ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op vier mense.
Drie beseer in helikopter-ongeluk
Drie mense is beseer nadat ʼn helikopter Vrydagoggend in Limpopo neergestort het.
Bejaardes by sorgsentrum beroof
“Die verdagtes was gewapen met ʼn mes en ʼn skroewedraaier en het die opsigter oorweldig toe sy hulle probeer keer het.”
Johann Botha: Beskuldigdes in hof
Die drie is glo op kringtelevisiebeeldmateriaal betrap waar hulle die misdaad pleeg en met ʼn groot hoeveelheid geld van die toneel vlug.
Skoolhoof in hof oor aanranding
Die voormalige skoolhoof word daarvan beskuldig dat hy ʼn leerder, wat intussen oorlede is, aangerand het.
Kleinhoewe-‘martelaars’ dalk skotvry
Ses mans wat daarvan aangekla word dat hulle Floris Johannes Kruger (60) op ʼn kleinhoewe gemartel en vermoor het, mag dalk binnekort skotvry wees.
Ma en dae oue baba sterf saam
Twee ander ma’s en hul babas asook ʼn tienermeisie is ook ernstig beseer tydens die voorval.
Clanwilliam-blommeskou gekanselleer weens droogte
“Ons het nie genoeg blomme om ʼn goeie vertoning vir die skou saam te stel nie”
10111-staking draai in arbeidshof
Die polisiebestuur gaan Vrydag die arbeidshof nader om onwettige optrede deur stakende 10111-operateurs te verhoed.
Ramaphosa nie welkom by Marikana-herdenking
Adj.pres. Cyril Ramaphosa is nie welkom om die vyfde herdenking van die Marikana-slagting by te woon nie.
Jong vrou twee keer in kop geskiet
Die polisie in Welkom het ʼn beroep op inwoners gedoen om hulle by te staan nadat ʼn jong vrou se liggaam onder ʼn boom in die dorp gevind is.
Gemeenskap saai chaos toe polisie nie verdagte wil vrylaat
Die oomblik toe die gemeenskap agterkom die verdagte is nie meer op die toneel nie het hulle gewelddadig geraak en polisievoertuie en -beamptes met klippe begin bestook.
Nuuskommentaar: Stadig, Maimane, moenie nou hand oorspeel
Opposisiepartye in Suid-Afrika het nou die geleentheid om, danksy pres. Jacob Zuma se voete van klei, ver bo hul gewigsklas te kan boks.
Twee sterf in Pta toe motorfiets voetganger tref
Twee mans is Vrydagoggend dood toe ʼn motorfiets ʼn voetganger in Centurion getref het.
Leeus in Vaalwater gestroop
Die Vaalwater-polisie in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat leeus vir hul liggaamsdele gestroop het.
Seun (11) uit voertuig geslinger
ʼn Seun (11) is in ʼn kritieke toestand ná hy uit ʼn motor geslinger is tydens ʼn ongeluk.
Dié is die bankrekening vir jou
“Banke kan ook nie toelaat dat die gaping tussen die bondelrekening wat aan middelinkomstegroepe bemark word en die goedkoper rekeninge te groot word nie, anders loop hulle die risiko dat kliënte na die goedkoper opsies sal oorskuif of eenvoudig na mededingers sal oorskakel.”
Stephen McGown: ‘Ek haat nie my ontvoerders nie’
“Ses jaar is ʼn lang tyd. Baie het verander. Ek wil nie ʼn wrok koester nie.”
Hof sê oor pedofiel se borgtog
Andries Petrus Retief (37) wat tot tien jaar tronkstraf gevonnis is nadat hy op 2 130 seksuele aanklagte skuld erken het, het ʼn dringende aansoek gebring om op borgtog vrygelaat te word.
Seun 33 keer met mes gesteek: ‘Dit affekteer ons almal’
Byna ʼn maand nadat ʼn 12-jarige seun van Goodwood in Kaapstad in ʼn park naby sy huis aangeval en 33 keer met ʼn mes gesteek is, sukkel hy en sy familie steeds om dié traumatiese voorval te verwerk.