouer – inderwaarheid springlewendig is.
Die Bavuma/Conrad-era is hier
Die Proteas speel môre teen die Wes-Indiese Eilande op SuperSportpark en dit sal Temba Bavuma en Shukri Conrad se eerste toets as die Suid-Afrikaners se nuwe kaptein en afrigter wees.
Woord: smedig
“So smedig soos suiwer goud.” Ken jy die woord “smedig”?
Luister: Aletté-Johanni gesels oor sosiale etiket
“Hierdie week fokus ons op sosiale etiket. Van ongemaklike ysbrekers, toevallige geselsies tot die verwagting dat ons altyd ’n goeie eerste indruk moet skep.”
Resep: Vier Melktertdag met dié maklike melktertresepte
Vandag (27 Februarie) is nasionale Melktertdag! Vier dit saam met Maroela Media met dié vyf maklike melktertresepte.
Sigaret-smokkelary naby grenspos oopgevlek
Die sigarette is glo op die plaas versteek in afwagting om dit na verskillende bestemmings in die land te vervoer.
Eilandmanne verrinneweer Blitsbokke in LA
Suid-Afrika se sewesspan het sleg tweede teen Fidji (28–7) en Samoa (45–5 ) in die Los Angeles-toernooi gekom.
Musiekvideo: Herman Kleinhans pen afskeidsbrief aan geliefde oom
“Hy was geen gewone ou nie. Met sy liefde vir mense, talente en ywer het hy ’n kleurryke lewe gelei. Hy het ’n reusehart gehad met kamers waarin talle mense ’n tuiste kon vind.”