Herman Toerien neem persvryheid en die terreuraanval op Charlie Hebdo onder die loep.
Nuuskommentaar: Kaap steeds Hollands, maar Zuma loop weer los
Herman Toerien neem Zuma se onlangse uitsprake onder die loep en bespiegel oor die staatsrede.
Nuuskommentaar: Kan radikale Islamitiese terreur nog verslaan en uit SA geweer word?
Herman Toerien bespreek die invloed van Boko Haram en radikale Islamitiese terreur in Suid-Afrika.
Nuuskommentaar: Matriek – nou kom die toets
Agter die daling in die matriekslaagsyfer lê die moontlikheid dat die slaagsyfer vir die eerste keer in jare ’n aanduiding gee dat die uitslae in pas met vereiste standaarde is. Minstens een koerant het dit reeds vooraf met straatbaniere as goeie nuus vir die land aangekondig.
Nuuskommentaar: Die e-oog ingespan teen korrupsie en misdaad
Die afgelope paar dae is beeldmateriaal versprei van geregsdienaars wat blatant omkoopgeld van motoriste eis. Die beamptes is met selfoonkameras betrap, en ’n paar se turf gaan nou sit.
Nuuskommentaar: Breek die Derde Wêreldoorlog in 2015 uit?
Is 2015 die jaar waarin die Derde Wêreldoorlog uiteindelik gaan uitbreek? Die antwoord, in hierdie stadium, hang daarvan af of iemand ’n optimis of ’n pessimis is.
Nuuskommentaar: 2015 – die jaar van hoop of verdriet (of iets tussenin)?
As u dit dalk nie agtergekom het nie – 2014 was ’n wonderlike jaar. Trouens, van 1994 af het dinge baie verbeter. Of altans, so het eers die ANC se NUK in sy jaaroorsig verordineer. Met pres. Jacob Zuma se Nuwejaarsboodskap het die president sy presidensiële seël daarop geplaas.
Jaaroorsig Deel 4: 2014 – Plaasmoorde, stakings en die SAUK
Herman Toerien neem die nuusgebeure van die afgelope jaar in oënskou. In hierdie uitgawe bespreek hy onder meer plaasmoorde. stakings en die SAUK.
Jaaroorsig Deel 3: 2014 – Die jaar toe die aarde geskud het
Herman Toerien neem die nuusgebeure van die afgelope jaar in oënskou. In hierdie uitgawe bespreek hy die aanslag teen Afrikaans, die PUK-debakel en ‘n paar gebeure waarin moeder natuur haar rol vervul het.
Jaaroorsig Deel 2: 2014 – die jaar van Jacob Zuma en Steve Hofmeyr
Herman Toerien neem die nuusgebeure van die afgelope jaar onder die loep. Hier volg die eerste deel van sy beskouing oor plaaslike nuusgebeure.
Jaaroorsig Deel 1: Was 2014 ʼn unieke jaar?
Herman Toerien neem die afgelope jaar in oënskou. In hierdie uitgawe bespreek hy wêreldgebeure: alles wat jy moet weet.
Nuuskommentaar: Elke dag in die gees van Kersfees
Ja, Sondagoggende deur die jaar is dit ʼn aardigheid om te sien hoe motoriste op pad kerk toe voet in die hoek sit en al wat verkeersreël is ignoreer. Hoekom sal dit oor Kerstyd anders wees? vra Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Baie joernaliste sterf sodat dat ons kan weet
Sekere beroepe word hard geslaan. Onder die wêreld se nuusverslaggewers is ’n besonder hoë prys betaal.
Nuuskommentaar: SAUK gee Zuma hospitaal-“pass” en Maroela vier 50 000 keer fees
Die SAUK, in ’n poging om Zuma ter wille te wees met ’n knieval, die president met ’n yslike hospitaal-aangee uitverkoop. Intussen het Maroela Media die 50 000-kerf op Facebook verbygesteek.
Nuuskommentaar: Om letterlik en figuurlik deur Zuma in die duister gehou te word
Beurtkrag is nie al wat Suid-Afrikaners in die duister hou nie. Propaganda doen dit ook.
Nuuskommentaar: Julias M. Caesar en grondgryp
Herman Toerien meen Julius Malema se magsbasis kan die land enorme skade berokken.
Nuuskommentaar: Afrika bestaan nie
ʼn Joernalis in Nederland het onlangs die stelling gemaak dat Afrika nie bestaan nie. Sy baseer haar stelling daarop dat baie Westerse joernaliste ontwikkelinge op die Afrika-kontinent reduseer tot “tipies Afrika”.
Nuuskommentaar: Alles pure apartheid se skuld!
Daar is veel meer faktore as om bloot te sê dat daar in 1994, met die oorgang, nog heelwat surpluskrag in Eskom se kapasiteit opgesluit was. Ook is dit komplekser as om te sê die regering is hierna president vir president gewaarsku dat sake oor die surpluskapasiteit gaan verander, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Eskom, Poskantoor en SAL – hospitaal-“pass” vir Cyril?
Ramaphosa het die jongste tyd ontpop as Mr Fix-it. In Suid-Soedan en in Lesotho moes Ramaphosa ingryp waar pres. Jacob Zuma die wiele aan die rol gesit het, maar sake duidelik op pad was om in die dryfsand weg te sink.
Nuuskommentaar: Stilte in die hof!
Die Suid-Afrikaanse howe was vanjaar verskeie kere met hoëprofielsake in die nuus. Onder die sake wat die meeste aandag getrek het, is die Oscar Pistoriussaak, die Griekwastad-moorde en die uitspraak van die Shrien Devani-saak…