ʼn Seldsame algehele sonsverduistering, wat in gedeeltes van Amerika en Mexiko sal voorkom, sal Maandag in dié lande gesien kan word. Plaaslik sal Suid-Afrikaners dit ongelukkig aanlyn moet volg.
Alles vir Maandag 8 April 2024
Dís rede vir minder beurtkrag, sê kenner
Chris Yelland sê daar is rede tot optimisme.
Wes-Kaap steeds op hoë gereedheidsgrondslag
Groot skade is reeds aangemeld in verskeie gebiede oor die Wes-Kaap te midde van stormsterk wind en reënval. Kaapstad se ramprisikobestuursentrum het Maandag weer vergader oor die stad se reaksie op die gure weer.
Cope: ‘Ons sal ons mense oplei, bewapen’
Mosiuoa Lekota, Cope se leier, sê misdaad in die land is buite beheer en dat die jeug opgelei moet word om die land te verdedig – veral teen bedreigings van “buite”.
Gaza: Wêreld kan nie sê hy het ‘nie geweet’ – Ramaphosa
“Die aanvang van 24-uur-nuuskanale, die vermeerdering van sosiale en gemeenskapsmedia en die spoed waarteen inligting in die digitale era versprei word, maak dit byna onmoontlik vir grootskaalse wandade om in die geheim gepleeg te word,” skryf pres. Cyril Ramaphosa oor die voortslepende geweld in Gaza.
Grimering terwyl jy oefen? Velkenners sê aikôna!
Hoewel die meeste vroue daagliks probeer om hul beste voorkomsvoetjie voor te sit, is die gimnasium die een plek waar velsorgkenners meen grimering nie welkom behoort te wees nie.
Sepiegids: Keerpunt staar Gys in die gesig in ‘Diepe waters’; Rachel deel nuus oor Desmond in ‘Arendsvlei’
In “Binnelanders” vra Delia vir Liam se hulp om vir Dawid vas te trek en in “Suidooster” vra Aiden vir Danni uit, maar Siya wil met haar versoen.
Die week in foto’s
Kyk saam na dié week se nuusgebeure in foto’s.
Duitsland voor hof oor steun aan Israel
Duitsland word in die Verenigde Nasies (VN) se hoogste hof daarvan beskuldig dat hy met sy voortgesette militêre en politieke steun aan Israel wesenlik “die pleging van volksmoord” in Gaza help fasiliteer.
Twee vas oor duisende rande se onwettige sigarette
ʼn Buitelandse paartjie is in Sasolburg aangekeer ná die polisie hulle glo in besit van onwettige sigarette betrap het.
Burmester nou een van SA se blinkste diamante
“Ek speel dalk die beste nog in my loopbaan. Die aantal oorwinnings, die toptien-plekke, die topvyf-plekke, dit is werklik iets spesiaals,” het Dean Burmester ná sy oorwinning gesê.
Stubbs slaan sewe sesse
Tristan Stubbs het sy behendigheid met die wilgerlat onderstreep toe hy 71 onoorwonne lopies van slegs 25 aflewerings vir die Delhi Capitals gemoker het.
Romerige hoender-en-spek-toevoupakkie
Smul aan dié romerige en vinnige dis.
Lig flikker aan einde van tonnel vir Blitsbokke
“Ons het ʼn bietjie positiewe momentum opgebou en nou moet ons weer begin glo dat ons in halfeindstryde kan speel. Terselfdertyd is dit ook goed om die glimlagte op die spelers se gesigte te sien.”
Meer as 90 dood toe boot aan Mosambiekse kus sink
Die meeste passasiers het glo op die boot geklim in ʼn poging om van die vasteland weg te kom weens vrese wat veroorsaak is deur waninligting oor cholera.
Mashatile se waterplan: Solidariteit, AfriForum ‘sal help, mits …’
Adj.pres. Paul Mashatile het in ʼn onderhoud met Sunday Times gesê die regering wil na boere, die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum uitreik vir hulp ten einde ʼn volskaalse waterkrisis in die land te voorkom.
JMPD-beampte doodgeskiet ná sy glo op polisie skiet
ʼn Beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is deur polisielede doodgeskiet nadat sy glo op hulle losgebrand het toe hulle haar seun in hegtenis wou neem.
Kaap weer Hollands met nuwe Akademia-kampus
Die private hoëronderwysinstelling Akademia gaan binne die volgende twee jaar ʼn voltydse kampus in die Wes-Kaap bekend stel.
30 jaar later: regering faal, gemeenskapsfeer floreer
Die agteruitgang in die land van die afgelope 30 jaar maak baie mense moedeloos. Veral mense wat nog glo hulle toekoms hang van die regering af.
Gedagte vir die dag: Die hede en verlede
As ʼn volgeling van Jesus wil ek niemand meer beïndruk nie, maar indrukwekkende verhale van God deel.