Brakpan (Valke) se voorspelers het Saterdag die toon aangegee in sy oorwinning van 29-16 oor Old Georgians van Harare (Zimbabwe) in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker (GB).
Lees meerAlles vir Maandag 10 Oktober 2016
Britte gemaan om nie soos narre aan te trek nie
Polisieowerhede in verskeie gebiede in Engeland het inwoners gewaarsku om nie soos “killer clowns” aan te trek nie, ná talle berigte van mense wat glo deur dié neiging in Amerika geïnspireer is.
Chanelle Henning-moord: Terugtrek van aanklagte beteken nie vryspraak
Die Nasionale Vervolgingsgesag het Maandag benadruk dat die terugtrek van aanklagte teen Nico Henning, wat daarvan beskuldig is dat hy die meesterbrein agter sy vervreemde vrou, Chanelle Henning, se moord was, nie beteken dat hy vrygespreek is nie.
Staatsvergryp: Madonsela moet eers bietjie wag, vra Zuma
Pres. Jacob Zuma het Thuli Madonsela, die openbare beskermer, formeel versoek om hom teen die einde van Dinsdag te verseker dat sy nie haar ondersoek oor bewerings van ʼn staatsvergryp sal afhandel voor hy ander getuies in die ondersoek ondervra het nie.
Twee UKZN-kampusse sluit
Twee kampusse van die Universiteit van KwaZulu-Natal moes Maandag noodgedwonge hul deure sluit ná ʼn onderonsie tussen die polisie en studente.
Nzimande besorg oor geweld by Wits
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Maandag gesê hy is besorg oor die chaotiese en gewelddadige botsings tussen studente en polisiebeamptes by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), wat toe na die strate van die Johannesburgse middestad oorgespoel het.
Verliefdes teen afgeleë plekke gewaarsku
Drie verdagtes is in hegtenis geneem wat glo persone in hul voertuie op die strandfronte in Strand, Gordonsbaai, Somerset-Wes en Macassar geteister het.
Polisiekommissaris ontken noodtoestand weens studentebetogings
Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Maandag die moontlikheid van ʼn noodtoestand uitgesluit ná gewelddadige botsings tussen die polisie en studente op verskeie universiteitkampusse.
ToekomsVenster: Praat God nog met mense?
Heilige Gees, ek stel myself tot U beskikking. Ek wil graag U stem wees vir die mense.
Net nóg ʼn gewelddadige dag by ons universiteite
Verder moet hierdie situasie dringend onder beheer gebring word om ʼn nasionale ramp te voorkom en die skuldiges moet gestraf word vir hul onwettige dade
Gemaak om te behoort: Die noodsaaklikheid van kulturele geborgenheid
Om betrokke te wees by burg-organisasies wat geborgenheid skep, maak mense gelukkig. Betrokkenheid gee betekenis in ons kultuurbelewing en ons menswees.
[Foto’s] Wits-betogers saai chaos in Jhb-strate
Die gewelddadige betogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag oorgespoel na die strate van Braamfontein waar betogers onder meer ʼn bus aan die brand gesteek het.
Wins of welstand? Werkstres snoei BBP met 2,2%
Op Wêreld-welsyndag raai dr. Schoeman maatskappye aan om te besef watter uitwerking hul maatskappy se struktuur, werknemers se verwagting en bestuurstyl op die maatskappy se jaarlikse omset en algemene produktiwiteit het.
Twee verkrag tiener ná matriekafskeid
ʼn Tienermeisie van Welkom in die Vrystaat is Sondag in die vroeë oggendure glo deur twee mans verkrag toe sy op pad was huis toe ná haar matriekafskeid.
Pendoring bekroon beste reklame én vier 21 jaar
Die keur van die Suid-Afrikaanse reklamebedryf word op 28 Oktober op die Pendoring-prysaand by Vodacom World in Midrand vereer. Pendoring se 21ste bestaansjaar word ook by dié geleentheid ook gevier.
Boek: Soetloop
In “Soetloop” keer Kotze terug na haar vertroude, geliefde, onherbergsame Weskus van Suid-Afrika. Die leser kry buitengewoon meelewende insig in ’n huwelik, en in ’n brakkerige lewenspad wat nie altyd maklike keuses bied nie – maar tog met sy varswater-soetlope, as jy fyn kyk.
Vrou sterf in tieraanval: ‘Sy het haar lewe aan dié diere gewy’
Die vrou wat die naweek deur ʼn tier doodgebyt is in ʼn reservaat naby Philippolis in die Vrystaat, het die afgelope dekade haar lewe daaraan gewy om dié diere te beskerm.
Pta-egpaar in huis doodgeskiet
‘n Woordvoerder van die polisie het gesê een van die bure het skote uit die huis hoor kom en die polisie ontbied.
Pretoria: Strenger waterbeperkings, groter boetes
Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, het Maandag strenger waterbeperkings ingestel te midde van waarskuwings dat watervlakke in Gauteng kritiek laag is.
All Blacks, Bokke is simptome van hul lande
Terwyl ek die Springbokke se grootste nederlaag tot nog toe teen die All Blacks Saterdagaand gesit en aanskou het, het een grondwaarheid my tussen die oë getref: Wenlande lewer wenspanne op.