ʼn Pastoor wat sy gemeentelede glo beveel het om onder meer rotte, slange en hare te eet, het die handves van menseregte oortree volgens die kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van godsdienstige en linguistiese gemeenskappe.
Man vas vir metrobeampte se moord
ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem vir die moord op Nicholas Diameen Robson, ʼn metropolisiebeampte, wat twee weke gelede dertien keer buite sy huis geskiet is.
Turkye vaar uit teen VSA oor steun aan Koerde
Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het die VSA gekritiseer vir sy hulp aan Koerdiese groepe in die huidige burgeroorlog in Sirië.
Parys-moorde: Polisiekaptein kry borgtog
Die polisiekaptein wat in verband met die dood van twee vermeende plaasaanvallers in Parys in hegtenis geneem is, is Donderdag op borgtog vrygelaat.
[Foto’s] Slaap in Van Gogh se ‘skildery’
Jy kan nou oop AirBnB plek bespreek om in ʼn replika van Vincent van Gogh se bekende slaapkamerskildery te slaap.
Name bekend van twee wat in motor sterf
Die Limpopo-polisie het Donderdag die name bekend gemaak van die man en vrou wat Woensdag dood in ʼn motor in ʼn parkeergebied in Polokwane gevind is.
Swartgesig-herrie: Studente kry regshulp
Die twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat geskors is weens die beweerde “blackface”-geval by dié instansie, het regshulp gekry.
Man vertel van trauma ná plaasaanval
ʼn Gesin van die Paarl is te bang om terug te keer na die plaas waar hulle woon nadat hulle die jongste slagoffers was van ʼn reeks plaasaanvalle in die gebied.
Ikeys verwerp haatspraak-hemp
Die Universiteit Kaapstad (UK) het Donderdag gesê hy veroordeel enige uitdrukking van rassisme of haatspraak ten sterkste.
Nuuskommentaar: Zuma, plaasaanvalle en die verkleurmannetjies
Dinge op die politieke terrein is nou so deurmekaar soos ’n verkleurmannetjie op ’n Smartieboks (pers Smarties ingesluit). Op die vooraand van die staatsrede verklaar die ANC se ringkoppe ewe pikant dat die Nkandla-kwessie ’n regeringskwessie is, en nie ’n ANC-kwessie nie. Hulle kan net sowel die publiek oortuig hoenders het gevaarlike slagtande, en met stadsjapie-onkunde waarskynlik nog daarmee wegkom ook.
Highveld Steel-werkers sonder salarisse huis toe gestuur
Werknemers van Highveld Steel is Woensdag glo huis toe gestuur omdat die maatskappy na bewering nie hul salarisse kan betaal nie.
Een dood, drie beseer in Brits-skietery
ʼn Man is dood en nog drie gewond toe hulle Dinsdag by ʼn sakeperseel in Brits in Noordwes geskiet is.
Nog ʼn verdagte vas oor ‘Parys-plaasaanvallers’ se dood
Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die dood van twee vermeende plaasaanvallers wat verlede maand deur ʼn groep boere in Parys vasgetrek is.
Man sterf toe trekker rol
ʼn Man is aan die KwaZulu-Natalse Suidkus dood toe die trekker waarop hy gery het teen ʼn helling afgerol het.
Motorfietsryer sterf in gru-botsing
‘n 19-jarige man is dood toe hy met sy motorfiets onder ʼn bus beland het in Centurion.
Moordenaar vra slagoffer se ma om sy weergawe te glo
Die voormalige radio-omroeper wat skuldig bevind is aan die moord op sy vriendin, het haar ma gesmeek om sy verduideliking te glo dat hy nie ʼn gewelddadige man is en nie die bedoeling gehad het om haar te vermoor nie.
‘Zuma moet SA se vertroue terugwen’
Pres. Jacob Zuma moet sy staatsrede gebruik om die vertroue van Suid-Afrikaners terug te wen, het ʼn senior politieke ontleder gesê.
Minister van geluk aangestel
Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) het departemente van geluk en verdraagsaamheid aangekondig.
Prokureur steel glo miljoene by POF
ʼn Voormalige prokureur wat in eise teen die Padongelukkefonds (POF) gespesialiseer het, het Woensdag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Bellville verskyn.
Man, vrou dood in motor gevind
Die liggame van ʼn man en ʼn vrou is in ʼn motor in Polokwane, Limpopo, gevind.