Moenie dat jy tekort skiet aan liefde en getrouheid nie. Koester dit soos iets waardevols wat jy om jou nek dra. Skryf dit op die tafel van jou hart. (Spreuke 3:3)
Alles vir die sleutelwoord "Henk Gous"
Gedagte vir die dag: Ek kry nié alles wat ek vra nie
As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra? (Matteus 7:11)
Gedagte vir die dag: Dalk die groot ramp
Ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. (Romeine 8:28)
Gedagte vir die dag: Dink met dank – Ons eerste jare
Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. (Kolossense 3:12-13)
Gedagte vir die dag: By ’n sterk man voel ek veilig
Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Die Here is ’n sterkte vir sy volk, ’n veilige skuilplek vir sy gesalfde. (Psalm 28:7-8)
Gedagte vir die dag: Mense wil versorg
Dié wat nie hulle eie familie versorg nie, veral dié wat in dieselfde huishouding woon, verloën wat ons glo. Sulke mense is slegter as ongelowiges. (1 Timoteus 5:8)
Gedagte vir die dag: Skewe denkbeelde gee skewe afleidings
Julle het die Here moeg gemaak met julle baie gepraat en dan vra julle: “Hoe het ons Hom moeg gemaak?” Julle het Hom vermoei deur te sê dat almal wat kwaad doen eintlik vir die Here aanvaarbaar is en dat Hy met hulle tevrede is. Julle het Hom vermoei deur te vra: “Waar is die God wat reg moet laat geskied?” (Maleagi 2:17)
Gedagte vir die dag: Dis meestal goed om ’n doener te wee
My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister. Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. (Jakobus 1:19, 22)
Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Skoon lewenswandel
Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak. (1 Petrus 2:15)
Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Integriteit
Hou styf vas aan jou geloof, en hou altyd jou gewete skoon. Want sommige mense het opsetlik hulle gewete eenkant gestoot en as gevolg daarvan het hulle geloof skipbreuk gely. Himeneus en Aleksander is twee voorbeelde hiervan. (1 Timoteus 1:19-20)
Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Beskeidenheid en eerbied
Namens Hom wat my in sy genade tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het. (Romeine 12:3)
Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Die hoop in jou
Hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Romeine 5:5)
Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Jou mond
Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. (1 Petrus 3:15, Bybel in Afrikaans, 1983/1992)
Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof: Jou hart
In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. (1 Petrus 3:15, Bybel in Afrikaans, 1983/1992)
Gedagte vir die dag: ’n Driepoot-geloof sal altyd sterk staan
In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. (1 Petrus 3:15-16, Bybel in Afrikaans, 1983/1992)
Gedagte vir die dag: Liefde wat nooit verflou nie
Lank gelede reeds het die Here dit aan ons bekendgemaak: “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.” (Jeremia 31:3)
Gedagte vir die dag: Liefde wat verflou
Ek onthou nog die toewyding van jou jeug, toe julle soos ’n jong bruid was wat My liefgehad het. Julle was toe bereid om My deur die dorre woestyn te volg. (Jeremia 2:2)
Gedagte vir die dag: Wat sê natuurgeluide?
Die see en alles daarin moet druis, die wêreld en almal wat daarin woon. Die riviere moet hande klap, die berge moet jubel voor die Here. Want Hy kom om die aarde te oordeel. (Psalm 98:7-9)
Gedagte vir die dag: As jy respek verloor …
’n Priester moet met kennis kan praat, daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is, want hy is ’n boodskapper van die Here die Almagtige. (Maleagi 2:7, Bybel in Afrikaans 1983/1992)
Gedagte vir die dag: Watter leiding vir ’n kind hou die langste?
Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. (Spreuke 22:6)