“Dit is spesiaal. Nie baie spelers kan met 200 wedstryde vir ʼn span spog nie,” het WP Nel in aanloop tot Edinburgh se wedstryd teen die Stormers in Kaapstad gesê.
Alles vir die sleutelwoord "Verenigde Rugbykampioenskap"
Stormers wil wenrugby in Tafelberg se skadu speel
“Dit is spesiaal om weer op ons tuisveld te wees. Ons het laas in Januarie hier gespeel,” het afrigter John Dobson gesê.
Dobson krap kop oor swak eerste helfte
“As ʼn mens na ons dissipline in die eerste halfuur kyk, kan jy tereg sê dat dit waarskynlik een van ons swakste vertonings nóg was. Ná 12 minute het ons reeds vyf strafskoppe afgestaan.”
Bulls kan sege geniet, maar harde werk lê voor
“Dit was ʼn lang pad om tot hier te kom, maar ons het nou ʼn oortuigende oorwinning behaal. Ja, ons is dankbaar om bó die Stormers op die punteleer te bly, maar ons het nog nie iets groot gewen nie.”
Bielie Bulls eindig Stormers se wenlopie
Op ʼn aand waar alles reg vir die Bulls op Loftus Versfeld geloop het, het hulle die Stormers se tweestrydwenlopie met ʼn klinkende oorwinning tot ʼn einde gebring.
Bulls, Stormers slaags op stampvol Loftus
Daar gaan Saterdag nie eens plek vir ’n muis wees nie wanneer die Bulls teen die Stormers op Loftus Versfeld speel.
White soek Bulls op hul beste teen Stormers
Die Bulls het reeds 349 punte in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap aangeteken, maar hulle speel Saterdag teen ʼn Stormers-groep wat sy man op verdediging staan.
Stormers kry skrumhupstoot vir Loftus
“Dit is baie goed om vir Frans terug te hê. Hy is ʼn baie ervare speler en waarskynlik een van die heel beste stutte ter wêreld.”
Bulls se wedstrydwenvermoë beïndruk White
“Ek hou daarvan dat ons vier drieë kan druk selfs wanneer ons nie op ons beste is nie.”
Stormers deel weer slae uit op Kingspark
Die statistiek vertel die verhaal: Die Stormers het nou al ses van hul laaste ses wedstryde gewen.
Bulls slaan ʼn slag op Ellispark
As ʼn rugbyskouspel gaan dit hoegenaamd nie die toekenning vir die beste nóg ontvang nie, maar die Bulls het vier drieë teen die Lions in Johannesburg gedruk.
White kies sy spoedvrate teen Lions
Die Bulls trek met ʼn gevaarlike agterlyn oor die Jukskeirivier vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Lions op Ellispark.
Engelsman geniet sy rugbytyd in Kaap
“Jy kom teen spelers van wêreldgehalte en Wêreldbeker-wenners te staan en ek is baie opgewonde oor die geleentheid,” het die Stormers se Ben Loader, ʼn voormalige London Irish-speler, gesê.
Lions knor nie meer teen plaaslike teenstanders
Die Lions het in aanloop tot die naweek se Jukskei-derby op Loftus Versfeld gewys dat hy sy man teen Suid-Afrikaanse spanne kan staan.
Lions wen dramatiese stryd op Kingspark
Dit is die Lions se eerste sege in Durban sedert 2017, terwyl die Sharks maar net nie ʼn wedstryd in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap kan wen nie.
Sharks glo ʼn goeie lopie is om die draai
“Die afgelope paar weke het ons ’n tree in die regte rigting gegee. Ons is beslis nou sterker.”
Lions honger vir sukses in Durban
Die Lions speel deesdae met hernieude vuur en passie en hulle het reeds sewe bonuspunte in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap ingeoes.
Stormers doen dit wéér
Die Stormers het die Bulls vir die soveelste keer in ʼn Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd geklop.
Glasgow Warriors wen armdruk teen Edinburgh
Vrydagaand se groot derbywedstryd op Scotstoun in Glasgow tussen die Glasgow Warriors en Edinburgh was vol inklimspel; hard en meedoënloos – eie aan Suid-Afrikaanse tradisie.
Jake meen Bulls kan bordjies verhang
In die laaste ses Verenigde Rugbykampioenskap-kragmetings tussen die Bulls en die Stormers het die Kapenaars nog nie een keer as verloorders van die veld gestap nie.