Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met GWM se Tank 300, spandeertyd met Suzuki se sessitplek-XL6 en gesels oor Honda se nuwe Elevate.
Alles vir Donderdag 29 Februarie 2024
SA landbou-uitvoere behaal nuwe rekord
Sitrus, mielies, appels en pere, neute, wyn, sojabone, suiker, wol, druiwe, bessies, avokado’s en vrugtesap het die uitvoerlys verreweg oorheers, ondanks talle logistieke uitdagings wat die landboubedryf bly teister.
Taalgebruik: grein
Wat maak ons met “go against the grain” in Afrikaans? Taaltoffie stel ondersoek in.
Video: Woede ná rowers Sixty60-aflewering gryp
Suid-Afrikaanse sosialemediagebruikers sien rooi nadat beeldmateriaal van hoe ʼn Checkers Sixty60-afleweraar op sy motorfiets van kruideniersware én sy selfoon beroof word, vandeesweek die lig op sosiale media gesien het.
Jenny opgewonde oor Protea-hoofstuk
“Dit is ʼn ongelooflike gevoel en ʼn groot eer om met die verantwoordelikheid toevertrou te word om die Proteas af te rig.”
Hannes se hondekind van ashoop na TV-ster
Haar verhaal herinner hom aan dié van Charlize Theron, sê hy, “eendag op die ashoop, die volgende op die stel van ʼn reeks!”
Koo-blikkie gaan boon(toe) in Game-advertensie
ʼn Blikkie Koo-boontjies het letterlik nuwe hoogtes bereik
Komediant verloor stryd teen Parkinson se siekte
“Hy was ʼn wonderlike akteur. Diep en so vrek snaaks.”
White soek Bulls op hul beste teen Stormers
Die Bulls het reeds 349 punte in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap aangeteken, maar hulle speel Saterdag teen ʼn Stormers-groep wat sy man op verdediging staan.
Skip vaar om wêreld sonder enige fossielbrandstof
Sowat 40% van die Energy Observer se energie kom van wind, 40% van sonkrag en 20% van waterstof.
Vrou word 100, maar vier vandag eers 25ste verjaarsdag
“Ek het altyd gedink ek is baie geseënd. Dit was altyd baie prettig. Ek kon my verjaarsdag vier wanneer ek wou.”
Vrou vas ná vierjarige in tas gevind is
Die vierjarige Keeya Mbulawa is op 13 Januarie bewusteloos én vasgebind in ʼn pienk tas in Soweto gevind. Sy het vier dae later gesterf.
Foto’s: Reis saam met Wouter en wen!
Wouter het gedurende die Desembervakansie weer nie stilgesit nie. Hy het die land verken en nog baie meer geleer, met Weet altyd byderhand op sy foon vir interessante brokkies inligting oor elke plek wat hy besoek.
Tshwane-metro sluit onwettige gasaanleg
Die inspeksie is gedoen in opvolging van ʼn vorige een in Desember verlede jaar nadat die metroraad ʼn klagte van ʼn bekommerde inwoner ontvang het.
Miljoene opgedok vir provinsiale rede in Vrystaat
Dit gaan die wetgewer sowat R5 miljoen kos om al die gaste te ontvang en dan moet daar glo nog vir die polisie se oortyd ook opgedok word, sê die DA.
Verbondenheid in vandag se wêreld
As verbondenheid vandag onder spanning staan, is dit omdat hierdie dieperliggende verbondenheid in die skepping ook bevraagteken word.
Massamigrasie raak arm lande ook
Alhoewel die groot en voorspoedige lande die voorkeurbestemmings is, bly ook talle migrante vashaak in die lande langs die pad – wat in vergelyking met hulle lande van herkoms steeds soos die paradys voel.
Paterson vat vyf; Bavuma uit vir nulletjie
Die Westelike Provinsie het die hef in die hand ná die eerste dag van die plaaslike rooibalkrieketreeks-eindstryd teen die Lions in Johannesburg.
Resep: Amandel-en-grondboonbotterblokkies
Hierdie versnapering is net wat jy nodig het.
Veelpartyhandves wil kragkrisis só oplos
Leiers en afgevaardigdes van die 11 partye in die VPH, insluitend die DA, VF Plus, IVP en ActionSA, het Woensdag by die Kelvin-kragstasie in Kempton Park bymekaargekom om hul voorstelle vir die oplossing van die energiekrisis bekend te maak.