As eerste mis-daad (so gespel, want ek onderskei hier tussen die wet en die waarde) noem ek dit wat vir my onlangs van groot belang geword het, met my toetrede tot enorme, dog eksklusiewe kliek van ouerskap.
Lees meerAlles deur die skrywer Chris Chameleon
Chris Chameleon: Pornografie onder die vergrootglas
Hierdie bedryf toon egter struktureel en organisatories meer ooreenkomste met misdaadkartels as met kuns, sport en vermaak.
Chris Chameleon: Kuns vir wins
Daar is nog slegte nuus: Daar is geen resep nie. As daar was, sou die skrywer van daardie resep die resep self kon verkoop vir meer geld as wat daar ooit uit enige toepassing van die resep verdien kan word.
Chris Chameleon: Wanneer die weggooikind van die Weste sy ouers weggooi
Die Weste het sag geword. Nie sag soos ʼn goeie koedoerugstring nie, maar sag soos ʼn tweede pouse Sandwich Spread-toebroodjie wat gisteraand reeds in die kosblik gepak is.
Chris Chameleon: Die etiket van gebed
Dit sou eers weer in 2017 wees dat my wortels my stam sodanig kon uitstoot dat ek bo die oerwoud van my omstandighede kon uitrys en myself weer gemaklik kon vind in my geloofslewe. Nou vang ek in ʼn sekulêre wêreld “vreemde” dinge aan soos om te bid voor etes in restaurante.
Chris Chameleon: Daar is baie dinge wat ek vir my kinders wil leer
Die uitdaging word met hoeveel uitnemendheid jy hierdie mensie van jou kan kweek in die gedaante van ʼn liefdevolle, meelewende, geïnteresseerde, entoesiastiese, billike, beleefde, beskaafde persoon.
Chris Chameleon: Die skynbare kompleksiteit van menswees
Die sondeval het vir ons sweet in ons aanskyn, moeite met geboorte en allerlei listigheid op ons hakke verseker. Ons sukkel om na die opkomende son te staar sonder vrae, sonder om in gister te talm of aan môre te tas.
Chris Chameleon: Die onafwendbare verbygang
Tyd is, bly, ʼn magtige, voortslepende, meesleurende onafwendbaarheid wat ons nooit kan tem nie. En dan is die beste tydvertraer nie grimering, plastiek-tieties, groen sap of vyftig opstote nie.
Chris Chameleon: Die onsigbare leed van Klara Majola en Racheltjie de Beer
Die gevoel wat ek vir hierdie kinders gehad het, was ʼn dieper leed as wat ek kon begryp, en dit sou dekades duur voor ek dit uiteindelik kon uitpluis.
Waarheid anderkant die reënboog
Dit was weer Junie en vrolike reënboogkleure het gepryk in winkels, aanlyn, op klerasie en elders. Dit was ook weer Junie en die aanlyn oorloë, ʼn deurlopende stryd, het weer verskerp.
Chris Chameleon: Die uitkontraktering van emosionele skuld
ʼn Meer bekende voorbeeld is waar ouers vanweë hul professionele spesialisasie die emosionele skuld, voortspruitend uit ʼn gebrek aan teenwoordigheid in hulle kinders se lewens, uitkontrakteer aan vermaaklikheidsdienste en versorgers.
Chris Chameleon: Die verwesenliking van manlikheid
Dat die son in die ooste opkom en in die weste sak, was ʼn gegewe toe ek ʼn tjokkertjie was. So was dit ook die geval met die verskil tussen man en vrou.
Chris Chameleon: Saam sing voor die duurste viool
In ʼn heelal, nie ver van hier nie, het al die viole op die planeet Hiër eendag skielik opgeraak. Daar was nêrens ʼn enkele viool te bespeur nie.
Kuns in gemeenskap
Die doel van hierdie opstel is om die saak te stel dat kulturele uitnemendheid in die Westerse beskawing in vele gevalle gestagneer het en in sekere gevalle regresseer het.
Chris Chameleon: Die onmeetbare waarde van skottelgoedwater
Ofskoon ek nie aan ʼn skottel vir kook raak nie (kosmaak is glad nie my ding nie) sal ek daardie skottel was dat hy soos ʼn sikspens blink.
Chris Chameleon: Sweef soos ‘n kunstenaar bo die werklikheid
Daar is ʼn goeie dosis praktiese werklikheid wat jy tussen die swewende mens se verbeelding en die liggaam wat hierdie verbeelding huisves moet inprop om die onafwendbare verplettering te fnuik.
Chris Chameleon: (Ont)hougoed in ʼn weggooiwêreld
In ʼn wêreld waarin ons alles weggooi, vinnig vervang, in ʼn wêreld van die nie-blywende, vind ek waarde in die onderhoud van langtermyn-verhoudings.
Chris Chameleon: Die littekens van my mense se diaspora
Die beloofde land het sy beloftes gebreek, die paradys het verdor en die nuwe ryk het verbrokkel.
Chris Chameleon: Die waarde van spaar
Ek was ʼn kranige spaarder. My stiefoupa het elke jaar vir my op my verjaardag vanuit die Kaap eers ʼn blou R2-noot per pos gestuur, wat later ʼn pers R5-noot geword het en as ek reg onthou, het hy voor sy dood nog ʼn keer of wat ʼn groen tien gestuur.
Chris Chameleon: Goed gebek
“Ek was in ʼn hele paar vuisgevegte in my lewe, maar daardie letsels het almal goed herstel. Die geweld van woorde woed egter nou steeds af en toe in die wonde en ou letsels in my hart.”