“Dit is nie toevallig dat sy nou, nadat sy nie goed gevaar het in die plasingsproses nie, skielik ʼn probleem met die grondwet van die party het en dit aanvoer as die rede vir haar bedanking,” sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en nasionale woordvoerder van die party, oor Anco Barker se bedanking.
Dodetal styg ná hoofweg in China meegee
Guangdong, ʼn digbevolkte nywerheidsentrum, is die afgelope paar weke deur ʼn reeks rampe getref wat aan uiterste weersomstandighede toegeskryf word.
Grootste militêre fees in jare by VTM gehou
Mense het Woensdag van vroegoggend na die Voortrekkermonument gestroom vir die jaarlikse Militêre fees.
Vraag oor ‘baie wit’ T20-WB-groep: ‘Ek moet wenspan skep’
“My nommer een noodsaaklikheid is om ʼn wen-Protea-span te skep,” het Rob Walter, afrigter van Suid-Afrika se witbalspanne, gesê op ʼn vraag oor die oorheersend wit groep wat vir die T20 Wêreldbeker-toernooi gekies is.
Bestuurder vlug glo ná ongeluk drie eis
Die bestuurder van ʼn motor wat omgeslaan en gevolglik die lewe van drie mense geëis het, het ná die voorval glo van die toneel gevlug.
Salarisverhoging van honderdduisende vir Mangaung-baas
Die besluit om die stadbestuurder van die Mangaung-metro in Bloemfontein se salaris met honderdduisende rande te verhoog, is “irrasioneel en ondeurdag” inaggenome die feit dat die metro bankrot en onder administrasie is.
Afrikaans 100: Vier ons of verdeel ons?
ʼn Passievolle gesprek het Woensdag by die Suidoosterfees plaasgevind oor die Afrikaans Amptelik 100-feesviering wat op 8 Mei vanjaar afskop.
Werkers sal nie toelaat dat ANC onder 50% daal – Ramaphosa
“Die werkers van hierdie land, die mense van hierdie land, gaan nie toelaat dat die ANC onder 50% daal nie.”
Kampus-klopjag op pro-Palestynse betogers
Dit was ’n aand van hoogdrama toe die New Yorkse polisie op pro-Palestynse betogers by die Columbia-universiteit toegeslaan het.
China: 24 dood toe deel van snelweg meegee
Die voorval is Woensdag as ʼn “natuurlike geologiese ramp” bestempel.
Tonnelbrand laat Johannesburgers sonder krag
Johannesburgse nooddienste spook om ’n brand in ondergrondse tonnels onder die M1-dubbeldekker-snelweg naby die Johannesburgse middestad in bedwang te bring.
‘Noem dit eerder Werkloosheidsdag’
“Vanweë die ANC se nalatenskap om werksgeleenthede te vernietig, moet vandag nie Werkersdag genoem word nie. In Suid-Afrika is dit vandag Werkloosheidsdag.”
220 ha brand af op Tafelberg
Die brand is Saterdag deur weerlig veroorsaak.
Lennit Max bedank uit VF Plus
Adv. Lennit Max sê hy kan nie met ʼn skoon gewete bruin en swart mense versoek om die VF Plus te ondersteun nie.
Boodskap oor nuwe Covid-19-variant is bog – departement
Die departement van gesondheid sê daar steek hoegenaamd geen waarheid in dié boodskap op sosiale media waarin Suid-Afrikaners aangeraai word om gesigmaskers te dra weens ’n nuwe Omicron-XBB-stam.
ANC vergader glo met diplomate oor verkiesing, opposisie woedend
Die regerende party het skynbaar ’n brief uitgereik waarin die land se diplomatieke korps genooi is om gisteraand ’n aanlyn vergadering by te woon waartydens die “ANC se 2024-kiesersmobiliseringstrategie in die buiteland” bespreek sou word.
Lewende uil as deposito? Nee dankie, sê bank
ʼn Man van Westonaria is verlede week bank toe om ʼn nuwe rekening te open. Hy was slaggereed met sy eerste deposito: ʼn lewende uil.
Macky-die-hen se kekkel is terug
Vir iemand anders is dit dalk net nog ʼn hoender, maar vir Shalane Botha is Macaroni ʼn geliefde troeteldier. En Botha ontsien geen moeite nie om haar geveerde hennetjiekind in topkondisie te hou.
Vernuftige braaiers, kokke gesoek vir ‘Kokkedoor’
kykNET is weer op soek na die perfekte kombinasie van ʼn onthoubraaier en ʼn kinkelbraaier wat vurig daaroor voel om kos oor die kole gaar te maak.
Nianell, ‘sielsgenoot’ Kevin sê jawoord sonder fieterjasies
“ʼn Mens dink ag, ná nege jaar is daar nie iets nie nuuts nie, maar ek sê baie keer vir hom dat ons so geseënd is, want ons het daardie regte movie-liefde.”