Swart Vrydag is nog meer as ’n week ver, maar ons word reeds gebombardeer met spesiale aanbiedings van winkels. Ina Opperman verduidelik hoe jy die beste uit Swart Vrydag kan kry en waarvoor jy moet ligloop.
Brandvlei, ʼn Boere-Portugees en ’n joolblad
Ja, as jy jou ore en jou oë oophou, vind jy altyd storiemateriaal, skryf Pierre Massyn.
Gou-gou Londen toe en terug
En toe die eerste wit kranse van die Engelse strande begin wys, kry ek trane in my oë. As jy niks verwag het van jou eerste indrukke van Engeland nie, en jy sien skielik Dover Beach se wit kranse in die dag se eerste sonligstrale, dan is dit die mooiste ding wat jy nog ooit gesien het.
Die taal van ons geloofsverhaal
Afrikaans het ʼn oorvloed uitdrukkings wat met die kerk te doen het. As iemand jou vra of jy in die kerk gebore is, moet jy ʼn deur agter jou toemaak. En as mense sê dat jy gereeld met die vierde gelui in die kerk kom, is jy waarskynlik altyd laat, want die derde gelui is die laaste.
Chris Chameleon: In ʼn oomblik …
Sy het die knoppies meesterlik gedraai en soos ʼn ervare vlieënier in ʼn ingewikkelde stuurkajuit die druk, die hoogte en die versnelling klinies gereguleer. Ek was weerloos teen hierdie aanslag.
‘FroueVonds’: My reis na ’n mooier ek
Indien jy identifiseer met hierdie gevoel van te min wees as vrou, wil ek graag vir jou hoop bring terwyl jy hier lees. Jy is genoeg, vriendin! Jy kwalifiseer met vlieënde vaandels! Daar is reeds lank voor jou geboorte wonderlike goddelike sade in jou geplant. Sade wat bestem is vir groot en mooi dinge op jou lewensreis.
Om die vreugde van sorgeloosheid in jou kleinkind te sien
Hoe sê ‘n mens dankie vir kinder- en kleinkindervreugde en só baie om te onthou…
Die Wêreldbeker en ons omvattende identiteit
Mag ons identiteit as Springbokondersteuners vir ewig as deel van ons nasie se kultuur en lewensdoelgerigtheid bly bestaan.
Verbruikersake: Oppas as jy self jou nuwe TV huis toe neem
Jy het uiteindelik ’n nuwe televisiestel gekoop en jy is so opgewonde dat jy sommer die winkel se aanbod om dit af te lewer, van die hand wys en dit gou agter op die bakkie laai. Maar… tuis kom jy agter die skerm is gekraak! En die winkel weier om dit om te ruil omdat hulle dit nie afgelewer het nie. Wat nou?
Die huwelik verg dapperheid
Staan jy binnekort op trou? Weet jy werklik hóé groot is die besluit wat jy gaan neem? As jy die bewerasies het, goed so. Want trou verg dapperheid. En om getroud te bly, selfs méér dapperheid…
‘FroueVonds’: ‘Ek het jou op jou naam geroep’
Liewe meisie, vrou, ma, tannie, ouma… uiteindelik maak dit nie saak waar jy vandaan kom, wat jy verloor het of watter naam jy het nie. Ál wat van belang is, is dat jy jóú naam voortaan met trots sal dra. Dit moet jy wees in alles wat jy dink, doen, hoop en glo.
Huur ’n skare vir ‘spontane betogings’
Ek dog dan die Westerse demokrasie gee mense juis die kans om te kies, of beteken dit dat ʼn mens jou tot geweld kan wend as jy nie tevrede is nie?
William Webb Ellis en die Bokke
En toe, vyf minute voor die einde, kon die graveerder die onvermydelike nie langer uitstel nie. Met sy staalgriffel begin hy aan die goue beker krap. Miljoene oë kan die woorde SOUTH AFRICA daarop uitmaak. Hy kon netsowel ’n halfuur vantevore begin griffel het, want die manne in hul bottelgroen truie het die Rose stelselmatig páp gespeel.
‘FroueVonds’: Hoe gemaak as die wêreld my kind seermaak?
Susan Lombaard, uitvoerende hoof van Maroela Media en ma van twee, vertel in die rubriek wat om te doen as teleurstelling aan jou deur kom klop.
Wie se droogte is dit?
“Ek weet ons kort reën, maar dié week het ek besef ons kort meer as reën…”
Twee onvergeetlike ontmoetings 120 jaar ná die ABO
‘n Tenger Engelse vroutjie en ‘n forse Nederlandse heer het my Boerehart raakgesien en nie weggekyk nie.
‘FroueVonds’: Die seisoene van vrouwees
Vrouwees het verskillende seisoene. My seisoen definieer my vrouwees. Ek is nou ’n enkelmamma en ek verloor myself dikwels in my seisoen. Ek leer so baie van myself, hoe sterk ek as vrou kan wees.
Chris Chameleon: Die gewag op reën
Mens merk in die boere om ons dat daar harde bene gekou word. Dapper glimlagte veg teen die stryd om nie as grynse te vergestalt nie …
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansieplanne draai reg uit
Dis al amper die einde van die skooljaar en vir baie (gelukkige) verbruikers beteken dit tyd om uit te span en die spanning van die afgelope jaar af te skud. Ina Opperman het gaan kyk wat jou regte as verbruiker is wanneer jy vakansieplek en vervoer bespreek.
Ek wens ek het geweet …
Ek wens iemand het my hierdie dinge vertel. Tog dink ek nie ek sou verstaan het nie.