Die parlement het intussen ook op die berigte reageer.
‘Transitorower’ werk glo vir ANC
Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het Woensdag onthul dat ʼn verdagte wat onlangs in verband met ʼn transitorooftog in hegtenis geneem is, glo by die ANC se hoofkantoor in dié stad werk.
Vrou ná verloofde se skietdood: ‘Ek wil nie hê dít moet my storie wees’
Op 4 Januarie 2017 het Donett Havenga se lewe handomkeer verander toe haar verloofde koelbloedig doodgeskiet is. Vandag is sy ʼn sterker vrou op haar pad na genesing, met ʼn onblusbare waardering vir die lewe en ʼn aangrypende storie om te vertel.
MRK en Gretha Wiid skik ná uitsprake oor gays
Die Menseregtekommissie het 77 klagtes rakende Gretha Wiid se uitlatings ontvang.
Passasier se ysingwekkende video van Pta-vliegramp
ʼn Ysingwekkende video het aan die lig gekom van verlede week se noodlottige vliegtuigongeluk in die noorde van Pretoria.
Pta-Oos-kragkrisis: Toevoer in fases aangeskakel
Tegnici van die Tshwane-metro het Dinsdagaand weer begin om die kragtoevoer na dele van die ooste van Pretoria stelselmatig aan te skakel.
Man in motor doodgeskiet
Die voorval het op die hoek van Malibongwe- en Pres. Fouchérylaan in Olivedale, Randburg plaasgevind.
Verdagte vas ná moord by kliniek
ʼn 23-jarige pa is voor ander pasiënte by die kliniek doodgeskiet.
Onteiening sonder vergoeding: Openbare verhore in KZN
Openbare verhore of grondonteiening sonder vergoeding moet voortgaan, begin Woensdag in KwaZulu-Natal.
Uitspraak oor skoolinfrastruktuur uitgestel
Uitspraak in Equal Education se saak teen die minister van basiese onderwys oor die norme en standaarde vir skoolinfrastuktuur, is Dinsdag in die hooggeregshof in Bhisho in die Oos-Kaap uitgestel.
Publiek se hulp gevra drie jaar ná man in Houtbaai sterf
Die provinsiale speurspan van die polisie in die Wes-Kaap het die publiek se hulp gevra vir inligting ná ʼn man se liggaam in 2015 by Sandy Bay naby Houtbaai gevind is.
Dié Vrystaat-munisipaliteite binnekort sonder elektrisiteit
“Die munisipaliteite het nie hul betalingsooreenkomste nagekom nie en Eskom het dus geen ander opsie as om kragtoevoer te onderbreek nie.”
Uitslag van Gauteng-skoolplasings dan beskikbaar
Die departement van onderwys in Gauteng het bekend gemaak wanneer ouers, wat tydens die aansoekperiode (16 April 2018 – 28 Mei 2018) aansoek gedoen het vir hul kinders wat volgende jaar in graad 1 of graad 8 is, inligting oor die plasing sal ontvang.
Transnet-pensioenarisse: Hoë sterftesyfer wys ʼn skikking is nou broodnodig
Byna 21 000 pensioenarisse en hul gades het reeds in haglike omstandighede in die laaste 60 maande sedert die geding ʼn aanvang geneem het, gesterf.
Life Esidimeni: DA doen dié stappe om geld te verhaal
“Ons dring aan dat Mahlangu en ander senior beamptes direk betaal vir hul opsetlike kriminaliteit wat tot die enorme lyding van kwesbare persone en 144 sterftes gelei het.”
Pta-Oos-kragkrisis: Kabeldiefstal kniehalter herstelwerk
Tussen kabeldiefstal en tegniese probleme spook tegnici van die Tshwane-metro om volle kragtoevoer te herstel na gedeeltes in die ooste van die stad.
Reusestaking in klerebedryf sluimer
Die huidige situasie hou in dat 60 000 werkers in die klerebedryf moontlik op ʼn loonstaking kan gaan.
Twee beseer toe werker waterpyp raaksteek
“Die werker is deur die waterstroom agteroor geslinger en het ’n ent verder te lande gekom,” het ʼn woordvoerder van die nooddienste gesê.
Marlize se breinoperasie ʼn sukses: ‘Ons dank die Here daarvoor’
“Sy sê ook vir my sy weet wie haar gesond gemaak het en dat sy deurentyd met die Here gepraat het. Sy weet haar genesing kom van Hom af.”
Groep vriende deur gewapende mans in huis oorval
Volgens die polisie was die vriende in die sitkamer besig om televisie te kyk en te kuier toe vier mans, twee met pistole gewapen, die vertrek binnegestorm het.