ʼn Polisiebeampte wat daarvan verdink word dat hy saamgespan het met sindikate wat betrokke is by renosterstropery, is Woensdag in hegtenis geneem.
Alles vir die sleutelwoord "Noordwes"
Skape oornag in kraal geslag
ʼn Skaapwagter van Waalkraal naby Potchefstroom in Noordwes het Dinsdag op ʼn hoop derms, organe en velle afgekom in die kraal waar hy die vorige dag 29 lewendige skape toegemaak het.
Egpaar op plaas oorval
ʼn Egpaar is vroeg Woensdagoggend op hul plaas naby Biesiesvlei in Noordwes deur vyf gewapende mans oorval.
Pa gevonnis ná dogter se verkragting
ʼn 36-jarige man is vandeesweek in Noordwes gevonnis in verband met die verkragting van sy 13-jarige dogter wat swanger was ná die voorval.
Driejarige seuntjie doodgery, polisie op soek na bestuurder
Die Noordwes-polisie is op soek na die bestuurder van ʼn groen Toyota Corolla, met ʼn nommerplaat waarop slegs 117NW sigbaar was, wat na bewering ʼn driejarige seuntjie doodgery het.
[Foto’s] WhatsApp-groep help boere om groep boewe aan te keer
Etlike boere in die Schweizer-Reneke-gebied in Noordwes het Woensdag saamgestaan en die lewe vir ses verdagtes bitter moeilik gemaak en dit alles te danke aan ʼn WhatsApp-groep wat ʼn 20-jarige boer twee jaar gelede begin het.
[Foto’s] Talle polisiebeamptes vas by grenspos
Die Valke in Noordwes het 18 polisiebeamptes en twee werknemers van die departement van binnelandse sake in hegtenis geneem.
Man vas ná hy glo mense met handgranaat dreig
ʼn 52-jarige man van Noordwes is Maandag in hegtenis geneem nadat ʼn handgranaat en ʼn gedeelte van ʼn mortier in sy besit gevind is.
Veediewe kry tronkstraf
Twee veroordeelde veediewe is in ʼn Noordwes-hof gevonnis nadat hulle vyf jaar gelede Afrikanerbeeste ter waarde van R90 000 op ʼn plaas gesteel het.
Rustenburg-watervlakke krities laag; beperkings ingestel
Die Rustenburg-munisipaliteit het waterbeperkings ingestel weens die erge hittegolf wat die streek teister.
Man sterf ná amputasie
ʼn Man is Dinsdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die R501, ongeveer 20 km buite Potchefstroom in Noordwes.
NW-man vas ná gru-moord op ouers, susterskind
ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy ouers en susterskind vermoor het en ʼn dag later saam met die liggame in sy ouers se huis aangetref is.
Twee gevonnis ná boervrou se moord
Twee mans is in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis vir die moord op Ronel van Eyk (49) wat in 2012 by die hek van haar plaas naby Hartbeesfontein vermoor is, nadat sy haar negejarige seun, Freddie, by die skool afgelaai het.
R14 miljoen bewillig om kleinskaal-boere te help
Volgens die departement is die vyf provinsies wat die ergste onder die droogte gebuk gaan die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal. Tot op hede is slegs die Noordwes en die Vrystaat as rampgebiede verklaar.
Wildvanger erg verniel in wrede plaasaanval
’n Wildvanger en sy vriendin is Saterdagoggend helder oordag wreed aangeval by ’n lodge in die Beestekraal-omgewing in Noordwes.
Juffrou red seun van verdrinking
ʼn Onderwyseres se vinnige optrede en kennis van noodhulp het Maandag moontlik die lewe van ʼn 11-jarige seun gered nadat hy byna in ʼn swembad in Noordwes verdrink het.
Dapper ma beskerm baba tydens plaasaanval
ʼn Jong ma van Rustenburg het Vrydagaand bo-oor haar 15 maande oue babatjie gaan lê in ʼn desperate poging om haar te beskerm teen die aanvallers wat die gesin op ʼn plaas buite die dorp oorval het.
Moord op Stella-plaas: Twee polisiebeamptes ook vas
Twee polisiekonstabels het Maandag in die Vryburg-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn 45-jarige man op ʼn plaas naby Stella verlede week. ʼn Boer, sy vrou en vyf ander verdagtes is vroeër in hegtenis geneem in verband met die voorval.
Noordwes-man kritiek ná aanval op plaas
ʼn 57-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy en sy vrou Vrydagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-omgewing naby Mooinooi, buite Rustenburg, deur sewe gewapende rowers oorval is.
Seun slaan glo ma dood oor kos
ʼn 31-jarige man van Noordwes het Sondag in die vroeë oggendure na bewering sy 63-jarige ma doodgeslaan omdat daar glo nie kos in die huis was nie.