“…Kersvader begin nou so te wriemel dat die wit kussing wat om sy maag gebind is voor by sy baadjie begin uitpeul…”
Alles deur die skrywer Chris Chameleon
Chris Chameleon: Nagedagtenis
Wys vir my betyds die sluier as hy van agter kom…
Chris Chameleon: Die groot noodgeval
Ek spring op, dadelik en volkome voorbereid op die ergste en oorgehaal vir die felste. Ek beweeg vinnig in die rigting van die voorkamer vanwaar die kreet gekom het …
Chris Chameleon: Engele met sterte
Die verkeerslig word groen en met die wegtrek voel ek spoeg teen my arm en nek spat. My beminde kry ook ʼn paar spatsels…
Chris Chameleon: Kenny G en die stix
Vanuit die kerk is ons na ʼn vlooimark toe. “Wat is nou so danig lewensveranderend aan ʼn vlooimark?” wou ek in my beste Engels weet. “Stix, Mr Chris. Stix.”
Chris Chameleon: ʼn Plan vir ʼn vriendeliker Suid-Afrika
Hoera! Ek weet skielik wat ek kan doen om Suid-Afrika ʼn vriendeliker, minder haatlike plek te maak waar mense soos op televisiereklame vir mekaar glimlag in broederlike gemoedelikheid! skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die verlede, genade en vrede
Om beter, verder in die verlede in te kan kyk, sit ek my verledensbril op, want die bril waarmee ʼn mens na die verlede kyk, is ʼn wonderlike ding, skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die lowerreuse van 5de Laan
Ek onthou hoe hierdie boom en daardie boom eens gelyk het, en hoe hulle nou deur die son en reëns van jare lyf gekry het, uitgedik en uitgestyg het tot lieflike lowerreuse … skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Gert se voete en ʼn kyk in die oë
Gert is ʼn aangename kêrel. Sy op-die-oog-af saai werkslewe as bankier in Rotterdam het skynbaar weinig invloed op sy interessantheid as mens…
Chris Chameleon: Wanneer ongewone nuus gewoon word
… met die wete dat ʼn week se agterstalligheid tydens die komende week se dolle vaart addisionele druk gaan wek, word die fone een vir een aangeskakel. Data stroom na ons palms, nuus van oral bereik ons en die werklikheid van die alledaagse gryp ons aan die kraag en sleep ons uit ons idilliese droomwêreld.
Chris Chameleon: Sou jy wou bid?
“Zou je willen bidden?” kom die hoflike vraag van ons gasheer en vriend, hier waar ons aansit vir ete in Nederland … skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Eelte
My voete was hard. Wanneer ek naweke huis toe gekom het, het ek die stad verken in my kaalvoete. Die enigste ongemak was, af en toe, op ʼn versengende somermiddag, ʼn vuurwarm beton- of teerblad, skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die kruis van vriendskap
Reeds voor ek die e-pos oopgemaak het, het ʼn krieweling in my krop begin. Mens weet dit soms net, hier kom ʼn ding en ʼn goeie ding gaan dit nie wees nie … skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die uitgekontrakteerde liefde
My gedagtes gaan na die uitgekontrakteerde liefde wat al deel van ons lewensstyl geword het. Ons kontrakteer die liefde vir ons tuine uit, die liefde vir ons huise. Ons kontrakteer die liefde vir ons skoon linne uit, die liefde vir ons skoon karre… skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die kanniedood en die liefde
Dis ʼn nuwe gevoel, ʼn gevoel van deernis vir hierdie kruidjie en sy soort waarteen ek my lewe lank geveg het. ʼn Gevoel van bewondering vir hul kanniedood strewe, die skoonheid wat ook in hulle blommetjies delikaat en skugter gedy.
Chris Chameleon: Hoe môre oor gister sal voel
Die lewe is ook nie maklik vir diegene van my vriende wat nou, tien maande na die verkiesing, nog steeds by ons erfenisdagbraaie gal braak oor die huidige Amerikaanse president nie, skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die Duifdogtertjie
In die afwesigheid van my eie kinders is ek geneig om my te wend tot ʼn wye verskeidenheid skepseltjies wat aan die uiting van behoefte tot vaderlikheid kan voldoen: ander mense se kinders, honde, my groentetuin, my beeste en ja, selfs my liede, waarvan laasgenoemde gereeld en getrou volgens die Genesis-banvloekbelofte ‘in pyn en leed’ verwek word. En voëls, skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die Mes deel III
“Agter sy oë vonkel die verhaal van sy eie vermoedens oor die lot van daardie mes…” skryf Chris Chameleon.
Chris Chameleon: Die Mes deel II
“Die mes het my bly koggel, elke keer wanneer ek my laai oopgetrek het. Hy het later ʼn plek heel agter, buite sig, in die laai gevind en nog later, toe ek dit nie meer kon verdra nie, het ek hom êrens doelbewus verloor.” Lees Chris Chameleon se rubriek.
Chris Chameleon: Die mes
“En so drentel ek toe eenmaal by die tannie se seun se kamer in. Hy het ook ʼn “onderste laai” gehad soos ek, ʼn laai vol los en interessante dingetjies; seunsgoed…” Lees Chris Chameleon se rubriek.