Toekoms Roer, Kom Ons Toer bied ʼn hele aantal kursusse aan waar jongmense ʼn voorsmakie kan kry van wat toerisme behels.
Alles vir Maandag 4 Maart 2024
Pta FM trek nuwe baadjie aan
Pretoria FM spog van vandag (Maandag) af met ʼn splinternuwe programrooster wat daarop gemik is om ʼn goeie balans tussen nuus, aktualiteit, inligting en vermaak te bied.
Noodtoestand afgekondig ná aanval op Haïti-tronk
Teen Sondag was maar sowat 100 van die geskatte 3 800 gevangenes in die nasionale gevangenis in Port-au-Prince nog binne die fasiliteit.
Stellenbosch warm op vir internasionale klaviersimposium
Die simposium poog om die voorste klavieronderwysers en studente vir ʼn fees van lesings, openbare meestersklasse en konserte bymekaar te bring.
Ian Cameron ‘oorweldig’ deur ondersteuning oor DA-skuif
Geordin Hill-Lewis, Kaapstad se burgemeester, meen polisieminister Bheki Cele gaan slapelose nagte hê om aan Cameron as parlementslid vir die DA te dink.
Sepiegids: Sanet terug in ou vlam se arms in “Diepe waters”; Karelse help soek na Kyle in “Arendsvlei”
In “Binnelanders” sukkel Annetjie om nog ʼn teleurstelling te verwerk, en in “Suidooster” laat Tim se roekelose optrede hom in warm water beland.
Lesse van staatsbestandheid vir Hongare
Die Hongare wat as minderhede leef, het wel sekere instellings, maar baie hiervan is eintlik in staatsbesit, terwyl ander baie swakker is as dié wat deur die Afrikaners besit word.
Mosambiek aan flarde
Oor die afgelope sewe jaar is Mosambiek vasgevang in ʼn bloedige djihadistiese-opstand waarin meer as 6 000 mense gesterf het en meer as ʼn miljoen ander ontheem is.
ʼn Afspraakaand en ongevalle
En skielik, sonder waarskuwing, sak my man inmekaar op die teëlvloer tussen die kombuiskas se toonbank, waar ons lekker informeel eet, en die eetkamertafel wat teenoor die kombuis in die groot oopplanvertrek staan.
Vermeende motorkaper doodgeskiet in polisie-skietgeveg
ʼn Vermeende kaper is die naweek doodgeskiet tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie in Gauteng.
Dobson krap kop oor swak eerste helfte
“As ʼn mens na ons dissipline in die eerste halfuur kyk, kan jy tereg sê dat dit waarskynlik een van ons swakste vertonings nóg was. Ná 12 minute het ons reeds vyf strafskoppe afgestaan.”
Woord: snede
Taaltoffie ondersoek die betekenis van die woord “snede”.
Tuks hervat klasse
Traangas en rubberkoeëls is verlede week gebruik om stakende werkers op die hoofkampus uiteen te jaag nadat hulle akademiese aktiwiteite onwettig ontwrig het.
Yslike betaaldag vir Louis, Charl
Suid-Afrika se Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel was besonder in hul noppies in Saoedi-Arabië waar hulle saam tweede geëindig het en die tjek wat daarmee saamgaan vir seker ook nie te versmaai is nie.
Blitsbokke wen, maar swaai byna houtlepel
Die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan het van die bekerwenners in Dubai na die 11de plek in Los Angeles geval.
Wat skuil agter Céline se siekte?
Die 55-jarige Kanadese popster, wat haar Courage-wêreldtoer in 2023 afgelas het, ly aan Moersch-Woltman-sindroom, ook bekend as Stiff Person Syndrome of SPS.
Verbruikersake: Só word jy beskerm as produkte herroep word
Min verbruikers weet egter dat die verskaffers geen keuse het om produkte te herroep nie en dat hulle wetlik verplig is om dit volgens ʼn voorgeskrewe proses te doen. Ina Opperman het gaan kyk hoe dit werk.
Resep: Brie-en-uiemarmelade-happies
Hierdie versnapering is ideaal vir kaasliefhebbers.
Konstabel verkrag glo vrou in aanhoudingsel
ʼn Polisiekonstabel sal na verwagting Maandag in die Clanwilliam-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat hy glo ʼn vrou in aanhouding verkrag het.
Nuwe inligting oor Cele, assistent se WB-reis aan OB gegee
Die jongste dokumente wat aan die DA verskaf is, het onthul dat Cele se assistent die minister en sy vrou op hul vlug na die Charles de Gaulle-lughawe vergesel en besigheidsklas gevlieg het.