Het jy ʼn passie vir tale? Vanaf 2025 bied Akademia ʼn splinternuwe BA (Taalstudies)-program aan.
Alles vir Donderdag 14 Maart 2024
VSA aanvaar wetsontwerp wat TikTok verbied
Die wetsontwerp vereis dat TikTok afstand doen van sy Chinese bestuursmaatskappy óf uit Amerika verban word.
Groblersdal-betoging: Oudburgemeester ook in hof
ʼn Inwoner van Groblersdal in Limpopo is Woensdag in hegtenis geneem vir sy aandeel in ʼn betoging in dié dorp vroeër in die jaar.
Ford: ʼn Eeu van mense, modelle en herinneringe
Teen die tyd dat die Cortina-produksie in 1983 gestaak is, het Ford ʼn allemintige 303 000 in Suid-Afrika verkoop.
Holger skrik nie vir wedstrydpunt teen hom
“Ek het vas geglo dat ek een of ander tyd met meer ritme sou begin speel,” het Holger Rune gesê nadat hy ʼn uitstekende terugvegpoging teen Taylor Fritz van stapel gestuur het.
SAL-transaksie van meet af gedoem
“Min. Pravin Gordhan se hardnekkige aandrang om besonderhede van die transaksie geheim te hou en die Takatso-konsortium se aandrang op meer belastingbetalersgeld voordat die transaksie voltrek kon word, was duidelike rooi vlae.”
Só kweek KKNK teaterliefde by kleinspan
“Hierdie kleintjies is ons toekomstige gehore en as ons al van jongs af daardie liefde vir teater in hulle harte kan kweek, sal teater se toekoms gesond bly.”
Wind bring Henry nie van stryk
“Die Royal Cape-baan is ʼn strawwe toets wat nog moeiliker is as die wind erg waai.”
Tafelberg lok steeds miljoene ondanks kommer oor misdaad
Bykomende veiligheidsmaatreëls sal ook tydens die Paastyd in die Tafelberg Nasionale Park geld.
Brendon Daniels vind anker in familie en die Kaap
Hy het in sy grootwordjare reeds ʼn paar keer die verhoog betree, en toe al geweet daar is iets spesiaal wat in ʼn teater vir hom wag.
Luister: Wat is die verband tussen kindervoeding en ooggesondheid?
Rudine Diedericks, ʼn oogkundige by Mellins, verduidelik wanneer jy jou kind vir ʼn oogtoets moet neem en watter rooi vlaggies daar kan wees in terme van jou kind se sig.
Sewesafrigterskas word herrangskik
“Die Blitsbokke was vir baie seisoene ʼn helder lig in Suid-Afrikaanse rugby en ons wil graag weer sien dat hulle op alle suiers vuur.”
Resep: Paella
Smul aan hierdie dis saam met jou gesin.
‘Ysterlong’-man sterf op 78
Paul Alexander van Dallas, Texas, het op sesjarige ouderdom polio opgedoen wat hom van die nek af ondertoe verlam gelaat het.
Gedig: Glas
“Ek het vergeet deur glas sien mens die wêreld anders.” Lees hier Deon Meiring se gedig “Glas”.
Rooms-Katolieke priester in kerk doodgeskiet
Die 38-jarige priester is Woensdagoggend binne die kerk in Aquapark, Tzaneen, doodgeskiet.
Joslin Smith-saak: Oproerigheid by hof veroordeel
Die polisie het skokgranate en traanrook op woedende inwoners afgevuur wat Woensdag buite die landdroshof op Vredenburg betoog het.
Lauren Dickason-saak: Dís hoekom vonnisverrigtinge sloer
Dickason word sedertdien in ʼn psigiatriese eenheid in die Hillmorton-hospitaal aangehou waar sy onder waarneming is.
Gedagte vir die dag: Elke dag is nuut
Elke dag saam met God is soos ’n nuwe dag.