Ken jy die woord “druil”? Lees vandag se Taaltoffie om meer te wete te kom.
Alles vir Maandag 16 Oktober 2023
Foto’s: Haelkorrels so groot soos eiers aangemeld
Foto’s van tamaai haelkorrels wat in Gauteng, Noordwes en Mpumalanga geval het, is wyd op sosiale media gedeel.
Sepiegids: Marissa oorspeel haar hand in ‘Binnelanders’; Bianca onseker oor aanbod in ‘Arendsvlei’
In “Diepe waters” hou die gruwelhuis net gevaar vir Bybie en Meghan in, en in “Suidooster” jok Lee-Ann vir Ty oor haar vergadering.
Mening: Vlieënde Kolbe een vir die boeke
In ʼn wedstryd wat Suid-Afrika met ʼn enkele punt gewen het, was Cheslin Kolbe se dapperheid en vaardigheid om Thomas Ramos se stelskoppoging te fnuik, deurslaggewend.
Rugbywêreldbeker: Raai die telling en wen
Suid-Afrika kom op 21 Oktober 2023 te staan teen Engeland in die halfeindstryd van die Rugbywêreldbeker. Raai die telling en staan die kans om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
‘Three’s Company’-aktrise sterf
Sy sou Maandag haar 77ste verjaarsdag gevier het.
Israel wil inval, maar sommige waarsku teen ‘volksmoord’
Die Israeliese weermag wag in die stadium op die “politieke” groen lig om die noorde van Gaza in te val. Iran en Libanon se Hezbollah sê ’n inval sal met reaksie begroet word.
Uitkloprugby op sy beste
Manjifiek is een van daardie woorde wat die deursettingsvermoë en vasbyt van Siya Kolisi se span beskryf.
Koepka wen, maar Gooch lag lekkerste
Die Amerikaner Brooks Koepka het Sondag in Djedda in Saoedië-Arabië sy tweede opeenvolgende oorwinning in dié LIV-toernooi behaal.
Verslag oor raad by UK ‘vir eers vertroulik’
Die verslag is Saterdag deur die raad se vergadering uitgereik en volg op die besluit in Oktober verlede jaar om ʼn onafhanklike paneel te stig om bestuur by die UK te ondersoek.
Geluk aan die kwarteindstryd se ‘raai die telling’-wenner
‘n Gelukkige Maroela-leser wat die telling korrek geraai (of die naaste aan die eindtelling geraai het), het die kans gestaan om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
Uittog van speurders wek kommer
Die verlies van duisende bekwame speurders word vererger deur die feit dat diegene wat in die speurdiens agterbly, boonop ʼn tekort aan voertuie het.
Resep: Mini-groente-frittatas
Jou ontbyt hoef glad nie vervelig te wees nie.
Hane kloek, kla en kerm oor O’Keeffe
“Ek wil nie ʼn bitter persoon wees wat oor die skeidsregter kla bloot omdat ek die kragmeting verloor het nie, maar ek dink nie dit was op standaard nie.”
Dolfyn wat op Gqeberha-strand uitspoel, gered
Die NSRI in Gqeberha het nadat hulle die dolfyn gered het, op ’n voorval by Hobiestrand gereageer waar ’n man besig was om te verdrink.
Verbruikersake: Hoe weet jy ’n webwerf is eg
ʼn Valse webwerf kan jou baie geld kos as jy betaal vir ʼn bestelling wat nooit sal opdaag nie.
Bokke kruis swaarde met Rose in halfeindstryd
Kom ons hou duim vas dat beurtkrag Saterdag afgelas word. Die Springbokke speel immers om 21:00 teen Engeland in die Wêreldbeker-halfeindstryd op die Stade de France.
Kamma-dokter ontsnap uit aanhouding
Kingsley Leeto Chele het hom as ’n dokter of apteker voorgedoen om vroue op Facebook te bedrieg.
Nuwe regering, premier vir NS
Kiesers het Saterdag die ses jaar lange bewind van die Arbeidersregering beëindig.
Lephalale-sakeman dood in winkel gevind
Johan Kruger (65) is in ’n plas bloed en met ’n skietwond in sy droogskoonmaakwinkel in Lephalale gevind.