Leo Cullen, Leinster se afrigter, het die hoop uitgespreek dat sy span se tweestryde teen Suid-Afrikaanse vyftientalle nog vir baie jare die rugbykalender sal inkleur.
Alles vir die sleutelwoord "Verenigde Rugbykampioenskap"
Bulls gooi voorsprong in tweede helfte weg
Dit is tans duidelik dat die Bulls bitter graag ’n rugbywedstryd wil wen, maar die span kry dit glad nie reg nie.
Stormers, Leinster speel gelykop in Dublin
Toegegee, in rugby word ʼn gelykop uitslag met ʼn sussie-soen-oomblik vergelyk, maar die Kapenaars kan trots wees op hierdie uitslag; dit gebeur nie aldag dat Leinster nie as oorwinnaars van die veld stap nie.
Stormers kies Bokke om Leinster te tem
Spelers soos Steven Kitshoff, Damian Willemse en Frans Malherbe sal hierdie naweek vir die Stormers teen Leinster in aksie wees. Daarteenoor sal die Ierse klub sonder Johnny Sexton moet klaarkom.
Stormers wil VRK-vonkelwynproppe laat klap
Op die speelveld is die Kaap beslis nog Hollands vir die Stormers, maar daar wag nog taai groepwedstryde teen Leinster en Munster op die span.
Brullende Lions speel Loftus stil
Die Johannesburgers kon laas in Desember 2021 met ʼn Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap afreken. Hulle het egter vandag as oorwinnaars van die veld op Loftus gestap.
Morné in opdrafspan teen Lions
Die 38-jarige losskakel sal vir die 151ste keer vir die Bulls in ʼn Superrugby- of Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd uitdraf.
Bulls, Lions jag momentum op Loftus
Volgens die Bulls se amptelike webblad is daar reeds 15 000 kaartjies vir die wedstryd verkoop.
Steil bult wag op Sharks in Kaapstad
Dit sal seker nie as ʼn opskudding geklassifiseer word nie, maar die Sharks sal hul sokkies baie hoog moet optrek as hulle die Stormers op die DHL-stadion wil klop.
Van Rooyen trots op Lions-vertoning
“Dit was ʼn spesiale vertoning en ek is baie trots op die ouens. Terselfdertyd is ek ook dankbaar om teen ʼn sterk Glasgow-span as oorwinnaars van die veld te stap.”
Ulster nie meer lugtig vir bedompige Durban
“Die spelers het baie lesse uit hul vorige toer na Suid-Afrika geleer en hulle is beslis nou meer aanpasbaar.”
Loftus-skare sorg vir bywoningsrekord
“Dit was ongelooflik. Ons gaan gereeld Loftus toe en dit was die eerste keer in ʼn baie lang tyd dat die Oos-pawiljoen ook van bo tot onder volgepak was.”
Stormers slaag hul Loftus-karaktertoets, sê Dobson
“ʼn Mens wil die beste span in Suid-Afrika wees en ons is op koers om daardie doelwit te bereik.”
Powell hoop Kok en kie sorg vir wenresep
Neil Powell kan op die dienste van Werner Kok, Vincent Tshituka en Dylan Richardson vir Saterdag se wedstryd teen die Lions steun nadat al drie spelers hul terugkeer ná beserings gemaak het.
Jake en John kies hul spanne
Jacques du Plessis en S’bu Nkosi maak hul terugkeer vir die Bulls, terwyl Deon Fourie die Stormers se kapteinleisels sal vasvat.
Hees Lions soek hul brul terug
“Ons weet dat ons ʼn bietjie meer kanse op die aanval moet waag en nie vir hulle terugstaan nie. Ons kan nie net op verdediging en skopwerk staatmaak nie.”
Bulls wil Stormers se VRK-houvas breek
Die Bulls en die Stormers het al vier keer in die Verenigde Rugbykampioenskap swaarde gekruis met die Kapenaars wat elke keer as oorwinnaars van die veld gestap het.
Manie pure (Lib)Bok teen Sharks
“Ja, hy het nou foute gemaak, maar goeiste, hy laat beslis dinge op die veld gebeur en dit is baie belangrik in ʼn rugbywedstryd,” het John Dobson gesê.
Sharks sorg darem vir glimlagte
Die Sharks was die enigste Suid-Afrikaanse span wat hierdie naweek hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd kon wen.
Ulster, beseringspook kniehalter Stormers
Evan Roos moes die veld in die 22ste minuut met ʼn kniebesering verlaat en John Dobson (afrigter) het intussen bevestig dat die jong agtsteman vir ʼn ruk op die krukkelys kan wees.