Die rits Suid-Afrikaanse gholfspelers wat wêreldwyd deelneem, het sekerlik by die Springbok-rugbyspan se puik vertoning teen die Wallabies op Loftus Versfeld aangesteek toe hulle ook warm geblaas het.
UFC: Du Plessis stoomroller Whittaker!
Israel Adesanya kan maar swets en skel: Dricus du Plessis is gereed vir hom.
Reeks om die As: Engeland se goue kans om Aussies te troef
Goeie weer word vir die laaste dag voorspel en met 90 boulbeurte oor, is die tafel gedek vir ʼn naelbyteinde.
Rugbykampioenskap: All Blacks verswelg die Poemas
Die All Blacks het sewe puik drieë gedruk en die Poemas voorlangs oorheers.
Bokke speel Aussies, Eddie stil
Kurt-Lee Arendse is ʼn wafferse puntemasjien in die Springbok-trui en hy het ʼn driekuns van drieë teen die pap-in-die-hande Wallabies gedruk.
Reeks om die As: Stokes hou die sleutel
Die Aussies, wat reeds met 2-0 in die reeks van 5 toetse voor is, het straks weer die hef in die hand tensy die Engelse vroeg Saterdag met die bal toeslaan.
Wêreldgholf: Higgo laat SA vlag wapper
Dit was maar ʼn valerige Vrydag vir Suid-Afrika se gholfspelers, hoewel Garrick Higgo sy spiere behoorlik gebult het.
Junior Bokke slaggereed vir halfeindstryd teen Ierland
Hoofafrigter Bafana Nhleko sê hulle verwag ʼn strawwe wedstryd teen Ierland, maar dat die “moeilike pad na die halfeindronde” in die span se guns tel.
Wimbledon: Murray steeds voor; Broady maak skoonskip
Liam Broady wat 142ste op die ranglys is, het Donderdag ondersteuners verheug en skoonskip gemaak in die tweede rondte van die toernooi toe hy die vierde gekeurde Casper Ruud met vyf stelle gewen het.
Jones kla oor ‘halfgebakte’ Springbokspan
Volgens Eddie Jones wou die Wallabies teen ʼn volsterkte Springbokspan op Loftus Versfeld in Pretoria te staan kom.
Kleyn opgewonde oor Bok-debuut
Jean Kleyn, wat in 2019 vyf toetse vir Ierland gespeel het, kan danksy ʼn verandering in regulasies deur Wêreldrugby vanjaar die Springbokke verteenwoordig.
Wimbledon: Djokovic, Swiatek wen; klimaataktiviste slaan toe
Novak Djokovic en Iga Swiatek het Woensdag hul Wimbledon-veldtogte suksesvol voortgesit terwyl klimaatbetogers en reën vertragings by die All England Club veroorsaak het.
SA se vrouesokkerspan op pad na NS ná geslagsloondispuut
Suid-Afrika se 2023-Vrouewêreldbeker-groep sal Woensdag na Nieu-Seeland reis nadat ’n dispuut oor geslagsloongapings met die nasionale vereniging opgelos is.
Ox lank op kantlyn
Steven Kitshoff sal Saterdag Nche se plek in die voorry saam met Frans Malherbe en Bongi Mbonambi inneem.
Verkorte Rugbykampioenskap skop af met Wêreldbeker wat wink
Spanne van die Suidelike Halfrond sal nou hul wedstrydplanne wil verfyn voor die Wêreldbeker-skouspel wat in September in Frankryk begin.
Kolisi (besering en al) lei Bokke se vooraf-span na Nieu-Seeland
Dié wedstryd in Auckland gaan ʼn groot invloed op die rugbykampioenskap hê met die Suidelike Halfrond-toernooi wat vanjaar tot een ronde verminder is weens die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.
Wimbledon: Alcaraz, Rybakina seëvier
Die wêreld se no. 1-tennisspeler, Carlos Alcaraz, en die verdedigende vrouekampioen, Elena Rybakina, het hul eerste Wimbledon-wedstryde gewen terwyl reën groot ontwrigting veroorsaak het.
Junior Bokke veg terug vir plek in halfeindronde
Die Junior Springbokke het hul plek in die halfeindronde van die o. 20-Wêreldtoernooi verseker nadat hulle ʼn puik tweede helfte-vertoning gelewer het om Argentinië te klop.
Le Roux, Van der Merwe sluit by Bulle aan
“Ons sal beslis baat by ʼn speler met meer as 83 wedstryde vir die nasionale span agter sy naam.”
Kommer oor Nche se fiksheid
Nche se gereedheid vir Saterdag se openingswedstryd teen Australië is in die weegskaal nadat hy ʼn borsbesering opgedoen het.