Die Stormers sal volgende week gasheer vir Connacht in die halfeindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap speel nadat hulle sopas met die Bulls klaargespeel het.
Alles vir die sleutelwoord "Verenigde Rugbykampioenskap"
Leinster sal nie weer in dié slaggat trap
“Daar sal geen verskonings wees nie. Ons sal nie weer uitgevang word nie,” het Robin McBryde (Leinster-hulpafrigter) op die vooraand van nog ʼn uitklopwedstryd teen ʼn Suid-Afrikaanse span gesê.
Roos opgewonde oor Fourie se terugkeer
Die Stormers kan ʼn gedugte lostrio vir die naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen die Bulls in Kaapstad kies.
Stormers teen Bulls: Uitkloprugby maak speelveld gelyk
“Dit is nou ʼn nuwe kompetisie en dit is irrelevant hoeveel wedstryde jy vooraf gewen het en of jou teenstanders jou in die groepfase geklop het,” het Jake White gesê.
Kwarteindstryd ʼn skoon bladsy vir Stormers, Bulls
John Dobson meen dat die afgelope Saterdag se Curriebeker-vertoning nie so ʼn groot invloed op die komende Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd tussen die Stormers en die Bulls sal hê nie.
Streeptruie tem sleepvoet-Bulle
Die Kapenaars het die kleedrepetisie van die Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd op ʼn drafstap gewen.
Só lyk VRK-kwarteindstrydbepalings
Die Stormers en die Bulls sal weer slaags wees in ʼn uitspeelwedstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap.
Ditsem, Bulls!
Die Bulls het vir die tweede keer op ʼn streep met Leinster afgereken toe hulle die Ierse klub in ʼn drieëfees op Loftus Versfeld verrinneweer het.
Bulls wil nog ʼn slag teen Leinster slaan
“Leinster is ʼn uitstekende span en dit maak nie eintlik saak wie in hul opdrafspan is nie; ons sal ons beste gee om die verlangde uitslag te bewerkstellig.”
Dobson teleurgesteld ná Stormers struikel
“Ons wil bitter graag in ʼn halfeindstryd op ons tuisveld speel; dit is egter nou baie moeilik om ʼn silwer randjie om hierdie donker wolk te sien.”
Ag nee, Lions!
“Ons het die wedstryd op ʼn silwer skinkbord weggegee,” het ʼn teleurgestelde Marius Louw gesê nadat Leinster die wenpunte in die doodsnikke op Ellispark aangeteken het.
Goosen weer in no. 10-trui
Die Bulls is tans sewende op die VRK-punteleer met 43 punte, maar die Sharks (41 punte), Benetton (40 punte), Cardiff (39 punte) en selfs die Lions (38 punte) is binne trefafstand.
Stormers wil spiere teen Munster bult
Hoewel die Stormers tweede op die amptelike VRK-punteleer met 61 punte is, blaas Ulster in sy nek. ʼn Goeie vertoning teen Munster sal dus die pad na ʼn tuiskwarteindstryd aansienlik makliker maak.
Cullen: ‘Leinster het respek vir SA spanne’
Leo Cullen, Leinster se afrigter, het die hoop uitgespreek dat sy span se tweestryde teen Suid-Afrikaanse vyftientalle nog vir baie jare die rugbykalender sal inkleur.
Bulls gooi voorsprong in tweede helfte weg
Dit is tans duidelik dat die Bulls bitter graag ’n rugbywedstryd wil wen, maar die span kry dit glad nie reg nie.
Stormers, Leinster speel gelykop in Dublin
Toegegee, in rugby word ʼn gelykop uitslag met ʼn sussie-soen-oomblik vergelyk, maar die Kapenaars kan trots wees op hierdie uitslag; dit gebeur nie aldag dat Leinster nie as oorwinnaars van die veld stap nie.
Stormers kies Bokke om Leinster te tem
Spelers soos Steven Kitshoff, Damian Willemse en Frans Malherbe sal hierdie naweek vir die Stormers teen Leinster in aksie wees. Daarteenoor sal die Ierse klub sonder Johnny Sexton moet klaarkom.
Stormers wil VRK-vonkelwynproppe laat klap
Op die speelveld is die Kaap beslis nog Hollands vir die Stormers, maar daar wag nog taai groepwedstryde teen Leinster en Munster op die span.
Brullende Lions speel Loftus stil
Die Johannesburgers kon laas in Desember 2021 met ʼn Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap afreken. Hulle het egter vandag as oorwinnaars van die veld op Loftus gestap.
Morné in opdrafspan teen Lions
Die 38-jarige losskakel sal vir die 151ste keer vir die Bulls in ʼn Superrugby- of Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd uitdraf.