Die 35-jarige Deon Fourie het in sy 100ste wedstryd vir die Stormers nie net ’n eindstryd saam met sy span gewen nie, maar hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys.
Alles vir die sleutelwoord "Verenigde Rugbykampioenskap"
Die Kaap is weer Hollands!
Die Stormers is die VRK-kampioenspan nadat hulle die Bulls in ’n aksiebelaaide eindstryd in Kaapstad geklop het.
Bulls gaan Kaap toe om te wen
Die Pretorianers se Leinster-sege word as een van die heel bestes nóg beskryf, maar ’n kragvertoning in Kaapstad sal ongetwyfeld die kersie op die koek wees. En hulle het ’n sterk span vir die eindstryd gekies.
Fourie speel 100ste wedstryd teen Bulls
“Deon Fourie teen Marcell Coetzee – wat ’n stryd sal dit nie wees nie!”
Dankie, Stormers!
Vanaand word daar fees in Kaapstad (en in Pretoria) gevier; die Verenigde Rugbykampioenskap-trofee gaan in Suid-Afrika staanplek kry.
VRK-reeks: Maak die Bulle almal Bokke, lui die liedjie
Die Bulls se oorwinning oor die Ierse kragreus Leinster in Vrydagaand se halfeindstryd in Dublin kan in die annale op Loftus Versfeld as een van hul beste oorwinnings ooit aangeteken word.
Bulls moet vuur met vuur beveg
“Wen of verloor, Leinster moet weet dat die Bulls in die omtrek was.”
Smith sorg vir Bulls-vreugde
“Ek hoop van harte dat Chris Smith nog meer geleenthede sal kry om te speel, want ek glo hy kan ’n lang pad in Suid-Afrikaanse rugby stap,” het die Pumas se Marius van Rensburg in ’n destydse onderhoud met Maroela Media gesê.
Vat vyf, Stormers!
“Daar is nou een wedstryd tussen ons en die eindstryd; dit is ongelooflik.”
White voorspel taai stryd teen Sharks
Indien dit ’n naelbytstryd is, kan die Sharks dit nie bekostig om laat in die wedstryd ’n strafskop af te staan nie: Morné Steyn is op die Bulls se plaasvervangersbank.
‘Wen’ die wagwoord vir Stormers teen Skotte
“Ons wil ons intensiteitsvlakke hoog hou en seker maak dat ons vir die volle 80 minute op ons beste teen Edinburgh is.”
Lions blus Dragons se vuur
Die Johannesburgers het ook maar lekker hanteerfoute gemaak, maar hulle het net hul geleenthede veel beter as ’n flouerige Dragons-span benut.
Bulls se ‘Sending Swansea’ ’n sukses
“Cornal was briljant; hy het baie goed gespeel en ek is trots op hom,” het ’n tevrede Jake White na afloop van die wedstryd gesê.
Bulls jag goeie vertoning teen Ospreys
Die Verenigde Rugbykampioenskap mag dalk amper einde se kant toe staan, maar daar is steeds baie op die spel.
Am dra no. 13-trui teen Ulster
“Ons weet dat dit ’n groot uitdaging is om in Belfast te speel, maar ons glo dat ons spelers oor die vermoë beskik om die wedstryd te wen.”
Kampioenebeker-reeks: Toulouse korrel beter as Munster
Munster se nederlaag is eintlik slegte nuus vir die Stormers, Sharks en Bulls in die Verenigde Rugbykampioenskap.
Leinster-man loof SA spanne
“Ons is opgewonde oor die toekoms van die Verenigde Rugbykampioenskap; Suid-Afrika beskik oor talentvolle spelers.”
Glasgow staal hulself vir Bulls-aanslag
Kurt-Lee Arendse mag dalk op die krukkelys wees, maar die Bulls kan steeds vir die Glasgow Warriors hoofbrekens besorg.
Stormers soek stewige vertoning teen Leinster
Dit is seker ’n vreemde vergelyking, maar die Stormers sal die naweek ’n bietjie soos Van Hunks wil maak en die pyp teen Leinster rook .
Sharks wen aksiebelaaide Leinster-stryd
Of daar nou ’n bietjie meer onervare spelers in die span is of nie, ’n oorwinning teen Leinster is beslis iets om op trots te wees.