Peter de Villiers, die Bokke se skrumafrigter, het `n pleidooi oor hierdie aspek van die spel tot al die blasers gerig. Intussen het François Louw `n operasie vir sy nekprobleem ondergaan.
Griffons, Luiperds is veilig, Boland het nog ‘n buitekans
Daar is nog een ronde wedstryde in die Eersteliga van die Curriebekerreeks oor, maar die Griffons en die Luiperds kan reeds hul tuisvelde vir die halfeindrondes in gereedheid kry.
Beserings tref Springbokke swaarder as AB’s, Wallabies
Die beseringspook het die Springbokke vanjaar al swaar getref, veral in sekere sleutelposisies.
Schalk Burger terug in Springbokke se groep
Die ervare Springbokflank Schalk Burger (71 toetse) sal nog Vrydag vir sy Japanse klub speel en hom daarna in Kaapstad by die Springbokgroep aansluit in die plek van die beseerde François Louw
Springbokflank sal lank aksie mis
Die Springbokflank François Louw sal weens `n geknypte senuwee in sy nek vir die res van die Rugbykampioenskap op die kantlyn sit. Hy het sy nek teen die All Blacks beseer en het Dinsdag `n spesialis gespreek.
All Blacks suur ná hul sege
As dit by suur druiwe kom, is die All Blacks voor in die koor – selfs al wen hulle.
JP Pietersen opgeroep in Pienaar se plek
Die ervare Springbok-driekwart JP Pietersen is opgeroep om die beseerde Bok-skrumskakel Ruan Pienaar in die Springbokgroep te vervang.
Toets eis drie beserings en Bokke kry oorsese lof
Met Ruan Pienaar se kniebesering is dit so te sê seker dat die Springbokke ‘n tweede skrumskakel sal moet betrek vir die res van die Rugbykampioenskap.
Dit lyk na neusie verby vir Bokke
Die neerlaag Saterdag teen Nieu-Seeland maak dit vir die Springbokke baie moeilik om 2014 se Rugbykampioenskap te wen.
Vir sulke Bokke haal `n mens hoed af!
Verloor, ja, maar geen rede vir sak en as nie. Die Springbokke het met hul beste vertoning in `n baie lang tyd getoon dat hulle weer die publiek en die All Blacks se respek verdien, al was die telling 10-14.
Poemas op soek na eerste sege
‘n Eerste sege in die Rugbykampioenskap is hoog op die Poemas se agenda en hulle kry Saterdag die kans om dit teen die Wallabies te vermag.
Bokke sal moet maak soos Die Lem gesê het
As die Springbokke die All Blacks Saterdag in Wellington op `n nat veld wil klop, sal hulle `n bladsy uit Die Lem se rugbyfilosofie moet gebruik.
Cruden fiks om teen Bokke te speel
Die All Blacks het die losskakel Aaron Cruden gekies om Saterdag in Wellington in die beginspan teen die Springbokke op te draf.
Meyer druk jong Pollard in ‘n blik
Heyneke Meyer het Handré Pollard in ‘n baie dapper spankeuse voor die grootste uitdaging in sy kort loopbaan geplaas deur hom vir die toets teen die All Blacks in die Koekblik te druk.
Heyneke kies Pollard teen All Blacks
Heyneke Meyer het verras met die insluiting van Handré Pollard op losskakel in die span wat Saterdag in Wellington teen die All Blacks speel. Pat Lambie is sy adjudant.
Aaron fiks vir toets teen Bokke
Aaron Cruden, die All Blacks se beste losskakel in die afwesigheid van die beseerde Dan Carter, meen hy sal in Saterdag se toets teen die Springbokke kan speel.
Bokke het nie die skietgoed wat saak maak nie
Ná drie powere toetse kan ‘n mens seker realisties vra of die Springbokke die spelers het wat die All Blacks kan klop, en of ons maar net stilletjies moet bid dat die Kiwi’s nie te ver wen nie.
AfriForum gaan SARU se transformasie-plan namens ’n groep 0/16 rugbyspelers beveg
AfriForum sê hy gaan die Suid-Afrikaanse Rugby-unie se transformasie-plan, wat vandag deur die Sondagblad Rapport onthul is, internasionaal beveg.
Sharks verloor weer teen ’n klein unie
Griekwas het die Sharks in Durban op dramatiese wyse 21-18 geklop en hul eerste sege in vanjaar se Curriebekerreeks behaal.
Springbokke sê koebaai vir die beker
Die Springbokke het Saterdag in Perth die spreekwoordelike nederlaag uit die kake van ‘n oorwinning gered, 23-24 teen die Wallabies verloor en sommer ook koebaai gesê vir vanjaar se titel in die Rugbykampioenskap.