Die gaste se ontbyt was onaangeraak en dit het die hoteliers ʼn aanduiding gegee dat alles nie pluis is nie.
Alles deur die skrywer AFP
EU-lidlande keur Brexit-handelsooreenkoms goed
Ambassadeurs van die EU het in Brussel vergader om die laaste goedkeuring vir die ooreenkoms te gee.
Gemaskerde, gedempte Spele oorheers 2021 se volgepakte sportkalender
Hoewel die Spele steeds die 2020 Olimpiese Spele sal heet, het Covid-19 verder alles verander.
Spanje verdeeld oor vierdag-werksweek
Spanje se koalisieregering is verdeeld oor ʼn voorstel om die werksweek na vier dae te verminder om hoë werkloosheid te takel wat deur die koronavirus-pandemie veroorsaak is.
Vier sterf in helikopterongeluk in Pakistan
Vier soldate, insluitend die twee vlieëniers, is oorlede.
Sewe sterf in brand by hospitaal
Minstens sewe Covid-19-pasiënte is Saterdag dood toe ʼn brand by ʼn hospitaal in Kaïro, Egipte, uitgebreek het.
Brittanje, EU maak post-Brexit-ooreenkoms bekend
Brittanje en die Europese Unie het Saterdag die volledige teks van die post-Brexit-handelsooreenkoms gepubliseer wat die vennootskap uiteensit wanneer die Verenigde Koninkryk die blok oor vyf dae verlaat.
Proteas bal vuis teen rassisme
Die Suid-Afrikaanse krieketspan het Saterdag voor die aanvang van hul toets teen Sri Lanka by SuperSport Park in Centurion met hul vuiste om hoog gestaan, ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging.
Covid-19: EU begin om entstof te ontplooi
Inentings sal Sondag in al 27 lande in die Europese Unie begin.
Britse dubbelagent sterf op 98
George Blake, ʼn berugte spioen in Britse intelligensie wat tydens die 1950’s vir die Soewjet-KGB spioeneer het voor hy oor die Ystergordyn gevlug het, is in die ouderdom van 98 oorlede.
Minstens 26 dood toe boot in Uganda omslaan
Minstens 26 persone is dood toe hul boot omgeslaan het op Albertmeer, ‘n varswatermeer in Sentraal-Afrika wat die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo vorm.
Ouers begenadig ná vreemde ‘ballon-seun’-poets
Staatsaanklaers het die egpaar daarvan beskuldig dat hulle die publisiteit wou gebruik om in ʼn realiteitstelevisiereeks te verskyn.
Covid-19: Meer as 25 miljoen gevalle in Europa
Meer as 25 miljoen Covid-19-gevalle is amptelik in Europa bevestig, aldus ʼn AFP-opname gebaseer op amptelike gesondheidstatistieke.
Michael Jackson se Neverland aan miljardêr verkoop
Michael Jackson se voormalige Neverland Ranch in Kalifornië is “teen ‘n groot winskoop” aan ‘n Amerikaanse miljardêr verkoop.
Aristokraat-model sterf onverwags
Stella Tennant se familie is in rou gedompel ná haar onverwagse afsterwe.
Brittanje, nog lande sluit hul grense vir SA
Talle lande het reeds vlugte van Suid-Afrika af opgeskort.
Franse polisiebeamptes doodgeskiet toe hulle op klag reageer
Die gewapende man het eers een beampte doodgeskiet en ʼn ander een gewond voordat hy die huis aan die brand gesteek het.
Covid-19: Lande begin ook hul grense vir SA sluit
Duitsland is een van verskeie lande wat nou reisigers vanaf Suid-Afrika verbied nadat ’n nuwe variant van die koronavirus ook hier kop uitgesteek het.
Span sal sonder ‘Chinese toesig’ koronavirus-oorsprong ondersoek – WGO
Die WGO werk al maande lank daaraan om ’n span van tien internasionale kundiges, onder wie epidemioloë en spesialiste vir dieregesondheid, na China te stuur.
Covid-19: Dié lande verbied nou reis vanaf VK weens nuwe variant
Dit volg nadat ’n meer aansteeklike variant van die koronavirus in die Verenigde Koninkryk uitgebreek en sedertdien “buite beheer” versprei het.