Op pad na ‘n gewisse dood in ‘n vergassingskamp tydens die Tweede Wêreldoorlog ontmoet ‘n Poolse vrou ʼn Russiese soldaat wat haar help haar ontsnap.
Nuwe grotman, nuwe grappe
Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het.
Wen: Aanbiddingsaand van hoop saam met Retief Burger
’n Opname van vyf splinternuwe aanbiddingsliedere uit Burger se pen gaan op dié aanbiddingsaand gemaak word en vroeg volgende jaar as ’n album uitgereik word.
Kaapstad se kabelspoor vier 90ste verjaardag
Die kabelspoor is al sedert 4 Oktober 1929 in bedryf.
Foto’s: Thuli Madonsela se werk vereer met ʼn roos
“Ek dink hierdie roos mag dalk bedrieglik broos lyk, terwyl dit eintlik oor talle eienskappe beskik wat dit besonders sterk maak. Dit is iets wat vrouens en self Suid-Afrika met hierdie roos in gemeen het. Ons misgis onsself dikwels met ons eie innerlike krag.”
Wen: Racheltjie se reis na die grootskerm
Kom saam bioskoop toe! Vyf lesers staan die kans om elkeen ʼn stel dubbelkaartjies na die Maroela Media se première van dié fliek in Pretoria te wen.
Klein begin, groot gewin vir Kleine Rijke
Andries Pretorius het die plaas gekoop, “in ruil vir ʼn vers, ʼn gesoute perd en ʼn geweer”.
Markonderneming kerf nis in winkelsentrum uit
“Almal wil oorleef – die entrepreneur en kleinsakeondernemings – én die winkelsentrums, wat deesdae al hoe meer leeg begin staan.”
De Jong Mark: nog bloedjonk, maar met groot planne
Wanneer die volgende mark op Saterdag, 5 Oktober gehou gaan word, sal die De Jong Mark met 30 stalletjies spog. “Ons verwag dan om so tussen 300 en 350 mense by die mark te sien.”
Staptog help ouers wat babas aan die dood afgestaan het
Dit is belangrik vir ouers, wat sukkel om te funksioneer na die verlies van hulle baba, om professionele hulp kry.
ʼn Groot opskop vir universiteit se 150ste bestaansjaar beplan
En het hulle kattekwaad as studente aangevang? “Natuurlik, ons was studente!”
Aardklop: Rekord bywoning; ekstra vertonings geskeduleer
“Ons is stomgeslaan deur die sukses van die fees tot dusver. Die terugvoer wat ons ontvang vanuit alle oorde is oorweldigend positief.”
‘Kontreistories’: Dit gaan oor storievertel om ’n tafel
Maroela Media laat dié kuns van storievertel op vanjaar se Aardklop herleef met die produksie Kontreistories.
Rede waarom volksverhale soos Racheltjie de Beer gunstelinge bly
’n Nuwe rolprent wys Suid-Afrikaners weer waarom die storie van Racheltjie nog net so gewild is, want ’n storie soos hare wat handel oor gewone mense wat swaarkry oorwin het, verpersoonlik oortuigings, tradisies en waardes wat tydloos is.
Foto’s: Die reis van Racheltjie de Beer
“Dit was vir my ’n groot verantwoordelikheid en eer om hierdie geliefde volksvertelling van Racheltjie de Beer vir die rolprentskerm aan te pas.” skryf Matthys Boshoff, regisseur van Racheltjie de Beer. Maroela Media bied jou die geleentheid om saam met akteurs en uitgesoekte gaste die Pretoriase première van die langverwagte Racheltjie de Beer te kom kyk.
Internasionale sjefbloubloed dié naweek in Pretoria
Hulle is sjefbloubloed. Wêreldberoemd vir hulle vernuf agter die kospotte. En dié naweek kook hulle – net hier in Pretoria – dat dit klap.
Pierneef-uitstalling vanaf dié naweek in Pretoria te sien
Pierneef se kunswerke uit sy tyd in Pretoria sal die kern vorm van die uitstalling by Gallery 20/20 en sal deur uitgesoekte werke van die Pretoria Kunsmuseum se versameling aangevul word.
Erfenisfees by die Voortrekkermonument
Die Voortrekkermonument vier hierdie jaar erfenismaand op Saterdag, 21 September.
Heidelberg vier Varkfees
September is om die draai en dit beteken net een ding … dis Varkfees-tyd!
Die Proe’toria-fees is om die draai!
Die vierde Proe’toria-fees is om die draai – bespreek jou kaartjies nou aanlyn.